top of page

Advent – “Kom! Daar is nog heelwat koninkryk wat moet kom!”



As ons gereed maak vir Christus se koms is dit nie nie net vir die geboorte van die baba Jesus in doeke nie, maar vir die koms van die Koning wat nie doekies omdraai nie. Ons maak gereed vir dit waarvoor Jesus gekom het. Om die evangelie aan die armes te bring, om dié wat verbryseld van hart is te genees, om aan gevangenes vrylating te verkondig, aan blindes herstel van gesig, om dié wat gebroke is in vryheid weg te stuur, om die aangename jaar van die Here aan te kondig.


Nie wat meeste van ons wil hoor hierdie tyd van hierdie jaar nie. Ons wil net gaan chill. Net nié gekonfronteer word met nog verantwoordelikhede en swaardra al aan beide kante nie. Net nie skuldig voel nie. Net laat slaap. Of ten minste net slaap. God weet, hierdie was ‘n moeilike jaar. Ons het harder gewerk, meer partytjie gehou, vinniger gehardloop … harder, meer, vinniger … om te probeer vergeet, om te probeer terugkry wat ons verloor het, om in te haal waarop ons dink ons uitgemis het.


Die wêreld is mal.

Die wêreld is lam.


Maar Advent is ‘n wake-up call. Nie vir later nie, vir nou. Nie vir swaarder dra nie, vir lig. Ons het die ding bietjie verkeerdom: dis juis omdat ons so moeg en oorstuur is dat ons nie kan slaap nie. Dis omdat ons deur die dag in ons slaap loop, dat ons nie in die nag kan slaap nie. Ek is die een wat nog in die krip lê en slaap, Jesus het lankal opgestaan. Helder wakker. Hy is in ons midde, aan’t werk, aan’t liefhê.


Die oproep van Advent is nie om onder dieselfde boom te sit nie, maar om op dieselfde bladsy as Jesus te wees. Meer nog: om dieselfde gesindheid as Christus te hê, soos Paulus ons leer. The mind of Christ. Ons gaan ook Sondag saam nagmaal gebruik as simbool van padkos op hierdie reis voor ons as gemeenskap op ons verskillende paaie gaan vir die vakansie. Want wat die wêreld (of dan die keiserryk) jou gee, kan die wêreld van jou vat. Maar wat die keiserryk jou nie gegee het nie, kan die keiserryk ook nie van jou af wegneem nie.


A Song About A Journey


Calling all lovers! It is time to break camp in this material world!

From the Universe, I hear the drum of departure calling me.

The driver was up long ago and prepared the camels.

He says it’s not his fault we are still asleep – wake up!

The hubbub of departure surrounds us – camel bells behind and ahead.

Every moment a soul leaves on a journey to the unknown.

Look! From these upside-down candles in the night sky bowl

magnificent beings arose so that the mystery could unfold.

This whirling of planets and stars brought you a sound sleep.

For a life so light, be careful of sleep so heavy!

My inner self – seek the Self of love!

My inner friend, seek the Friend!

Inner witness, stay alert! It’s not your job to fall asleep.

The streets are full of torches – chaos and din are everywhere!

Tonight this grasping-getting world gives birth to an eternal one.

It’s simple: You thought you were dust and now find you are breath.

Before you were ignorant, and now you know more.

The One who led you this far

will guide you further on as well.

Rumi


- Deur Frieda van den Heever

bottom of page