top of page

In Liefde Gemaak: Self



Hoe kan ‘n boompie die Here eer? Deur liedjies te sing? Of deur ‘n struik of dier of ‘n groot boom te word? Deur net ‘n boompie te wees. ‘n Boompie val in by God se kreatiewe liefde. Dit versinnebeeld en modelleer God deur net ‘n boompie te wees. Hoe meer boompie dit is, hoe meer God sal dit wees. Dit is ironies dat net die mens in die hele skepping ontevrede is met die manier waarop God hulle geskape het. Ons is gedurig besig om onsself te probeer verander en lewens te leef wat nie ons eie is nie. En tog het die hele skepping geen behoefte hieraan nie. Vir die mens is dit nie genoeg om ‘n individu te wees soos wat God ons geskape het nie. Heiligheid is vir ons meer as ons menslikheid of geskapenheid. Wat maak ons anders as die res van die skepping? Ons kan kies - en ook kies wie ons wil wees. Ons kies eerder om iemand anders te wees omdat ons nie weet wie ons is nie. Ons lewe is “saam met Christus verborge in God” (Kol 3:3). Ons is weggesteek in God en die geestelike reis is om dit te ontdek. Dit is soos ‘n onskatbare pêrel wat jy vind. Dit laat jou nie net in verwondering staan teenoor God nie, maar ook teenoor jouself.

bottom of page