top of page

Wysheid: Rassisme, Kolonialisme, Populisme En Ander -Ismes Wat Krap



Die boek Filemon het slegs 25 verse. In die kort boek lê juwele van wysheid opgesluit wat ons kan help om die moeilikste sosiale, politieke en geestelike euwels te omseil. NT Wright, ‘n bekende teoloog, reken dat indien ons slegs hierdie 25 verse as ons Nuwe Testament gehad het, dit genoeg sou wees om Jesus vandag sinvol te kan volg.

Ons kyk Sondag na die wysheid waarmee Paulus werk en hoe hy die vraagstukke rondom slawerny, rassisme en ekonomiese eksploitasie hanteer. Wat hy doen is ondenkbaar en dit kan sy vriendskappe en selfs die dood kos. Tog deins hy nie terug nie. Hy maak ons bewus wat God dink oor sosiale strukture en skroom nie om sy sê in wysheid te sê nie…

bottom of page