top of page

Lewe Na Die Dood: Loop Saam



Daar is vier beelde in die opstandingsverhale wat ons kan help om die opstanding binne ons eie lewe te ervaar: Sit, luister, loop en deel. Hierdie beelde verteenwoordig gewoontes of ‘n manier hoe om saam met Jesus te wees, wat hulleself telkemale in al die stories herhaal.

Om te sit beteken ons onderbreek die ritme waarmee ons loop asook die rigting. Stilte en afsondering dwing ons letterlik om te ‘sit’. Wanneer ons sit, kan ons luister. Luister is nie een of ander esoteriese ervaring nie, maar ‘n ontmoeting en ontdekking van Jesus in die Skrifte deur gebed. Luister help ons om te loop in ‘n nuwe rigting van diensbaarheid en diens aan ander. Deel gaan oor die vrug van ons lewe wat uit diensbaarheid gebore word en die voorreg om dit met ander te deel.

Ons gesels Sondag oor die loop, en spesifiek die dinge wat ons keer om te kan loop. Ons loop kom uit dit wat ons van God kon hoor. Die woord roeping beteken letterlik om te hoor. Om die pyn van die wêreld te hoor en daarop in diensbaarheid te reageer is presies die uitdaging.

Met ons besige lewens en gekondenseerde tyd, voel dit seker vir almal soos ‘n onmoontlikheid.

Daarom vra dit na ‘n opstanding.

Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees.

Markus 10:43-44

bottom of page