top of page

Lewe Na Die Dood: Sit Saam



“Often the most tricky questions are the ones we secretly know the answers of.

What are you running from?

What are you waiting for?”

Sanhita Baruah

Ons almal soek antwoorde, min van ons is gemaklik met vrae. Ons almal wil gesond wees. Reg eet en oefen is nie so maklik nie. Ons almal wil lewe in oorvloed. Dis vir niemand lekker om daagliks klein doodjies te sterf om waarlik te groei nie.

Almal wil héél wees. Niemand wil hul gefragmenteerde dae en gejaagde ure aanpas nie. Dis vir niemand lekker om al die verbrokkelde dele van jou self in die gesig te staar nie.

Almal wil teenwoordig wees. Niemand wil die redes vir hulle afwesigheid erken nie.Almal wil energie hê, vitaliteit ervaar, met die Opstandingskrag die lewe aanpak. Niemand wil daagliks gaan sit en “niksdoen” voor God nie. Ons is te moeg daarvoor. Ons sal eerder rondhardloop.

Hoe sal jy vandag inrig as hierdie dag ’n weerspieëling moes wees vir jou hele lewe? Hoe sou jy die ritme van hierdie dag bepaal as jou hartklop daarvan sou afhang?

Bewese verrassing: dit hang inderdaad daarvan af!

“How we spend our days is, of course, how we spend our lives.”

Annie Dillard

Waarvoor hardloop jy weg? Waarvoor wag jy?

Ons, en veral dié van ons met ’n stewige Afrikaner-Calvinistiese streep, is grootgemaak met “Moenie net daar sit nie, doen iets!” Om dan te hoor, “Moenie net iets doen nie, sit daar”, voel heeltemal teenstrydig met ons waardes, ons selfbeskouing - die waardigheid waarmee ons onsself beskou. En tog weet ons in ons diepste binneste dat gereelde “niksdoen” alles te doen het met die wyse waarop ons ander dinge doen, met ware genoegdoening! - veral as jy al die kans gewaag het om ’n paar dae tyd opsy te sit om die malle gejaag van ’n afstand te beskou, as jy al geproe het wat daaglikse stilword aan jou woorde en dade doen die res van die dag.

God, die “Goedkoop Geneesheer” is by magte om ons dik koppe en stadige harte te omvorm in vlymskerp verstande en brandende harte.

Ons gaan Sondag saam met die Emmausgangers reis. Twee mense, wat soos meeste van ons, vasgevang was in hulle eie storie en so vasgekyk het in hulle eie moeë ooglede dat hulle nie die Lewe wat langs hulle geloop het, wat hulle binne-in hulle liggame en in hulle harte voel brand het, kon herken nie.

Step out of the traffic! Take a long loving look at me, your God.

Ps. 46:10

Lees gerus hierdie wonderlike Hollandse gedig van Eppie Dam langsaam deur, reflekteer rustig daarop en beproef dan die digter se ervaring as deel van jou daaglikse ritme.

Huis om stil te zijn

Uit straten ronkend en rumoerig heb ik een weg, een plek gezocht; ik vond, het hart beklemd en roerig, een huis gebouwd uit ademtocht.

Uit woordenvloed ben ik gekomen, genaderd tot de bron van rust; niet om er zomaar weg te dromen maar stil te zijn naar hartelust.

Hier klinkt de taal niet angstaanjagend en daal ik tot mijn wezen in, in stilte die bevrijdt, ontwapent: een stem die spreekt van dieper zin.

Het veilig masker mag doormidden, ik toon mezelf een waar gezicht; terwijl - geopend - handen bidden: ontvangend, weerloos, vederlicht.

Ik voel me als herdacht, herboren - het eelt, de ziel opnieuw doorbloed; ik ga, weer mens als ooit tevoren, de wereld anders tegemoet.

bottom of page