top of page

Breek Brood. Skink Wyn.



Die brood en wyn is een van die sentrale sakramente in die Jesus storie. ‘n Sakrament is ‘n sigbare teken van ‘n onsigbare waarheid. Die waarheid dat die liggaam en wese van Christus die middelpunt vorm van ons reis in heelheid. Ons word gevoed deur die brood en wyn, die vlees en bloed, ons beweeg dan deur die lewe om die liggaam en bloed aan te bied vir die wat honger dors is, om ons liggame te breek en uit te giet, om dan terug te keer na die tafel en opnuut die brood en wyn te ontvang.

Kontemplasie is juis hierdie beweging, uit die geraas na die stilte, dan van die stilte terug na die geraas. Ons beweeg in ons spiritualiteit na die berg, sodat ons weer kan terug keer na die stad, en so lewe ons in die ewige sikliese misterie.

Ons doen hierdie saam, ons breek vir mekaar ons liggame, giet vir mekaar ons bloed uit. Ons herken die liggaams in mekaar en in die ander.

Christus in ons, ons in Hom, ons in die en vir die wêreld, maar terselfdetyd nie van die wêreld nie. Ons lewe in ewige dankbaarheid en afhanklikheid van die brood en die wyn, die liggaam en die bloed.

Kom deel saam met ons die brood en die wyn Sondagaand 18:30 by die Old Biscuit Mill in Woodstock om die jaar mee af te sluit, nooi gerus jou vriende.

Genade en Vrede

Pierre

bottom of page