top of page

Jesus Het Nooit Gesê... Wees Teen Mense Wat Nie Soos Jy is Nie



Jesus het nooit gesê dat ons teen mense moet wees wat nie soos ons is of glo nie. En tog voel dit so vandag as jy na die meeste Christene luister…

Die ego gebruik selfs Jesus om ‘n staanplekkie in die lig te kry.

Daarom deel sulke Christene die wêreld in ‘n simplistiese kategorie van boos en heilig. Die heilige-kategorie geld dan ook net vir mense wat die Bybel interpreteer soos wat hulle dit doen.

Dan word mense verdeel en versplinter. Dit is waar die duiwel baljaar en woon. Die woord duiwel (diabolos) beteken immers ‘to throw apart’.

Jesus het na die opstanding sy dissipels gevra om Hom in Galilea te ontmoet. Hoekom? Reeds om die etikette en kategorisering van die Jode die nek in te slaan. Jode sou jou passievol verbied om in Galilea rond te hang juis omdat hulle mense in boksies geplaas het. Daarvoor het hulle jou geboorte, gedrag, gesondheid, geslag en nasionaliteit gebruik.

Ons het vasgehaak in die Ou Testament en doen nog steeds dieselfde…

Die woord Gilgal is in die Ou Testament vir Galilea gebruik. Dit beteken sirkel. Dit is die plek waar ons heelword. Nie omdat ons, onsself teenoor ander stel nie, maar deur saam met ander in diep vriendskappe te leef.

Ons gesels Sondag oor ‘n kontroversiële skrifgedeelte waar dit lyk of Jesus teen sekere mense is (Matt 15: 21-28).

Tog is die teendeel waar…


bottom of page