top of page

Wat vra hoop nou van my?



Wat vra hoop nou van my?


Ek het vrae … oor hierdie vraag. Emily Dickinson, wat ten minste drie van haar gedigte begin met die woord “Hope”, eindig een daarvan deur te sê hoop vra niks – nie ‘n krummel – van die mens nie. Vereis niks, gee alles… sings the tune without the words … maar dit beteken nie dat hoop nie iets vir my vra nie. 



In sy merkwaardige boek Keeping Hope Alive – For a tomorrow we cannot control skryf Lewis Smedes so:


“Hope is bred in the bone. Our spirits were made for hope the way our hearts were made to love and our brains were made to think and our hands were made to make things. A “life instinct” is what Karl Menninger called hope.


I do not hope because I am a Christian any more than Jew hopes because she is a Jew. I hope because I am an anxious, struggling, suffering, longing, unfulfilled creature on the way to a future over which I have no control. My faith gives me God as my special reason to keep hoping when fear gets a grip on my soul. And it gives me, I believe, God’s own vision of good things that He promises and that I hope for. But, one way or the other, all people hunger for hope because our Maker made us all to live by hope.”



Dan vra hy die vraag: Wat is daar aan die wyse waarop God ons geskep het wat ons so ‘n behoefte gee aan hoop? Eerstens, het God ons die krag gegee om die toekoms te kan verbeel, maar nie die mag om dit te beheer nie. Ons kan goeie goed verbeel wat ons graag wil hê moet gebeur, maar ons kan nie toesien dat dit sal gebeur nie. So ook met die slegte goed wat ons vrees. Tweedens, het God ons reisigers gemaak, mense wat op pad is. Ons is die heeltyd aan’t beweeg, nie hoofsaaklik van plek tot plek nie, maar van tyd tot tyd. Ons kan dit nie ontkom nie, ons moet beweeg van nou na later en omdat ons nie weet wat “later” inhou nie, hoop ons dat môre beter sal wees as gister. Hoop is die brandstof vir ons reis.


So hoop is die geestelike krag vir ‘n “suksesvolle” lewe (vol liefde en geloof) as skepsels wat aan die een kant die goddelike vermoë ingegee is om die toekoms te kan verbeel, maar aan die ander kant sit met die menslike onvermoë om die toekoms te kan beheer. 


Hoekom voel hoop dan so gevaarlik? So weerloos? Hoekom word soveel mense deur hoop geruïneer? Sonder geloof op die ashoop gelos?



“I said to my soul, be still, and wait without hope / 

For hope would be hope of the wrong thing.” 


T.S. Eliot (East Coker)



St Augustine het gesê daar is twee goed wat die siel doodmaak: wanhoop en vals hoop. Die groter gemors is dat die twee ‘n dodelike aantrekkingskrag het. Hoe dieper gedompel in die wanhoop, hoe meer vatbaar vir die vals hoop en so word ‘n bose siklus in stand gehou.


Hoekom gee soveel mense op op hoop? Ons gaan daaroor gesels Sondag. Oor die fundamentele verskil tussen hoop en optimisme, die maniere hoe ons hoop vervals en val vir vals hoop, en hoe ons praktiese reality checks kan doen met ons hoop of die gebrek daaraan. 




Hope is a strange invention —


A Patent of the Heart —

In unremitting action

Yet never wearing out —


Of this electric Adjunct

Not anything is known

But its unique momentum

Embellish all we own —


Emily Dickinson




Deur Frieda van den Heever

bottom of page