My 'shame' het 'n opstanding nodig...
- inviagemeente
- 2 minutes ago
- 6 min read

Mag die bome groen bly
en die sterre wit,
en mag daar altyd mense wees
wat mekaar sonder skaamte
in die oë kan kyk –
want die lewe is ‘n asem lank
en die sterre op die Anderplek donker –
Breyten Breytenbach
In Suid-Afrika gebruik meeste van ons die woordjie “sjym” sommer vir enige ding. As ‘n waardige wyse gryse in die hospitaal lê, “Ag sjym” of as ons ‘n klein babatjie sien, “Ag sjym, man.” Ons het egter nie ‘n heeltemal genoegsame woord in Afrikaans vir hierdie primitiewe menslike emosie wat ons reeds in Genesis teëkom nie. Skaamte mag mens dalk laat dink aan ‘n stil introvert wat nie die aandag op haar wil nie. En skande is … skande. Kom ons bly vir die doel van hierdie oefening by skaamte, soos in Breyten Breytenbach se gedig.
‘n Ander B.B. – Brené Brown – is natuurlik die wêreldbekende “skaamte-navorser” wat deur haar werk oor skaamte en kwesbaarheid in vele mense se harte en onder hulle velle ingeklim het. In haar boek “Atlas of the heart” in die hoofstuk met die titel “Places we go to when we fall short” tref sy die volgende belangrike onderskeid tussen skaamte, skuld (gevoelens), vernedering en verleentheid.
Ek gaan net inzoom op die eerste twee:
Skaamte se fokus is op die self, nie op gedrag nie. Ek is sleg. Die gevolg is om onwaardig van liefde, behoort en konneksie te voel. Soos ‘n fabrieksfout. Haar navorsing toon dat dit nooit ‘n motivering vir positiewe verandering of transformasie is nie. “Shame corrodes the very part of us that believes we are capable of change.”
Skuld(gevoelens) se fokus is op gedrag en nie soseer op die wese van wie jy is nie. Ek het iets verkeerd gedoen. Dit spruit meestal uit die ongemak wat ons voel as ons evalueer wat ons doen (of nie doen nie) teenoor ons waardes. Dit kan positiewe verandering teweegbring.
As sy dan uitbrei oor die ongelooflike impak wat skaamte op ons lewens het, lig sy ‘n paar dinge uit:
Ons het almal skaamte. Dis universeel. Die enigste mense wat dit nie ervaar nie, is die wat nie kapasiteit vir empatie en menslike konneksie het nie.
Ons is almal bang om daaroor te praat. Selfs die woord klink “skaam”.
Hoe minder ons daaroor praat, hoe meer beheer het dit oor ons. Skaamte haat dit om uitgespreek te word. Skaam wil nie gesê wees nie. Juis omdat dit so ingestel is op wegkruip, skaamte se stil, verterende verborge impak op ons lewens so groot.
Hier is net enkele van die aanhalings wat my hierdie week teen die bors geslaan het:
“Shame is one of the greatest shaking cracks that our soul can receive”
Plutarch
“Skaamte is ‘n sielvretende emosie.”
Carl Jung
“We can endure all kinds of pain. It’s shame that eats men whole.”
Leigh Bardugo, Crooked Kingdom
“Why are you drinking? demanded the little prince.
"So that I may forget," replied the tippler.
"Forget what?" inquired the little prince, who was already sorry for him.
"Forget that I am ashamed," the tippler confessed, hanging his head.
"Ashamed of what?" insisted the little prince, who wanted to help him.
"Ashamed of drinking!”
Antoine de Saint-Exupéry, The Little Prince
“I felt ashamed."
"But of what? Psyche, they hadn't stripped you naked or anything?"
"No, no, Maia. Ashamed of looking like a mortal -- of being a mortal."
"But how could you help that?"
"Don't you think the things people are most ashamed of are things they can't help?”
C.S. Lewis, Till We Have Faces
“Shame is the intensely painful feeling or experience of believing that we are flawed and therefore unworthy of love, belonging and connection.”
Skaamte is die vrees vir diskonneksie. Dit teer op geheimhouding, stilte en oordeel.
Die enigste teenmiddel vir skaamte is empatie. As ons na iemand uitreik en ons skaamte deel en dit word ontmoet met empatie, verdwyn skaamte – soos mis voor die son: “If we can share our story with someone who responds with empathy and understanding, shame can't survive.”
In Genesis 2-3 is die mens en sy vrou altwee kaal, en hulle het hul nie geskaam nie. Maar (die slang, die appel, die val) toe gaan albei se oë oop en hulle gewaar dat hulle kaal is en maak vir hulle skorte van vyeblare. Toe roep God en vra “Waar is jy?” en die mens antwoord, “Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.”
Die klassieke strategie wat skaamte nog nooit ophou inspan het nie:
“Aarde, sluk my in … kruip weg … verberg jouself …”
“In my view, suicide is not really a wish for life to end. It is the only way a powerless person can find to make everybody else look away from his shame. The wish is not to die, but to hide.”
Orson Scott Card, Ender's Shadow
‘n Paar verse later in Genesis lees ons dat God toe vir hulle kleedjies van vel gemaak het. Want, kom ons wees nou eerlik: die vyeblare sou hulle net so ver kry. Dis vir my so mooi dat God hulle ontmoet in hulle skaamte, met empatie en versorging en iets doen wat sou vooruitwys na die offer en Christus se bloed – “Hy het die skande verduur …” (Heb. 12:2) en ons so bedek met ‘n kleed van heil (Jes. 61:10). Die vyeblare van pretensie, perfeksionisme, oordeel, trots, isolasie en al die maniere waarop ons onsself probeer bedek – in ons kamer, in ons kantoor, in ons besig wees, in ons prokrastinasie, in ons oefening, in ons Netflix – is onnodig. Die uitnodiging is om te kom soos jy is sodat Hy die mantel van geregtigheid vir jou kan aantrek. Dat jou donker skaamte in die lig van genade kan staan. So dis ‘n verhaal van “toe” (die paradys), vlug (die sondeval) en toevlug (in Christus).
Ek het onlangs eers die veelbesproke eerste reeks van True Detective gekyk. Die briljante dialoog en performances het my weggeblaas. In wese plaas hierdie reeks die kollig op hoe ‘n kragtige en komplekse emosie skaamte is en hoe diepgaande die effek daarvan op individue en die samelewing is. Dis ‘n mag wat kan lei tot selfvernietiging maak ook, potensieel een wat kan lei daarna om die donker te konfronteer en ‘n pad vorentoe te vind. Die laaste toneel het my diep getref:
Rust: “I tell you Marty I been up in that room looking out those windows every night here just thinking, it’s just one story. The oldest.”
Marty: “What’s that?”
Rust: “Light versus dark.”
Marty: “Well, I know we ain’t in Alaska, but it appears to me that the dark has a lot more territory.”
Rust: “Yeah, you’re right about that.”
Rust insists that Marty help him leave the hospital, and Marty agrees. As they head to the car, Rust makes one final point to his former partner.
Rust: “You’re looking at it wrong, the sky thing.”
Marty: “How’s that?”
Rust: “Well, once there was only dark. You ask me, the light’s winning.”
Kom ons staar ons nie blind teen die “skaam” van skaamte nie. David Whyte sê skaamte kan jou alles leer van jou hoe jy wegkruip en dit op sig self is waardevol. Dit waarvan jy weghardloop en waarnatoe jy hardloop is dikwels nie so ver van mekaar nie.
“Shame is nothing to be shameful about. Shame is the very physical, heart rending, painful measure of the way we hide from life and from others because we do not feel ourselves equal to what we meet.
In other words, all human beings experience it at every stage of their passage through life, most especially in moments where we need courage and presence and most emphatically as we approach our last breath, facing at last, what we feel we have never been equal to face.
Shame calibrates all the ways, great and small that we don’t measure up: and therefore shame secretly affects even the outwardly shameless and is the core human driver of all human maturation.
Shame tells us all the ways we long for real change but do not feel worthy of the transformation, all the ways we deeply desire to be enlivened or to feel pleasure in the extraordinary miracle nature of creation. Shame instructs us in all the ways we feel we do not deserve to be here.
The particular nature of our shame tells us exactly all the wyas we need to come out of hiding. We should not be ashamed of shame, only perhaps or our reluctance to follow its close, abiding and generous wish to instruct us so carefully in all the ways we feel we have given up ons, or are not equal to, the eternal, not-to-be-given-up-on task of living.”
David Whyte
Gaan luister gerus “Come out of hiding” (Father’s Song) van Steffany Gritzinger.
- Frieda van den Heever