Maar wag net gou … is alle verslawings sleg? Wat van as daar iets goeds van kan kom, soos: ek hou die heeltyd aan om mense te help want ek kry regtig ‘n kick daaruit of ek lewe vir my kinders want hulle is so blerrie oulik en worth it of ek gaan net al hoe meer kerk toe – sommer na al drie dienste en dan ook nog na elke omgeegroep in my area óf óf as ek regtig next level raak en so verknog is aan “my Jesus” dat ek die kerk sommer totaal en al verlaat want daar’s te veel mense en julle weet hoe’s mense …
Hoe raak mens verslaaf aan godsdiens? Soos aan enigiets anders. En hoe identifiseer jy dit as ‘n verslawing? Net soos met die ander. Attachment (verknogtheid) beteken nailed to. Dit spyker jou hunkering – jou verlange na God – vas aan iets anders en maak van jou ‘n slaaf.
Maar vind mense nie liefde, vryheid en vrede in godsdiens nie? Nie altyd nie. Jesus het dit raakgesien:
"Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you'll recover your life. I'll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me - watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won't lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you'll learn to live freely and lightly."
Matt. 29 MSG
Jesus se insig dui daarop dat daar recovery nodig is. Hier is iemand vir wie genoeg nooit meer genoeg was nie, iemand wat onttrekkingsimptome gekry het, vir wie selfmisleiding aan die orde van die dag was, wat ‘n verlies aan wilskrag ervaar het en wie se skat en daarom sy hart en sy aandag op ‘n hele ander plek was – alles kenmerke van verslawing. Daar was ‘n verdraaiing en nou moet daar herstel plaasvind. Jesus sien in dat forced rhythms of ungrace die toon aangegee het en Hy nooi ons uit na die teenoorgestelde. Alle verslawings, ook hierdie een, is sleg. Al wat goed is daarvan is dat dit ons trots op sy neus kan laat kyk en oopmaak vir genade, die sterkste krag in die heelal.
"What were you before you met me?
"I think I was drowning?"
"And what are you now?"
"Water."
Ocean Vuong
Vry van slawerny.
Jesus kon seker ‘n nuwe godsdiens geskep het … sy aanhangers het inderdaad:
Many Christians are only 'Christaholics' and not disciples at all. They are escapists who are only looking for a shortcut to happiness. They want the joy that comes from knowing Christ, but don’t want to carry the cross.
Calvin Miller
… maar hy het nooit gesê “kom word slawe van my” nie; hy het gesê “volg my”. Hy het vir sy geliefde Maria Magdalena gesê, “Jy moet my laat gaan, dat jy my kan ont-vang.”
Christianity is often filled with “Vampire Christians” who say to Jesus:
"I'd like a little of your blood, please. But I don't care to be your student or have your character.”
Dallas Willard
Die Bokkoors wat tans dien as samebindende faktor in ‘n andersins grootliks verskeurde land wys maar net weer vir ons dat ons as nasie, as mensdom, ‘n diep ingebore drang het na eenwees, na eenwording, na vereniging. Verslawing skep isolasie … apartheid … en ons diepste naam is Saam … maar as godsdiens se grootste aantrekkingskrag dié van wen (vs verloor) is, word die evangelie (die Goeie Nuus) verslind in die naam van die gospil, wat ‘n bitter een is om te sluk as God nét aan ons kant is, as ons wins afhang van julle verlies, as ek gevrywaar is daarvan om in hierdie lewe werklik te leef omdat my godsdiens my ‘n versekeringsplan laat uitneem het vir die een hierna, as ek kan ontsnap van wat werklik in my self aangaan en dit nie in die gesig hoef te staar nie.
Eers die hunkering, dan die hoort, die huis.
Longing, felt fully, carries us to belonging.
Tara Brach
Waarin lê die genesing or eerder die blootlegging - die recovery van hierdie verslawing?
"What would you like to say to young people?"
"Learn to be alone." (Andrei Tarkovsky)
LEARN TO BE ALONE (Thomas Merton)
Physical solitude, exterior silence and real recollection are all morally necessary for anyone who wants to lead a contemplative life, but like everything else in creation they are nothing more than means to an end, and if we do not understand the end we will make a wrong use of the means.
We do not go into the desert to escape people but to learn how to find them; we do not leave them in order to have nothing more to do with them, but to find out the way to do them the most good. But this is only a secondary end.
The one end that includes all others is the love of God…
But this truth is sometimes abused in religion. There are men dedicated to God whose lives are full of restlessness and who have no desire to be alone. They admit that exterior solitude is good, in theory, but they insist that it is far better to preserve interior solitude while living in the midst of others. In practice, their lives are devoured by activities and strangled with attachments. Interior solitude is impossible for them. They fear it. They do everything they can to escape it. What is worse, they try to draw everyone else into activities as senseless and as devouring as their own. They are promoters of useless work. They love to organize meetings and banquets and conferences and lectures. They print circulars, write letters, talk for hours on the phone in order that they may gather a hundred people together in a large room where they will all fill the air with smoke and make a great deal of noise and roar at one another and clap their hands and stagger home at last patting one another on the back with the assurance that they have all done great things to spread the Kingdom of God.
God, ontdaan my van god!
Ontdaan my van grootheidswaan
oor wat ek verstaan,
van arrogansie om te dink ek sien suiwer genoeg
dat hierdie sienings my kleding geknoop en gegordel kan hou
teen die vrees om naak bevind te word.
Miskien help dit my om gekleed te bly,
maar dit lê my aan bande.
U is nader as my hemp aan my
en tog verder as die verste ster.
Ek voel u asem op my wange
en ken U, maar U bly vir my onbekend,
ek sien U, maar U bly vir my onsienlik.
Daarom vra ek God, ontdaan my van my gode.
God, ontdaan my van my gode!
Ek kan U alleen maar sien deur lense
gekleur deur `n geskiedenis van my eie beperkte verstaan.
Die wêreld rondom word soos ek dit sien.
Ek sien U nie soos U is nie,
ek sien U soos ek is.
Ek is vasgevang deur die dinge wat ek dink ek weet.
My afgode is my versteende sienings.
Daarom God moet U vloeibaar bly,
veral as ek U wil bevries
in `n vorm wat net soos ek lyk.
Dit was ons God noem is dus nie `n ding nie,
nie `n teoretiese probleem om op te los nie,
maar `n misterie waarbinne ons ritmies beweeg.
Laat ons dus hande vat en op haar ritme begin dans.
Ek mag dalk stokkerig wees omdat ek,
getronk in hierdie sintuie deur die tralies loer maar dan weer wegkyk
bevrees dat ek verlore sal wees in jou volheid.
Daarom God, ontdaan my van god!
Ek sal U nooit weer definieer nie,
nooit weer van U praat in woorde wat nie metafore is nie.
God, ontdaan my van god!
Totdat ek U vind in die stilte van my asem
Joel McKerrow (vry vertaal deur Tallie van den Heever)
- Deur Frieda van den Heever