top of page

Stilte - Deel 1

Vir baie is dit nie net moeilik om in stilte te sit nie, maar onmoontlik. Die rede is ook nie "rocket science" nie ! Ons word geprogrammeer met spoed. Ons aandag is in turbo met ‘n elektroniese bibliteek wat met beelde ons gedagtes gevange hou. Naas dit is daar al die "to-do"lysies wat ook nie korter word nie, maar langer. Al die "time-saving-gadgets" neem ook net meer tyd in beslag! 

Indien alles in my lewe geprogrammeer is om te beweeg, besig te wees, te produseer is dit natuurlik dat alles in jou gaan protesteer wanneer jy tot stillstand kom. 

Ont-dek


“Wees stil en weet dat ek God is” Ps 46:11

God nooi ons uit om Hom te ken.


Die vraag is dan: Waaruit kom my stilte? 


“En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.” Joh 17:3

Wat is die ewige lewe vir jou?


Ont-leer


  1. Stilte as ontvlugting.

  2. Stilte as emigrasie na my kop.

  3. Stilte as plig en dooie ritueel. 

Ont-moet


Wat gebeur tydens stilte?


Peter Berger beskryf ‘n  konsep van “Patterns that are always true.”  Hy sê ons leef binne drie stories: My-storie, Ons-storie en Die-storie. Hy koppel patrone wat altyd waar is aan Die-storie. Dink maar aan vergifnis. Werk dit net wanneer Christene vergewe? 


Stilte werk soos die seisoene. Dit is ‘n gegewe dat daar ‘n vaste patroon is, al mag dit gebeur dat ons binne een dag dalk vier seisoene mag hê.  


Tydens stilte gaan jy deur ‘n sikliese patroon, en dit werk soos die seisoene. Hier is Jeroem Witkam se verduideliking. Volg die son!


  • In die Suide is dit warm en ongemaklik. 

  • In die Weste sak die son, en jy moet dinge laat gaan.

  • In die Noorde is dit donker, maar die maan en sterre bring ‘n nuwe lig!

  • In die Ooste kom die son weer op, dis die geboorte van die nuwe en gawes wat God gee. 


Ek het ook uit my empiriese navorsing afgekom op presies dieselfe patroon wat ek verwoord in:


  • Struggle

  • Letting Go

  • Unification

  • Transformation



Wat ervaar ek in Suide, Weste, Noorde en in die Ooste tydens stilte? 



Luister

  1. Ruth Haley Barton op transformingcenter.com 

  2. Eckhardt Tolle: Essential Teachings op podcasts.apple.com

Ervaar













bottom of page