top of page

Stilte - Deel 2

Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid. Markus 1:35

 


Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting! Psalm 62:1


“Talk in prayer is essential but it is also partial. Silence is also essential.” – E. Peterson



Ons het twee tipe stiltes nodig:


1. Eksterne stilte.

2. Interne stilte. 


Ont-dek


Die gebed van die hart 


Jesus het sy volgelinge opdrag gegee om "in die geheim" te bid (Matteus 6:6), wat die belangrikheid van 'n interne, persoonlike verbintenis met God beklemtoon. In Matteus 6 beklemtoon Jesus die eerlikheid van gebed (teenoor die gebede op straat) wat in privaatheid moet gebeur, deur metafories daarna te verwys as "jou kamer" (ook baie keer genoem die "grot van jou hart.")


 Om na binne te gaan moet die deur van jou kamer toegemaak word, wat dui op ‘n nuwe interne bewustheid wat ontwikkel van dit wat die hart dra en ook weet. Die Evangelies noem ook gereeld dat Jesus na stil plekke toe gegaan het om te bid (bv. Matteus 14:23). 


Jesus se gewoonte om te onttrek na eensame plekke vir gebed demonstreer die kontemplatiewe dimensie van sy lewe.


‘…he went up on a mountainside by himself to pray.’ (Matthew 14:23)

‘…he went up on a mountainside to pray.’ (Mark 6:46)

‘But Jesus often withdrew to lonely places and prayed.’ (Luke 5:16)

‘…Jesus went out to a mountainside to pray, and spent the night praying to God.’

(Luke 6:12)



Teologiese verstaan 


Teoloë sien 'n verband tussen stilgebed en die konsep van "kenosis" (self-leegmaak) in Filippense 2:7, wat Jesus se aard en leringe weerspieël.


Paulus se gebede in Efesiërs beklemtoon die rol van die Gees om God te openbaar en gelowiges te bemagtig. Dit strook met die konsep van stilgebed as 'n praktyk van ontvanklikheid vir God se teenwoordigheid in ons.

‘I pray that out of his glorious riches he may strengthen you with power through his Spirit in your inner being’ (Eph. 3:16),  ‘pray that the eyes of your heart may be enlightened’ (Eph. 1:17-18a). 


Die vroeë geskiedenis


Gedurende die derde eeu, te midde van vervolging in die Romeinse Ryk, het baie Christene skuiling in die Egiptiese woestyn gesoek en hulle daaraan toegewy om hul Bybelse oortuigings uit te leef. Hierdie individue, later bekend as die Woestynvaders en -moeders, is gedryf deur 'n begeerte na 'n meer outentieke uitdrukking van hul geloof en ook ‘n ongemak met die kerk wat ontwikkel het van ‘n ‘forbidden cult to imperial religion’ (Bourgeault 2004:60). Bewegings van stilte was altyd geken aan ‘n kontra-beweging met ‘n sterk profetiese dimensie. Met hierdie oorgang van hierdie imperialistiese Christendom, het sommige gelowiges verplig gevoel om Jesus se voorbeeld te volg deur na eensame plekke te onttrek en 'n dieper verbintenis met God te soek.


In die woestynstreke van Arabië, Egipte, Palestina en Sirië het 'n kontemplatiewe lewenswyse tussen die derde en sesde eeu begin ontstaan. Dit het daartoe gelei dat sommiges eensame praktyke van gebed aangeneem het en 'n diep bewustheid van God se teenwoordigheid gekweek het. Die kontemplatiewe lewenstyl van hierdie Woestynaskete het 'n belangrike rol gespeel in die vorming van Christelike spiritualiteit, deur die Psalms, Skrifte en 'n kontemplatiewe dimensie in hul gebede in te sluit.


Die leerstellings en praktyke van die Woestynvaders en -moeders het die ontwikkeling van kontemplasie en stilgebed binne die kloosterbeweging verder beïnvloed. Figure soos Abba Antony en Evagrius Pontus se voorbeeld van 'n lewe gewy aan gebed en geestelike dissipline, het die weg gebaan vir die groei van kloosterwese en die koestering van kontemplasie binne die Christendom.


John Cassian, wat sy insigte uit woestynmonnike geput het, het leiding gegee vir stille, private gebed, wat die belangrikheid beklemtoon om van afleidings te onttrek en gebede met 'n gefokusde hart te doen. Sy leringe het die grondslag gelê vir praktyke soos Centering Prayer. St. Benedictus, beïnvloed deur Cassianus, het die Benediktynse kloostertradisie gevestig, met die klem op opsetlike, kontemplatiewe fokus op die Bybel deur middel van Lectio Divina.


St. Gregorius die Grote het kontemplasie gedefinieer as "rus in God," en het die transformerende krag en toeganklikheid daarvan vir alle Christene beklemtoon. Hy het die integrasie van kontemplasie en aksie beklemtoon, en het geglo dat beide noodsaaklik is vir geestelike groei.


Ten spyte van die uitdagings en isolasie van 'n woestynlewe, het die Woestynvaders en -moeders passievol na God gesoek, wat 'n diepgaande impak op Christelike spiritualiteit gelaat het. Hulle opsetlike, kontemplatiewe praktyke, alhoewel verskillend van kontemporêre vorme van kontemplasie, het 'n grondliggende invloed gehad wat voortgegaan het om die ontwikkeling van stilgebed regdeur die Middeleeue en ook na dit, te vorm. 


Tydens die voortdurende groei van kloosterwese en die ontwikkeling van kontemplatiewe gebed, het verskeie Christelike ordes soos die Jesuïete, Karmeliete, Fransiskane, Benediktyne en Trappiste die belangrikheid van stilgebed beklemtoon. Dwarsdeur die Middeleeue het kontemplasie 'n deurslaggewende aspek van asketiese dissipline gevorm, wat gedien het as 'n manier om God se teenwoordigheid diep te ervaar.


Monnike en nonne  het 'n beduidende deel van hul daaglikse roetine gewy aan geestelike lesings, gebed en meditasie. Die opkoms van die Reformasie het egter uitdagings aan kloosterwese gestel, wat gelei het tot 'n afname in die praktyk van die stilgebed binne geestelike dissiplines. Ten spyte van die druk wat voortgespruit het uit die Hervorming, Skolastiek, die Inkwisisie en ander Protestantse verskuiwings, het die stilgebed en sy gepaardgaande praktyke voortgeduur. Post-Reformatoriese onderrig was gekant teen die vroeëre kloostertradisies, en diegene wat kontemplasie voorgestaan het, is as ketters gebrandmerk of verdag gemaak. Hierdie agterdog het tot aan die einde van die negentiende eeu voortgeduur. 


Moderne kontemplatiewe gebedspraktyke in 20ste en 21ste eeue.


Baie skrywers het bygedra tot ‘n nuwe kontemplatiewe dimensie wat nou sentraal tot Christelike spiritualiteit staan. Net soos in die era van die Woestynvaders en -moeders, is daar weer ‘n oplewing in teologiese besinning van die kontemplatiewe wese van die Evangelie. Selfs binne ander wetenskappe soos sosiologie, antroplogie en neuro-wetenskappe word uitgebreide empiristiese navorsing gedoen oor die menslike belewenis van kontemplasie en praktyke van stilte en afsondering. Hierdie oplewing is besig om 'n ontluikende internasionale gemeenskap van kontemplasie op die been te bring. Drie groot golwe het hierdie beweging tot stand gebring: 


Eerste golf van kontemplatiewe gebed: Thomas Merton (1915-1968)


Merton se geskrifte het die "eerste golf" van vernuwing van die kontemplatiewe Christendom gekataliseer, wat 'n oplewing van belangstelling in stilgebed en sy gepaardgaande leefstyl veroorsaak het. Sy lewe was 'n voorbeeld van 'n strewe na God deur apofatiese gebed, wat ander geïnspireer het om dit te volg. Tanya Luhrmann (2012) het opgemerk dat sommige Christene, geïnspireer deur Merton, in Oosterse geestelike praktyke soos Zen gedelf het vir meer eksplisiete metodes. Merton se werke het kontemplasie weer in Christelike spiritualiteit ingestel en die relevansie daarvan buite kloosteromgewings beklemtoon.


Tweede golf van kontemplatiewe gebed: Thomas Keating (1923-2018) en John Main (1926-1982)


In die 1970's het die "tweede golf" na vore gekom met die koms van Centering Prayer, 'n verwerking van apofatiese gebed wat uit "The Cloud of Unknowing" gedistilleer is. Keating, Meninger en Pennington het die metode vereenvoudig en dit in lyn gebring met St. John of the Cross se konsep van innerlike stilte. Hierdie golf het ook die stigting van Contemplative Outreach (CO) meegebring, wat die wêreldwye verspreiding van hulpbronne in stilgebed meegebring het, en 'n netwerk van kerke en leiers ondersteun het. John Main, deur die World Community for Christian Meditation (WCCM), het hierdie golf bevorder deur 'n gebed van die hart voor te staan, en het stilte en eenvoud beklemtoon as maniere om 'n mens se verhouding met God te verdiep.


Derde golf van kontemplatiewe gebed: “Moeders” (Ammas) en “vaders” (Abbas) buite die kloosters


Vandag ontdek mense buite die kloosteromgewing die lewende krag om God binne die alledaagse lewe in stilte te ervaar. Die woord “New Monasticism” word hiervoor gebruik, en selfs binne academici word daar gereken dat dit die sleutel van versoening vir Suid Afrika kan inhou.  


"...the restoration of the church will surely come only from a new type of monasticism which has nothing in common with the old…" Dietrich Bonhoeffer

(Uittreksel van 'n brief geskryf aan sy broer Karl-Friedrick op die 14de Januarie 1935.)


Akademiese navorsing en empiriese studies:


In 2004 het Kuiper 'n heuristiese studie binne 'n spesifieke groep gedoen, waarin die 

ondersoek van beide die navorser en die twaalf deelnemers se ervaring van stilgebed 

gedoen is, om die invloed wat dit in hul lewens het beter te verstaan.


Johnson et al. (2009) het 'n studie uitgevoer, wat probeer vasstel wat die invloed van stilgebed is op die geestelike welstand, en lewenskwaliteit tydens chemoterapie van buitepasiënte met herhalende eierstokkanker.


Ferguson et al. (2010a) het die impak van stilgebed ondersoek in 'n kontrolegroep waar stilgebed twee keer per dag beoefen word vir 2 ure oor ‘n tydperk van 10 dae. Hierdie studie het gebruik gemaak van kwantitatiewe en kwalitatiewe vraelyste, joernaal hou en waarnemings van deelnemers met die aanvang en ook afsluiting van die proses.


Rubinart et al. (2017) het ‘n ondersoek gedoen oor die sielkundige impak van 'n 2-maande intervensie met die Jesus Gebed  in 'n Katolieke gemeenskap in Spanje.


Kruse (2012) het stilgebed en PMR (Progressive Muscle Relaxation) 

se effek op stres en angs vermindering ondersoek.


Naor en Mayseless (2020) het 'n empiriese oorsig gedoen wat 11 kwalitatiewe studies insluit wat gefokus het op die toepassing van stilte binne liminale en wildernis-omgewings. Hierdie studies het die ingewikkelde verhouding tussen drie fundamentele komponente belig: stilte, eensaamheid en liminale ruimte, wat bygedra het tot persoonlike ontwikkeling, selfontdekking en, in sekere gevalle, transformerende ervarings.


Ont-leer


Stilgebed


Dit gaan nie oor gedagtes of gevoelens wat in woorde uit gedruk hoef te word nie, maar om jou hele wese – verstand en hart – vir God oop te maak. Dit gaan verder as gedagtes, woorde en emosies om op 'n dieper vlak met God te verbind. Dit word beskou as 'n geskenk van God, 'n manier om God se teenwoordigheid in ons te ervaar.


Hoe werk stilgebed?


Stilgebed is 'n metode wat ontwikkel is om kontemplatiewe gebed te bevorder. Dit behels die gebruik van 'n heilige woord as 'n mantra om die verstand stil te maak en ruimte te skep vir God se teenwoordigheid. Dit vervang nie ander vorme van gebed nie, maar versterk hulle almal.


Voordele van stilgebed:


Verdiep jou verhouding met Christus.

Kweek 'n gevoel van vrede en welsyn.

Bevorder 'n nouer verbintenis met God in die daaglikse lewe.

Bou geloofsgemeenskappe en versterk bande tussen mense.


Wat stilgebed gebed nie is nie:


Dit is nie 'n tegniek nie, maar 'n manier om jou verhouding met God te koester.

Dit is nie ‘n ontspannings oefening nie, hoewel dit verfrissend kan wees.

Dit is nie selfhipnose nie, maar 'n manier om die gedagtes stil te maak terwyl jy wakker bly.

Dit is nie 'n spesiale geskenk nie, maar 'n pad van persoonlike transformasie.

Dit gaan nie daaroor om God se teenwoordigheid te voel nie, maar om jou geloof in God se konstante teenwoordigheid te verdiep.

Ont-moet


“Silence of the heart is necessary so you can hear God everywhere – in the closing of the door, in the person who needs you, in the birds that sing, in the flowers, in the animals.” Mother Teresa

Sit stil vir 20-30 minute twee keer per dag.

Kies 'n heilige woord as 'n mantra en gee jou aandag versigtig daarna wanneer jou gedagtes dwaal.

Moenie jou ervaring ontleed, verwagtinge stel of na spesifieke doelwitte streef nie.



LEES

Fox, Jesse; Gutierrez, Daniel; Haas, Jessica; Braganza, Dinesh and Berger, Christine (2015). ‘A Phenomenological Investigation of Centering Prayer Using Conventional Content Analysis’ Pastoral Psychology, no. 64:803–25. https://doi.org/10.1007/s11089-015-0657-1.


Johnson, Mary E.; Ann M. Dose; Wesley Petersen; Mashele Huschka; Mary Gallenberg;

Teri Britt Pipe; Prema Peethambaram; Jeff Sloan; and Marlene Frost (2009) “Centering

Prayer for Women Receiving Chemotherapy for Recurrent Ovarian Cancer: A Pilot Study.” Oncology Nursing Forum 36, no. 4: 421–28.


Kuiper, Judith (2004) ‘The Experience of Centering Prayer: A Heuristic Inquiry’ Doctor of

Philosophy, The Union Institute and University.


Ferguson, Jane; Willemsen, Eleanor and Castañeto, MayLynn (2010a) ‘Centering Prayer as a Healing Response to Everyday Stress: A Psychological and Spiritual Process’ Pastoral

Psychology, no. 59:305–29. https://doi.org/10.1007/s11089-009-0225-7.


Ferguson, Jane, (2010b) ‘Contemplative Practices in Action: Spirituality, Meditation, and

Health’ edited by Plante, Thomas. 60–77. California: Praeger


Kruse, Joshua (2012) ‘Differential Effects of Centering Prayer and Progressive Muscle

Relaxation as an Intervention for Anxiety Reduction’ Doctor of Philosophy, Biola

University.


Rubinart, Marta; Fornieles, Albert and Deus, Joan (2017) ‘The Psychological Impact of the

Jesus Prayer among Non-Conventional Catholics’ Pastoral Psychology, no. 66:487–504.

https://doi.org/10.1007/s11089-017-0762-4.


Noar, L., & Mayseless, O. (2020). The wilderness solo experience: A unique practice of silence and solitude for personal growth. Frontiers in Psychology, 11, 1-15. doi: 10.3389/fpsyg.2020.547067

Kyk

Luister


Ervaar














Comments


bottom of page