top of page

Asemgebed

Asemgebed is ’n antieke Christelike gebedspraktyk wat terugdateer na ten minste die sesde eeu. Histories, word dit geassosieer met die Oosterse Kerk, veral die Griekse en Russiese Ortodokse kerke. In wat ook bekend staan as die “Jesus-gebed” of “Gebed van die Hart”, sou vroeë bidders die volgende frase herhaal volgens die ritme van hulle asemhaling: Kyrie Eleison, Christe Eleison. Of: “Jesus Christus, Seun van God, wees my, arme sondaar, genadig. Later, is die gebed verkort na “Jesus Christus, wees my genadig” of nog eenvoudiger, “Jesus, genade.” 



Asemgebed is ’n goeie voorbeeld van “Bid sonder ophou”, soos Paulus ons aangemoedig het om te doen, en het die potensiaal om so natuurlik soos asemhaling te word. Dit is ’n wonderlike manier om liggaam en gees saam te laat resoneer. Dit is gemik daarop om ’n baie kort gebed van lof of aanbidding of petisie te wees, net ses tot agt lettergrepe. Die woorde van die gebed kan maklik aangepas word om jou hartshunkering uit te druk.


Lof word uitgedruk deur een van die Heilige se name te gebruik bv. God, Jesus, Here, Vader/ Moeder, Christus, of Gees. Jy kan natuurlik ’n ander aanbiddingsnaam gebruik. Jou versoek of intensie word dan deur die volgende woorde uitgedruk. Die asemgebed word gewoonlik in jou binneste gesê, sonder om dit hardop te doen, maar party mense bid of sing dit ook hardop. Dit is jou gebed; gebruik dit op ’n manier wat vir jou gepas voel.

Ont-dek


Asemhaling is ‘n onbewustelike liggaamsaksie en kan bewustelik word, die oomblik wat ons besluit om ‘n enkele asemteug te neem. -Judith Kravitz

Soveel opgehoopte seer, lewensomstandighede, die manier waarop ons met spanning, vreugde, lyding,  leed en die alledaagse omgaan, beïnvloed ons asemhalingspatroon. Elke mens se asemhalingspatroon is soos ‘n unieke vingerafdruk. Die goeie nuus is, terwyl ons asemhaal is daar meer reg as verkeerd met ons, en daar is nie ‘n reg of verkeerd van asemhaling nie.


Bewustelike asemhaling kan beperkte asemhaling verander en meer suurstof in ons inlaat om gesonder te leef. 


"If we are to grow into living fully we need to renounce the things  that choke us of the fullness of life that God intended for us." Kent

Eksterne faktore wat ons verhinder of volluit asem te haal in ons omgewing is onder andere: lug besoedeling, ons werk- en leef spasie, aktiewe of passiewe rook, slaap posisies, ongemaklike klere en sitgewoontes.


n Paar interne faktore is spanning , wat ons eet en hoe ons eet.  Vandag is die senuweestelsel se veg en vlug reaksies nie meer sulke beskikbare opsies in ‘n komplekse samelewing nie en ons keer dikwels na die vries opsie, wat beperkend is en tot gevolg het dat ons minder asem haal.


Met elke asemteug vloei suurstofryke lug deur die respiratoriese kanale na die ontvanklike longoppervlakte.  ‘n Unieke lugdruksisteem forseer suurstof deur dun longweefsel en suurstofryke bloed word deur die hele liggaam gepomp. So word elke sel wat lewensnoodsaaklike funksies verrig, gevoed.  Met elke uitasem word koolstofdioksied deur die liggaam uitgeskei. Die liggaam raak ontslae van 70% van die liggaam se  toksiese stowwe deur om uit te asem. 


Vrye, ongehinderde, diep asemhaling is ‘n onnatuurlike verskynsel waarheen ons uitgenooi word.


Sonder asem vergaan ons. God self het afgebuk oor stof  en Sy asem in Adam ingeblaas. Adam het 'n lewende  gees geword. Lukas 24:49… en nou stuur ek my Heilige Gees, soos wat die Vader belowe het, ‘n helper om deurentyd by julle te wees. Asem is nie die Gees van God nie, maar asem kan vir ons die nabyheid en teenwoordigheid van God tasbaar maak. 


Elke antieke geloof verwys na die Asem as bron van Lewensenergie, Life force, Elan vital (volgens oorlewing in Europa), Mana (polonesië), Chi (Chinees), Prana (Sanskrit), Spiritus ( Latyns), Roach (Joodse geloof).


Volgens Christopher Moore is gebed wanneer jy met God praat en meditasie, wanneer Hy met jou praat. Hy praat op baie maniere met ons, soos julle weet, maar hier is ‘n ruimte vir Hom en vir jou om intensioneel in stilte teenwoordigheid te wees, ‘n tipe tuiskoms.


Ons weet dat God alom teenwoordig is en nie net tydens kontemplasie nie, maar dat ‘n gereelde kontemplatiewe praktyk

  • jou verhouding met God ondersteun,

  • verander jou,

  • bring balans,

  • skep ‘n groter platform om opsies van te kies in 'n uitdagende en veranderende lewe,

  • laat jou toe om kreatief deel te neem aan jou geestelike groei proses op emosionele, liggaamlike en kognitiewe vlak

  • Stel jou bloot aan Goddelike wysheid in Sy teenwoordigheid.



Ont-leer

Sedert die laat 70’s word daar gegons oor holistiese gesondheid in terme van die welstand en balans van die innerlike lewensfeer: liggaam, verstand, emosies en gees en die uiterlike sfeer: finansies, verhoudings, werk en omgewing/natuur.


Die mens bevind homself/haarself verwyderd van self, ander, God en die natuur en ‘n honger om te "reconnect" word gesoek, uitgebuit en bemark.


Die goeie nuus is dat as ons bewus word, kan ons verander.


Die antropologiese, gemeenskaplike deler van die mens is die vermoë om:


  • Bewus te raak en te kan verander,

  • Verskeie opsies te herken en uit te oefen op fisieke, emosionele, verstandelike en geestlike vlak, binne ‘n veranderende opgewing,

  • te reageer of onafhanklik ‘n aksie te kies wat by die uitnodiging, omstandigheid, geleentheid of persoon pas,

  • uitdagings te oorleef, en selfs te gedy en gelukkig te wees.


Bewuswording / awareness is die sleutel tot verandering.


  "We don’t so much recite the prayers as the prayers recite us, guide us, and open our hearts to the everyday sacred." Christine Valters Painter

Die kruks van asemgebed is dan: Hoe word my lewe ‘n lewe van gebed, eerder as om gebede te bring. Beide is nodig, en die asemgebed kan help om met hierdie bewuswording te leef. 


Ont-moet


“This is the will of GOD for you: That you are joyful always. Pray without ceasing. Give thanks in all circumstances" 1 Thess. 5:16-18

Bid voortdurend…..


Dit wil voorkom dat God se wil vir jou en my is om gedurig te bid. Hoe doen ons dit? Dalk het God reeds die weg vir ons gebaan in asemhaling en die uiting van Sy naam. Dat elke in en uit asem reeds die naam van God weergalm. Dat die lof die eerste en die laaste ding is wat ons op aarde sal doen. Daarsonder vergaan ons.


In die tradisionele Joodse geloof is die naam van God (JH-VH) waarmee Hy homself in die Ou Testament aan sy volk voorgestel het, nooit geopper, maar “ge-asem” is.


Rochard Rohr skryf dat die geskoolde Jode 2 klinkers “a” en “e”  tussen die letters J-H en V-H geplaas het. Om die naam van God sonder die beweging van lippe of tong te asem. Yah (in asem) Whe ( uitasem).


" If we do not know how to pray it does not matter for He does the praying in and for us, even through wordless sighs and aching groans." Rom 2: 27 

In Sy teenwoordigheid is daar:


Liefde Vreugde Vrede, Opstanding Blydskap Heling

Eensgesindheid Nederigheid Selfbeheersing.


Kom bewustelik in SY teenwoordigheid.


Oë sien, ore hoor en die brein dink, dit is wat die liggaamsdele doen, laat toe dat die gedagtes warrel en opduik. Dit is soos om motors op  besige pad dop te hou, sonder om in een voertuig in te klim, die verkeer te probeer reguleer, kritiseer of te ontleed.


Elke mens is uniek en soos ons kos, sport, musiek of kuns smaak uniek is sal ons tipe kontemplatiewe reis ook uniek wees, Vind 'n asemgebed wat vir jou op jou reis sal ondersteun. Gebruik gerus toepassings, luister na podcasts en volg begeleidende hulpmiddels ten einde jou eie unieke pad te volg.





YHWH ASEMGEBED

  • Neem jou plek in, maak jou gemaklik, as jy kan plaas altwee voete of die grond en jou hande in jou skoot of laat hulle rus op jou bene.

  • Sit regop waardig, maar nie rigied nie.

  • Ontspanne skouers,

  • Asem diep in deur die neus en uit deur die mond,

  • Weer in deur die neus en uit deur die mond, ook nog ‘n laaste keer.

  • Hou nou jou mond sag oop ontspan die lippe en laat sak nou die tong

  • Asem in met ‘n sagte “yah” klank

  • Asem uit met ‘n sagte “whe” klank ( gedagte om die mond, lippe enting ontspanne en onaktief te hou.


(Na 2 minute)

  • Maak jou mond toe haal deur die neus in en die mond uit en weer diep in deur die neus en uit deur die mond.

  • Begin om julle oë met ‘n sagte blik oop en beweeg julle ledemate liggies,

  • Hoe voel jou liggaam, ontspanne? Vreemd, voel jy niks nie, is die ervaring nuut, gemaklik of ongemaklik?


Asemgebed met skrif


  • Maak jou oë toe en herroep die skrif “Wees stil en weet Ek is die Heer” (Psalm 46:10). Wees stil, rustig, oop vir die teenwoordigheid van God. 

  • Met jou oë toe, verbeel jou dat God jou roep op jou naam. Verbeel jou God vra jou in werklikheid, “(Jou naam), wat wil jy hê?” Soos na die blinde man op die pad na Jerigo, kyk Jesus jou vol liefde in die oë en vra, “Wat wil jy van my hê?” 

  • Gee God ’n eenvoudige en direkte antwoord wat eerlik en uit jou hart kom. Skryf die antwoord neer. As jy meer as een antwoord het, skryf almal neer. Jou antwoord kan een woord wees, soos liefde of vrede of hulp. Dit kan ’n paar woorde of ’n frase wees soos “voel U teenwoordigheid” of “lei my na die lewe.” Watookal jou antwoord is, dit is die fondasie van jou asemgebed.

  • Kies die naam waarmee jy die gemaklikste is om God aan te spreek. Kombineer dit met die geskrewe antwoord wat jy gegee het op God se vraag aan jou. Dit is jou gebed.

  • Asem die eerste frase/woord in (oor die algemeen jou aanroeping van God se naam) en asem die tweede frase/woord uit (jou versoek of behoefte). Jy mag dalk verskeie gebede skryf voor jy die een vind wat werklik vanuit jou hart en ware hunkering opklink. Daar is geen grense in die ontwikkeling van jou asemgebed nie. Soms kan jy die oefening in trurat sit deur eers in stilte te sit en die Gees toe te laat om deur jou te bid. Vra God om jou naam aan jou te openbaar asook God hunkering na jou. Dit kan ’n betekenisvolle ervaring wees. Jy mag dalk iets hoor soos, “Geliefde, jy is genoeg,” of “Magtige Een, rus.” Wag op God en sien hoe jy vernuwe kan word.


Voorbeelde van Asemgebede:

  • Jesus, laat my U liefde voel.

  • O Here, wys my U weg.

  • Heilige Een, maak my gesond/heel.

  • Bron van Lig, lei my.

  • Vader/Moeder (Abba/Amma), laat my U teenwoordigheid ervaar.
















bottom of page