top of page

Geloofsgewoontes: Examen Gebed

“We don’t learn from experience, but only from our reflection upon our experience.” Trevor Hudson 
“I don’t know exactly what a prayer is. I do know how to pay attention.” Mary Oliver
“Before I can tell my life what to do I must listen to my life telling me who I am.” Parker Palmer
“God comes to us disguised as our lives.” Paula d’Arcy
Praat met die Here elke keer as julle die kans het. Moet nooit moeg word om te bid nie. Hy hoor! Wees heeltyd dankbaar teenoor God, wat ook al met julle gebeur. Dan stap julle op die pad wat God vir julle beplan het toe julle in Christus Jesus begin glo het.” 1 Tessalonisense 5:17 Die Boodskap (DB

Ont-dek


Hoe nader jy aan Christus kom, hoe meer verlang jy regtig om altyd by hom te wees. Daardie verlange is om Christus saam met jou te hê in al jou avonture, maar ook in die alledaagse vervelige oomblikke. 


Miskien is jou behoefte ook om heeltyd sy teenwoordigheid voel. Om selfs die kleinste besonderhede van jou lewe met hom te deel, die dom dinge, die oënskynlik onbenullige dinge saam met die groot dinge.


Dit is waar die Examen in kom, wat ‘n wonderlik en kragtige gebed is waar jy jou nitty-gritty na God en God na jou nitty-gritty bring.


St Ignatius het die Examen geskep as 'n baie kort (“kwartier”) gebed wat gebid kan word twee keer per dag en enige tyd wat vir jou gerieflik is. Die meeste mense geniet dit om die Examen te bid tydens hul middagete – waartydens jy terugkyk na jou oggend - en weer in die aand terwyl jy besig is om te ontspan en uitsien na die volgende dag.



Ont-leer


Die Examen bring jou nader aan God, dit openbaar God se perspektief op jou alledaagse lewe, sodat jy met lof en dankbaarheid daaroor kan reflekteer. 


"Search me, God, and know my heart; test me and know my anxious thoughts. See if there is any offensive way in me, and lead me in the way everlasting." Ps 139: 23-24

Die volgende punte kan ingedagte gehou word:


Hou dit kort - Die Examen is nie bedoel om 'n diep en indringende ervaring te wees nie. Dit is ontwerp om 'n eenvoudige in-die-oomblik ‘in-check’ te wees wat jou aan God se teenwoordigheid herinner en jou na Hom toe heroriënteer. Dit neem nie die plek in vir die langer, dieper periodes van nadenke en kontemplasie nie,  bv. Lectio Divina, Gebed van die Hart. Die Examen is ‘n manier om klein aanpassings in jou dag te maak. 


Moenie vashaak op sonde nie - Die doelwit van die Examen is om saam met God al die fasette van jou verlede, hede en toekomstige lewe te verken, nie net die slegte dele in die verlede nie. Jy en God kyk saam met 'n holistiese siening na jou lewe: jou sondes en jou deugde, jou mislukkings en suksesse, die dinge waarvoor jy dankbaar is en die dinge wat jou mal maak, die toekomstige gebeure waaroor jy bly is en die wat jy vrees, die pieke en die valleie, die nagmerries en die soete drome - alles!


Eksperimenteer met joernaal – ‘n Joernaal is 'n wonderlike hulpmiddel met jou ervaring van die Examen.


Hou dit biddend - Omdat die Examen so konkreet is, kan dit soms wegdryf van 'n gebed en bloot 'n gedagte-oefening word. Dit moet werklik 'n tyd van gebed wees en dit moet God-gesentreerd bly.  Vra vir God om die leiding te neem; om jou dag vanuit sy perspektief te wys; praat met God in plaas van om met jouself te praat; luister na God se stem; met jou geestesoog, kyk vir God, wat probeer God nou vir jou sê? Wat doen God op hierdie oomblik? Glimlag hy vir jou? Hou hy jou hand vas? Luister hy met liefdevolle besorgdheid? Het hy 'n woord van raad? of waarskuwing? of bevestiging? of wysheid? 


Ontwikkel jou eie persoonlike ritme

Die Examen moet altyd Godgesentreerd begin en ek nooi jou uit om verskillende maniere te probeer om geanker te word en die nabyheid en teenwoordigheid van God te erken en aan te voel.  Ontwikkel jou eie persoonlike ritme om die Examen mee te begin en te eindig. Na aanleiding van jou dag se gebeure, vra vir God wat jy nou nodig het om jouself te anker sodat jou gedagtes vir die volgende vyftien minute op Hom gerig sal bly. Die idee is om die Examen op ‘n eenvoudige, kort, biddende manier te begin en af te sluit. 


Hier is ‘n paar voorbeelde:

  • Vind ‘n gemaklike plek waar jy vir so tien tot vyftien minute nie gesteur gaan word nie. 

  • Steek 'n kers aan.

  • Sit gemaklik, in ’n posisie wat ruimte laat vir ’n ontspanne liggaam en ’n wakker verstand.

  • Plaas jou hande gemaklik en sagkens op jou skoot met jou palms na bo, in 'n gebaar van ontvanklikheid vir God se teenwoordigheid en helende werk.

  • Maak jou oë sagkens toe en word stil vir ‘n oomblik met die skrif “Wees stil en weet Ek is die Heer” (Psalm 46:10). Wees stil, rustig, oop vir die teenwoordigheid van God. 

  • Haal diep en stadig asem.  Laat die geluide rondom jou, jou gedagtes en bekommernisse sagkens in die agtergrond verdwyn. 

  • Vra God om sy teenwoordigheid op hierdie oomblik aan jou bekend te maak. Voel God se teenwoordigheid oral om jou en selfs binne jou. Vertoef vir ‘n oomblik in hierdie teenwoordigheid. As jy nie God se teenwoordigheid aanvoel nie, wag stil en geduldig vir nog 'n oomblik. As jy steeds nie God se teenwoordigheid aanvoel nie, moenie dat dit jou pla nie. Weet dat hy altyd by jou is, selfs wanneer jy nie sy teenwoordigheid aanvoel nie en laat toe dat dit vir eers voldoende sal wees.

  • Sê die Onse Vader of Welkomgebed.

  • Sing of neurie een vers of die refrein van jou gunsteling gesang.


Sluit met die volgende fisiese gebare jou gebedstyd af. 


  • Plaas jou hande saam as 'n teken van sluiting.

  • Blaas jou kers dood.

  • Sing of neurie een vers of die refrein van jou gunsteling gesang.

  • Sluit af met die Onse Vader of Welkomgebed.

  • Maak die teken van die kruis.

  • Buig voor jou gebedshoekie wanneer jy klaar is.


Ont-moet



Die Tradisionele Examen 


Die Examen bestaan uit vyf stappe:


  1. Erken die nabyheid van God.

  2. Kyk terug op die dag met ’n gesindheid van dankbaarheid. 

  3. Skenk aandag aan jou emosies. 

  4. Kies een emosie van verlatenheid (“desolation”) of vertroosting (“consolation”) om vanuit en in te bid. 

  5. Kyk vorentoe met hoop na die dag van môre. 

 


1. Erken die nabyheid van God.

    Hiervoor kan jy weer Ps. 46:10 gebruik om jou rustig en gegrond te laat 

    voel.


   Jy kan ook net eenvoudig bid:

“Here, help my om myself en hierdie dag deur U oë te sien.”

As die dag vir jou verwarrend voorkom - ’n warboel van gebeure - vra God om vir jou duidelikheid en begrip te bring en ook enige moontlike  weerstand wat jy mag ervaar, te laat gaan.


Vra God om lig te werp op die gebeure van die dag. Ek vind dit altyd waardevol om my gedagtes en gees te rig deur die  volgende gebed te bid:


"Give me real eyes to realize where the real lies."

2. Kyk terug op die dag met ’n gesindheid van dankbaarheid. 


Meister Eckhart het die woord “Dankie” as die mees belangrike en  genoegsame gebed beskou. Iemand anders het weer gesê  ondankbaarheid is die oorsaak, begin en bron van alle boosheid en sonde.  Dankbaarheid is die fondasie van ons verhouding met God. Stap deur jou dag in die teenwoordigheid van God en let op die vreugdes en genotvolle    oomblikke. Fokus op die geskenke/gawes van die dag. Kyk na die werk wat ontvang van hierdie mense? Wat het jy vir hulle gegee? Skenk aandag aan klein goedjies - die kos wat jy geëet het, die goed wat jy gesien het, die 

“Twas my last gratitude When I slept - at night - Twas the first Miracle Let in - with Light - ” Emily Dickenson

3. Skenk aandag aan jou emosies. 


Een van Ignatius se wonderlike insigte was dat hy die teenwoordigheid van die Gees van God in die beweging van ons emosies raakgesien het.  Reflekteer op die gevoelens wat jy ervaar het gedurende die dag. Verveling? Ekstase? Verbitterdheid? Medelye? Woede? Selfversekerdheid?  Wat sê God vir jou deur hierdie gevoelens? 


Jy sal heel waarskynlik van sekere tekortkominge bewus raak. Let op hierdie  plekke waar jy misgetrap het, of iets wat jy as ’n mislukking ervaar wat jy dalk al baie goed ken (die spreekwoordelike doring in die vlees). Kyk ook dieper vir ander implikasies. Kan ’n gevoel van frustrasie dalk beteken dat  area van jou werk? Is jy bekommerd oor ’n vriend? Miskien moet jy na hom/haar uitreik op ’n manier. Ignatius het gepraat van “consolations” en “desolations”


Wanneer het jy vandag vertroosting (“consolation”) vir jou siel ervaar? 


Ander maniere om hierdie vraag te vra sou wees: Waar het jy lewendig  gevoel? Waar het jy vry gevoel? Waar het jy vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan? Waar het jy uit jou maag gelag? Waar het jy gesien en gehoor gevoel? Waar kon jy diep asemhaal? Waar het die lewe vol belofte gelyk? Waar het jy ’n dit-is-wel-met-my-siel ervaring gehad? Waar het jy 

Liefde gegee en ontvang? Waar het God naby gevoel? 


Wanneer het jy vandag (siels)verlatenheid (“desolation”) ervaar?

Waar het jy dood, onrustig, bevrees, versmoord, ingedruk, hulpeloos, vasgevang, sonder asem gevoel? Waar het God vêr van jou af gevoel? 


4. Kies een verlatenheid (“desolation”) of vertroosting (“consolation”) om

    vanuit en in te bid. 


Vra die Heilige Gees om jou te lei na een ding gedurende die dag wat vir God veral belangrik is. Dit kan ’n emosie insluit - positief of negatief. Dit kan ’n betekenisvolle ontmoeting met iemand anders wees of ’n duidelike  dalk ’n oomblik van sielsverlatenheid. Sif deur die stemme van twyfel, verraad, en afkeur. Weet dat dit nie God se stem is nie en herken dit as stemme van weerstand van jou kant af. Om van God verlate te voel kan ook ’n uitnodiging vir genade wees. Veral as die oomblik van verlatenheid ’n struikelblok binne-in jouself is (’n verslawing, ’n vrees, ’n verknogtheid) wat jy gereeld in die oë moet staar. Kyk daarna. Bid daaroor. Laat die gebed toe om spontaan uit jou hart te kom - of dit intersessie, aanbidding, lament, 


5. Kyk vorentoe met hoop na die dag van môre. 


Vra God om lig te werp op die uitdagings van môre. Skenk aandag aan die gevoelens wat opkom. Twyfel jy? Is jy buite jouself van opgewondenheid? Of dalk effe bekommerd? Laat hierdie gevoelens toe om ’n gebed te word. Soek God se leiding. Vra Hom vir hulp en begrip. Bid vir die gawe om die absurditeit van hoop, die gawe van genade en die   belofte van ’n nuwe dag te verwag.   

   

Ignatius het mense aangemoedig om met Jesus te praat soos met ’n vriend. Die Examen wys ons dat daar altyd iets is om oor te bid. Ons leer om die Here “in die oë te kyk”, eerlik te wees oor waar ons in ons lewe is, en soos ons op hierdie oomblik is. Ons leer om ons gevoelens te respekteer en ook dat ons emosies moreel neutraal is. Ons hoef nie slawe van emosie te wees nie en deur te bid vanuit ons gevoelens, word ons as’t ware bevry van hulle. Ons struikel oor ons sonde sonder om dit die belangrikste fokus te maak. Ons kan innerlike genesing ervaar, soos in droomwerk. Dit help ons om te kom oor ons Deïsme: die geloof in ’n klokmaker-God wat bestaan, maar nie betrokke is nie. Dis die “teen-gif” vir die geestelike siekte van D.I.Y. Ons leer dat ons lewe ’n reaksie op God se liefde is.


Hier is ‘n paar Examen gebede vir spesifieke situasies:


‘n Besondere of Spesifieke verhouding:


Hierdie Examen lei jou om na te dink oor die langtermyn dinamika van een spesifieke verhouding in jou lewe.


  1. Vra vir God wat jy nou nodig het om gegrond te word sodat jou gedagtes vir die volgende vyftien minute op Hom gerig sal wees of begin die gebed op jou eie manier. 

  2. Kyk terug oor die dag met ’n gesindheid van dankbaarheid. Stap deur jou dag in die teenwoordigheid van God en let op een of twee vreugdes of  seëninge, groot en klein, wat jy vandag ontvang het.

  3. Kyk terug oor die afgelope paar weke of dae, vra God om vir jou die persoon te wys wat baie in jou gedagtes en in jou hart besoek kom aflê het. Daar is ‘n groot moontlikheid dat daar redelik vinnig iemand in jou gedagtes sal opkom. Sien die volle beeld van die persoon in jou geestesoog. Hoor sy/haar stem, herken sy/haar gebare, ervaar die emosies wat sy/haar herinnering in jou opbring, ensovoorts.

  4. Gesels met God hoekom hierdie persoon so prominent in jou gedagtes  as die afgelope tyd. Dit kan voor die hand liggend wees – daar is spanning of verskille tans in die verhouding - of dit is dalk nie so voor die hand liggend nie. Gesels met God oor hierdie verhouding.

  5. Vra God om jou sterkste emosie teenoor die persoon aan jou te openbaar. Liefde? Gemengde gevoelens? Dankbaarheid? Woede? Seer? Bekommerd? Verwarring? Deel met God hoe jy op die oomblik voel. Laat jouself in hierdie emosie vir 'n oomblik inleef. Moet nie dit probeer regmaak of oplos nie, bied dit net vir  God aan en bly ontvanklik vir alles wat   God vir jou mag sê of openbaar.

  6. Vra nou vir God om jou 'n omvattende oorsig te gee van jou verhouding met hierdie persoon. As jy dit visueel kan voorstel – om na die woud te kyk en nie na elke spesifieke boom nie, dws nie 'n deeglike, detail ontleding van  elke boom/gebeurtenis nie. Dit is 'n stil, kontemplatiewe oorsig. Wat beteken hierdie verhouding vir jou? Ongeag wat op die oomblik nou gebeur, is hierdie verhouding lewegewend of dreineer dit jou? Lei dit jou   nader aan God of verder van Hom? Help dit jou om te groei in Geloof, Hoop   en Liefde? Wat is die moeilikste deel daarvan om in hierdie verhouding te  wees? Wat is die lekkerste of mees lewegewende deel om in hierdie   verhouding te wees?  Laastens, stem die emosie wat jy huidiglik teenoor die persoon voel saam  met die emosie wat jy voel as jy oor julle verhouding in geheel reflekteer? Gesels met God hieroor, luister ook deur net stil te wees, sou God kies om iets  te sê.

  7. Terwyl jy reflekteer oor die verhouding, vra vir God om jou eie emosies aan  jou te wys en jou eie begeertes met betrekking tot die toekoms van hierdie verhouding vir jou te wys. Wat is jou groot bekommernisse of vrese oor hierdie verhouding? Wat is jou groot begeertes vir hierdie verhouding? Wat is jou oop en drome? Gesels met God hieroor. As jy iets spesifieks begeer, vra  God uitdruklik hiervoor. Byvoorbeeld, “Here, help my om (sekere emosie) te    oorwin en om op (daad/emosie/waarheid) te fokus."

  8. Kyk vorentoe met hoop na die dag van môre. Ek nooi jou uit om weer na  die spesifieke bome (huidiglike gebeurtenis) te kyk. Gegewe jou refleksie oor die woud, het jou perspektief verskuif of het jou emosies verander oor die kwessies van die dag of gebeurtenis? Waarna word jy uitgenooi om môre vir of met hierdie persoon te doen? Gesels met God hieroor.  As jy geroep word om iets spesifiek te doen, bv ‘n gesprek of ‘n daad –   waaraan ‘commit’ jy jouself. Vra God vir hulp om daarby te hou. 

  9. Spandeer ‘n paar oomblike in stilte en eindig die gebed op jou eie manier.


Gewoontes:


“We are what we repeatedly do. Excellence, then, is not an act but a habit.” Aristoteles

Sow a thought

Reap an action

Sow an act

Reap a habit

Sow a habit

Reap a character

Sow a character

Reap a destiny


Ralph Waldo Emerson 


Aristoteles het geglo dat die sleutel tot 'n goeie lewe is om goeie gewoontes te ontwikkel. Ons is wesens van gewoonte, God het ons op hierdie manier gemaak sodat ons nie net op goeie oordeel hoef staat te maak. Ons kan ons verstand, liggaam en siel oplei om sonder dat ons daaroor dink die regte ding doen. Ongelukkig kan ons net so maklik in ongesonde gewoontes verval.


1. Vra vir God wat jy nou nodig het om gegrond te word sodat jou gedagtes   

    vir die volgende vyftien minute op Hom gerig sal wees of begin die gebed

    op jou eie manier. 


2. Kyk terug oor die dag met ’n gesindheid van dankbaarheid. Stap deur jou

   dag in die teenwoordigheid van God en let op een of twee vreugdes of

   seëninge, groot en klein, wat jy vandag ontvang het.


3. Kyk terug oor jou dag of week en vra God om vir jou daaglikse gewoontes

    te wys. Word bewus van een gedagte of aksie wat tipies is hoe jy dink en 

    optree, bv. Ek kan vind dat ek vir Christus sê:“Here, as ek oor my dag kyk,

    sien ek dat ek die gewoonte het om . . .my kollegas te kritiseer;  om 

    gefokus te bly op my werk sodra ek 'n sterk koppie koffie gehad het; myself 

    kritiseer vir die kleinste dingetjies; tyd mors op die internet; mense hartlik 

    groet wanneer hulle by die deur instap”.


4. Dit is soms makliker om jou ongesonde gewoontes raak te sien as om die

    gesonde gewoontes raak te sien. Wanneer ek wel 'n ongesonde 

    gewoonte sien, praat met God daaroor en vra miskien vir Hom om

    vergifnis, of om jou te help deur te wys hoe om die gewoonte te breek.


5. Word tog bewus van jou goeie gewoontes. Dank en prys God daarvoor en 

    praat met hom hoekom jy so dankbaar is vir hierdie goeie gewoonte.


6. Kyk vorentoe met hoop na die dag van môre. Vra God om lig te werp op 

    die uitdagings van môre en watter slegte gewoonte jy graag wil breek?

    Watter goeie gewoonte wil jy graag aanleer? Watter genade het jy nodig 

    om jou te help om hierdie spesifieke slegte gewoontes se houvas oor jou te 

    breek of wat het jy nodig om ‘n besondere goeie gewoonte aan te leer?

    Gesels met God hieroor.  


7. Spandeer ‘n paar oomblike in stilte en eindig die gebed op jou eie manier.



Emosies:


  1. Vra vir God wat jy nou nodig het om gegrond te word sodat jou gedagtes vir die volgende vyftien minute op Hom gerig sal bly of begin die gebed op jou eie manier. 

  2. Kyk terug oor die dag met ’n gesindheid van dankbaarheid. Stap deur jou dag in die teenwoordigheid van God en let op een of twee vreugdes of seëninge, groot en klein, wat jy vandag ontvang het.

  3. Skenk aandag aan jou emosies. Reflekteer op die gevoelens (emosie vir emosie) wat jy vandag ervaar het. Kyk saam met God hoe jou emosies verander het deur die dag.  Hoe het jy gevoel toe jy vanoggend wakker geword het? Terwyl jy gestort het, ontbyt geëet het, aangetrek het vir die dag? Hoe het jy gevoel toe jy begin het met die take van die dag? Soos die oggend gevorder het? En so aan. Gaan vinnig verby die vlugtige emosies, maar staan stil by die meer deurdringende emosies of dié wat jy nie voorheen opgemerk het nie. Praat met God terwyl jy verskuiwings in jou emosies opmerk deur die dag. 

  4. Kies een van die sterkste emosies van die dag wat God vir jou uitwys en praat met God daaroor.  Het hierdie emosies van die ‘goeie gees’ gekom - wat jou nader aan God getrek het, jou laat groei het in geloof, hoop en liefde. Waar het jy lewendig gevoel? Waar het jy vry gevoel? Waar het jy vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan? Waar het jy uit jou maag gelag? Waar het jy gesien en gehoor gevoel? Waar kon jy diep asemhaal? Waar het die lewe vol belofte gelyk? Waar het jy ’n dit-is-wel-met-my-siel ervaring gehad? Waar het jy Liefde gegee en ontvang? Waar het God naby gevoel? 

  5. Was dit van die valse gees (bad spirit) – wat jou van God verlate laat voel het, wat jou vasgevang het in aardse gedagtes, begeertes, drange, of obsessies wat jy gereeld in die oë moet staar? Wanneer het jy vandag (siels)verlatenheid (“desolation”) ervaar? Waar het jy dood, onrustig, Bevrees, versmoord, ingedruk, hulpeloos, vasgevang, sonder asem 

  6. Kies die sterkste emosie van die dag, kyk daarna en praat met God oor die manier waarop jy op hierdie emosie gereageer het soos die dag gevorder het. Kyk na die impak wat hierdie emosie op jou gehad het. Was jy bewus daarvan of onbewus daarvan? Het jy bewustelik gekies hoe om op hierdie emosie te reageer, of het jy toegelaat dat die emosie jou dink, praat en optree deur die dag beïnvloed het? Praat met God hieroor, en dank God wanneer jou reaksie op die emosie in ooreenstemming was met  God se uitnodiging aan jou. Vra vir vergifnis en genesing as jou reaksie nie in ooreenstemming met God se uitnodiging aan jou is nie. 

  7. Met die wete dat jou emosies net gedeeltelik binne jou beheer is, reflekteer oor watter emosies jy môre wil hê. As jy net een kies, wat sou dit wees:  vreugde? vrede? liefdevolle goedhartigheid? moed? dankbaarheid? Kies en hiervan en verbeel jou dat jy môre hierdie emosie saam met jou sal  neem.  Kyk vorentoe met hoop na die dag van môre. Vra God vir die genade om môre oop te wees vir hierdie emosie en dat dit deel vorm van jou dag.

  8. Spandeer ‘n paar oomblike in stilte en eindig die gebed op jou eie manier.



Besluite:


  1. Vra vir God wat jy nou nodig het om gegrond te word sodat jou gedagtes vir die volgende vyftien minute op Hom gerig sal bly of begin die gebed op jou eie manier. 

  2. Kyk terug oor die dag met ’n gesindheid van dankbaarheid. Stap deur jou dag in die teenwoordigheid van God en let op een of twee vreugdes of seëninge, groot en klein, wat ek vandag ontvang het.

  3. Kyk terug oor jou dag of week en word bewus van een of ander besluit wat jy die week moet neem. Dit kan 'n klein besluit wees wat jy binnekort moet neem - byvoorbeeld, hoe om 'n moeilike situasie te hanteer; of om “ja” of “nee” te sê vir 'n uitnodiging; of watter raad jy vir iemand moet gee. Dit mag 'n groot besluit wees wat meer langtermyn is; 'n beroepskeuse; 'n beduidende verandering in ‘n verhouding. Vra vir God om die verskillende opsies voor jou uit te lê. Watter van die opsies is lewegewend en watter opsies neem jou weg van God.

  4. Vra vir God om vir jou te wys hoe die faktore wat verband hou met hierdie besluit jou lewe in die onlangse verlede beïnvloed het. Watter van die opsies lei jou tot groter geloof, hoop, en liefde in jou lewe. Watter opsies lei jou nader aan God of het jou in die verlede nader na God gelei? 

  5. Vra God om aan jou te openbaar hoe hierdie besluit die mense naby jou kan raak. Sal dit hulle help of seermaak? As dit hulle sal seermaak, is daar een of ander hoër plan wat daaruit sal kom wat die seer die moeite werd sal maak?

  6. Vra God om jou eie emosies oor hierdie besluit te wys, veral enige emosies wat jy nog nie erken het nie. Vir elke sterk emosie, vra God om die bron van die emosie aan jou te openbaar. Is dit uit 'n goeie gees (lewegewend) of 'n slegte gees (sielsverlatenheid)? Met ander woorde, kom hierdie emosie van die deel van jou af wat met God gesinkroniseer is of van die deel van jou wat van God af weghardloop of teëstaan?

  7. Gee hierdie hele saak aan God oor en sê: “Laat U wil geskied, Here.” Vra God om jou 'n gevoel van vrede (indifference) te gee oor die hele besluit. Vra God vir die genade om die situasie nie uit emosie te sien nie maar uit ‘n objektiewe oogpunt.

  8. As jy nou geroepe voel om die besluit te neem, plaas die besluit voor God en vra hom vir die genade om die regte besluit te neem, of as dit nie is nie die genade en leiding van die Gees om die besluit te verander.  As jy nog verder nodig het om te onderskei, vra vir God die geduld om te sit en wag vir sy antwoord. As dit 'n groot besluit is, word bewus van die rigting waarna dit lyk God jou lei op die oomblik.

  9. Spandeer ‘n paar oomblike in stilte en eindig die gebed op jou eie manier, of deur dalk rustig fluisterend, oor en oor te bid:

“Laat u wil geskied, Here . . 

     Laat U wil geskied, Here. . . U wil geskied, Here.”

















bottom of page