"Die Here is my herder. Ek kom niks kort nie."
Almal ken hierdie woorde. Sommige bid dit selfs. Psalm 23 staan ook bekend as die begrafnispsalm. So dis maklik om te dink dat dit niks te make het met die lewe nie. Nie met my en jou gejaagde, bevreesde 24/7 lewe nie. Nie met hierdie lewe en al sy advertensies wat skree "Jy kom alles kort!" nie. Maar tog skryf, of eintlik sing Dawid nie hierdie woorde vanuit sy graf nie. Hy sing dit te midde van, ten spyte van, sy vrese en angs. Terwyl dit op die oog af lyk of alles hom ontbreek. Dis 'n "nogtans-halleluja".
Psalm 23 begin soos 'n piekniek, ontrafel vinnig binne-in die doodsdal in en eindig in die hart van die Here. Soos baie ander reise, soos wat die reis van enige held met 'n duisend gesigte dikwels uitgebeeld word. Soos wat my en jou reis lyk, soms in een dag. John Cassian skryf dat die krag van die psalms juis hierin lê: "they carry within them all the feelings of which human nature is capable." Alles het 'n plek in die psalms. Woede, twyfel, verlange, lyflikheid, donker, berou, ekstase, neerslagtigheid, groen weivelde, waters waar rus is, 'n dal van doodskaduwee... vir die eerste keer in die Ou Testament word 'n byna roekelose, onbegrensde verlange vir God uitgedruk in woorde. Die beeld van God as geliefde, beskermer, vriend en herder merk 'n reuse sprong in die mens se geestelike bewustheid, 'n gans ander taal vir hierdie reis. As ons die psalms bid is dit nie bloot omdat dit ons toelaat om dieselfde woorde wat Christus gebruik het te bid nie, maar omdat dit 'n manier bied wat die bidder uitnooi - as't ware, noodsaak - om die "argeologiese spitwerk" in sy of haar eie siel te doen deur hierdie antieke, dog tydlose woorde.
"Niks sal my ontbreek nie." Gesing deur 'n man (na God se hart) wat weet hoe dit voel om te vat wat nie aan hom behoort nie, wat weet hoe dit voel om verraai te word, wat weet hoe dit voel om vervolg te word, wat ken van gevaar en geweld. Hy ontken nie sy vrees nie. Hy bring ook dít na God se bors.
Wat my die meeste van myself en ander mense opval in hierdie tyd waarin ons leef is dat ons bang is. Angs is die grootste siekte van ons tyd en dit kom vanuit 'n diepgewortelde vrees (al kan jy soms nie jou bewende vinger daarop lê nie) dat alles jou sal ontbreek. Ons probeer dit verstil of aflei met allerhande goed en word dan verslaaf aan die afleidings, maar dis 'n binnebewe wat net rus kan vind in God.
Matteus 6 in die Message-vertaling sê: Steep your life in God-reality, God-initiative, God-provisions. Don’t worry about missing out. You’ll find all your everyday human concerns will be met.
Ons gaan Sondag gesels oor hierdie realiteit, hierdie inisiatief, hierdie voorsiening. Ek dink ons sal almal omdraai in ons grafte, regtig wakker word, waarlik begin lééf as ons dit werklik sou kon begryp.
Mense se mees algemene vrees, volgens meeste studies, is blykbaar om in die openbaar, voor ander mense, te moet praat. Om dood te gaan is volgende op die lys. Klink dit reg? Dit beteken, vir Jan Alleman, as jy na 'n begrafnis toe gaan, is jy beter af in die kis as die ou wat die eulogy (die lofspraak) moet lewer.
Komies? Miskien. Maar nie snaakser as hoe ons in elk geval leef en keuses maak nie.
"Niks. Niks. Niks sal my ontbreek nie."
Lees gerus Nan Merrill se mooi vertaling van Psalm 23:
Psalm 23
O my Beloved, you are my shepherd,
I shall not want;
You bring me to green pastures for rest
and lead me beside still waters
renewing my spirit,
You restore my soul.
You lead me in the path of goodness
to follow Love’s way.
Even though I walk through the
valley of the shadow and of death,
I am not afraid;
For You are ever with me;
Your rod and Your staff,
they guide me,
they give me strength and comfort.
You prepare a table before me
in the presence of all my fears;
you bless me with oil,
my cup overflows.
Surely goodness and mercy will
follow me
all the days of my life;
and I shall dwell in the heart
of the Beloved
forever.