top of page

Lui die klok, breek die brood, vertel die storie

ree

“The world isn't just the way it is. It is how we understand it, no? And in understanding something, we bring something to it, no?

Doesn't that make life a story?” 

Yann Martel, Life of Pi


Ek bly verstom oor die krag van stories. Veral na die pas afgelope Woordfees in Stellenbosch. Ek kon nie soveel shows gaan kyk soos wat ek graag sou wou nie, maar dié waarby ek wel kon haal, het my op die punt van my stoel gehad en lank na meeste mense reeds die saal verlaat het, nog laat sit. Asof ek eers my asem moes gaan haal, terugkry. Tot verhaal kom. Vreugde, verbasing, vreugde, herkenning … in Sheila Cussons se woorde. Die goue draad wat verweef is deur ‘n goeie storie, die ding wat jou aandag hou, jou aan ‘n skrywer of ‘n verteller se lippe laat hang, jou oë wawyd ooptrek al is dit ounag. Dis moeilik om in ons tyd met die goue draad te leef. My aandag is nou hier, dan daar … antwoord gou die e-pos in sms-taal want my ander hand is aan my foon vas wat aan my goeie oor vas is … ek is besig om ‘n YouTube-video te laai, maar ek moet eenvoudig net gou vinnig gaan “comment” op (of nee, ek’s haastig, ek sal dit net like) daai cool foto wat my friend (is hy nou my vriend of net my friend?) … anyway, die video het klaar gelaai … agnee, ek’s gecap … hoe’t dit gebeur …


Draad. Loos.


En tog vergeet ons dat dit slegs ons stories is wat ons deursigtig en weerloos maak vir mekaar. Hoeveel keer het jy nie al ondervind dat jy iemand heeltemal verkeerd opgesom het voor jy haar storie geken het nie? Hoeveel keer wou jy nie al jou tong afbyt of die wolhaar van jou lippe afvee as jy iemand opgesom het voor jy sy storie gehoor het nie. Ons takseer mekaar links en regs op ons baadjies. Die blaadjies, dikwels so netjies toegevou binne die baadjies, sou dalk gesorg het vir ‘n baie liefdevoller wêreld. Stories bring ons agter die kap van die byl. Dit voel altyd vir my asof “So, wat doen jy?” ‘n baie absurde eerste vraag by ‘n ontmoeting is.  “So, wat’s jou storie?” maak baie meer sin.  As dit net nie in ons gouedraadlose wêreld geklink het soos ‘n belediging nie. 


Behind the corpse in the reservoir, behind the ghost on the links,

Behind the lady who dances and the man who madly drinks,

Under the look of fatigue, the attack of migraine and the sigh

There is always another story, there is more than meets the eye.


W.H. Auden


In plaas van ons kwesbare stories met mekaar deel, soek ons veiligheid in abstraksies. Meeste mense is gladdebek as hulle hul opinies, idees en oortuigings kan bekend maak (veral van agter die skerm, soos ‘n skild tussen jou en die wêreld). Moet my net nie vra oor my lewe nie. Dis ‘n oop wond. Ek kan dit nie beskerm nie. ‘n Digter het gesê, “Alles van waarde is weerloos.” Nie ‘n waarde wat die meerderheid aanhang nie. So is daar minder ware gemeenskap en verbondenheid tussen sogenaamde intellektuele mense en groepe op sosiale media as in die mees primitiewe gemeenskap van storievertellers. Selfs in die kerk, het hierdie abstraksies hulle weg gevind in hoe ons omgaan met mekaar. Om in te span as “bewyse” van God se ID-dokumente. Wat het geword van lui die klok, breek die brood, vertel die storie? John Shea se kort beskrywing van kerk: “Gather the folks, break the bread, tell the stories.”


Lank gelede, soos die storie vertel word, het bose magte die Jode bedreig en die groot Rabbi Israel Baal Shem-Tov het diep in die woud in geloop na ‘n heilige plek, ‘n vuur aangesteek en gebid. Toe hy hierdie drie goed gedoen het, het ‘n wonderwerk gebeur en sy mense is gered.


In die volgende generasie, toe sy dissipel vir dieselfde rede vir sy mense moes intree, het ook hy geloop na die heilige plek diep in die woud en gebid, “Meester van die Heelal, luister! Ek weet nie hoe om ‘n vuur aan te steek nie, maar ek ken hierdie plek en ek kan nog hierdie gebed bid. Dit moet genoeg wees.” ‘n Wonderwerk het gebeur en sy mense is gered.


Baie jare later, toe moeilikheid die Joodse mense weer agterna gesit het, het hulle leier na die woud gegaan en gesê, ““Meester van die Heelal, luister! Ek weet nie hoe om ‘n vuur aan te steek nie. Ek kan nie bid nie, maar ek ken hierdie plek, en dit moet genoeg wees.” ‘n Wonderwerk het gebeur en sy mense is gered.


Uiteindelik, nie so baie jare gelede nie, het ‘n onheil soos geen ander die Joodse mense bedreig nie. Hulle leier het in ‘n leunstoel gesit met sy kop in sy hande en vir God gesê, “Ek kan nie die vuur aansteek nie. Ek ken nie die gebed nie. Ek kan nie eens die plek in die woud vind nie. Al wat ek kan doen, is om die storie te vertel, en dit moet genoeg wees.” En dit was. En dit was. En dit was.


Ons gaan Sondag gesels oor narratief as transformerende kunsvorm. Hoe stories ons verander. Maak en breek en weer aanmekaar sit. Daar is ‘n onlosmaaklike verband tussen stories en redding, of bevryding, in die Bybel en God, veral deur Jesus, skroom nie om stories in te span om mense van binne af nuut te maak nie. Stories, behalwe dat dit red, het die kapasiteit om ons te vertel wie ons is, wie ons word en waar ons hoort. 


Die Nigeriese storieverteller, Ben Okri, skryf: “We live by stories, we also live in them. One way or another we are living the stories planted in us early or along the way, or we are also living the stories we planted—knowingly or unknowingly—in ourselves. We live stories that either give our lives meaning or negate it with meaninglessness. If we change the stories we live by, quite possibly we change our lives.”


Ons gaan gesels oor die Woord as narratief (die Evangelie as tragedie, komedie en feëverhaal – wat nie impliseer dat dit nie waar is nie): 


“The Bible is a book finally about ourselves, our own apostasies, our own battles and blessings, and it is the discovery of that that constitutes the real reward.”

Frederick Buechner


Oor die krag van ons persoonlike stories as deel van Die Storie:


“If God speaks to us at all other than through such official channels as the Bible and the church, then I think that he speaks to us largely through what happens to us. . . . His word to each of us is both recoverable and precious beyond telling. In that sense autobiography becomes a way of praying, and... if it matters at all, matters mostly as a call to prayer.” 

Frederick Buechner


En oor geestelike formasie (teenoor blote inligting) wat alles te make het met hoe ons onsself vind – of eerder, hoe ons onsself laat vind, hoe God ons vind – binne die narratief van skepping, skeiding en terugkeer. Waar ons storie en God se storie kruis, is waar God ons ontmoet. Dis waar die Woord vlees word.


“It is well to remember what the ancient creeds of the Christian faith declare credence in.

God of God, Light of Light ... for us and for our salvation came down from heaven ... born of the Virgin Mary ... suffered  ... crucified ... dead ... buried ... rose again ... sitteth on the right hand of God ... shall come again, with glory …



That is not a theological idea of a religious system. It is a series of largely flesh and blood events that happened, are happening, will happen, in time and space.  For better or worse, it is a story.



It is well to remember because it keeps our eyes on the central fact that the Christian faith always has to do with flesh and blood, time and space, more specifically with your flesh and blood and mind, with the time and space that day by day we are all of us involved with, stub our toes on, flounder around in trying to look as if we have good sense. In other words, the Truth that Christianity claims to be true is ultimately to be found, if it’s to be found at all, not in the Bible, or the Church, of Theology – the best they can do is point to the Truth – but in our own stories.


If the God you believe in as an idea doesn’t start showing up in what happens to you in your own life, you have as much cause for concern as if the God you don’t believe in as an idea does start showing up.


It is absolutely crucial, therefore, to keep in constant touch with what is going on in your own life’s story and to pay close attention to what is going on in the stories of others’ lives. If God is present anywhere, it is in those stories that God is present.  If God is not present in those stories, then you might as well give up the whole business.”


Frederick Buechner



“In a storied perspective, we are invited to see our journey as an opportunity to do the story, embodying the truths of the great God Story in our lives and cultivating a life of virtue through cooperation with the work of the Spirit in our lives. Through our lives and our witness, we share the story, faithfully narrating to others the story of a God who comes. Through spiritual practices, individually and in community with the faithful, we learn the story through regular formative encounters with the biblical text as we read for formation. And, in celebration, we eat the story as we share the Eucharist together, thereby becoming absorbed right into the heart of the great God Story. Spiritual formation and story belong together. Together they form the “life-weave” for all who are Storied Ones.”


Barbara Mutch



Instructions for living a life:

Pay attention.

Be astonished.

Tell about it.


Mary Oliver



Hoe durf dit so eenvoudig wees?


As jy lus is vir nog ‘n storie, hier’s een wat ek vertaal het uit oor ‘n dogtertjie wat nie tevrede was om ‘n speletjie te speel waarin sy nie geweet het hoe sy inpas nie. Of anders gestel: sy het presies geweet wat haar storie is en kon nie verlief neem daarmee dat Die Storie nie plek gehad het vir haar storie nie. Dit gaan so:


Een reënerige Sondagmiddag moes ek toesig hou oor sewentig woelige kinders. Ons was in ‘n saal en ek het geweet as ek nie blitsvinnig ‘n aktiwiteit of ‘n idee of twee bedink nie, breek daar vandag chaos uit op die heilige Sondag. Op daardie oomblik onthou ek ‘n speletjie – ‘n ou rolspelspeletjie wat ons “Towenaars, Reuse en Kabouters” genoem het. Ek kry toe my troepe rustig – geen maklike taak! – en begin verduidelik die reëls van die speletjie.


“Dit werk as volg …” bulder ek. “As jy ‘n Towenaar wil wees, gaan staan voor die saal. Die Reuse kom in die middel bymekaar en die Kabouters agter in die saal. Kom, laat ons beweeg!” Ek gee toe so paar minute om in groepe, of eerder troppe, aan te tree voor ons begin.


Terwyl ek daar staan, voel ek ‘n sagte, dog besliste trek aan my jas. Toe ek afkyk, sien ek ‘n klein dogtertjie met groot blou oë waarin vraagtekens dans.


“Skuustog.”

“Ja, wat is dit?”

“Skuus oom, maar waar moet die meerminne staan?”

“Meerminne?  Meerminne?” spoeg ek herhalend en harder as wat ek bedoel het uit. “Daar is nie meerminne nie.”

“O ja, daar is. Oom sien, ek is ‘n meermin en ek wil net weet waar ek moet gaan staan.”


Nou, hier was ‘n klein dogtertjie wat presies geweet het wie sy is – ‘n meermin, so eenvoudig soos dit – en nou wou sy net weet waar sy hoort. En nee, sy sou nie tevrede wees om op die kantlyn na die ander kinders te staan en kyk nie.  Sy’t haar plek geken. Sy wou net weet waar sy moet gaan staan.


… So, waar moet die meerminne staan – al daai kinders wat ons probeer vorm en druk om te pas in ons boksies?


Soms, net soms, kry ek ‘n breinbrander. ‘n Oomblik van inspirasie. Van daai soort wat al hoe minder te voor skyn kom, maar wonder bo wonder op daai dag kop uitgesteek het. Ek het na die kind gekyk en haar hand gevat.“Ek weet, die meermin sal reg langs Die Koning van die See staan (Koning van die Gekke sou meer gepas gewees het, maar ek het my pose  gehou.)


So staan ons toe bymekaar – die meermin en Die Koning van die See – terwyl die Towenaars en die Reuse en die Kabouters in hulle massas verby ons marsjeer. Dit is, so terloops, nie waar wat hulle sê oor meerminne wat nie bestaan nie. Ek weet hulle is regtig want ek het ‘n meermin se hand vasgehou.


Vry vertaal uit ‘n storie van Robert Fulghum



Frieda van den Heever



  

bottom of page