top of page

Hoe vul die Heilige Gees jou?


Die term “vol van die Heilige Gees” som die hele evangelie op. Ons het iets of iemand groter as onsself nodig om te lewe. Dit was ook Jesus se voorbeeld aan ons, “vol van die Gees” en “die Gees het Hom gelei”. Soms word hierdie frases vergeestelik, of oorlaai met soveel charismatiese ywer dat dit bitter min beteken vir gewone mense.

Die woord “gees” kom 659 keer voor in die Bybel. Dit woord gees of pneuma in Grieks, beteken “asem”, “wind” of “gees”. Asem verteenwoordig lewe en daarom word die Heilige Gees ook die Gees van Lewe genoem (Joh. 6:63). Die feit dat ek asemhaal en die gawe van die lewe ontvang, word aan die werking van die Gees toegeskryf. Van Johannes die Doper word daar gesê dat hy reeds in sy moederskoot met die Heilige Gees vervul is. Paulus dink so aan die lewe binne hom: The Spirit of God has made me, And the breath of the Almighty gives me life” (Ephesians 4:23).

Dit is goed om te dink dat jy het ‘n asem het, dit is beter om te weet dat jy eerder deur God ge-asem word.

Die lewe gaan daaroor om oor te gee aan hierdie groter werklikheid. Indien die Gees die gewer van alle lewe is, en ons lewe vernietig of inperk, dan werk ons teen die Gees. Waar ons lewe omhels, daar word die Gees uitgestort.

Ons gesels Sondag oor hoe ons vol kan wees van die Heilige Gees. Ons gaan kyk na dinge wat dit moeilik maak om vol te wees van die Gees, en ook na dinge wat dit maklik maak om vol te wees van die Gees.


- Deur Theo Geyser

bottom of page