top of page

Hoe beoefen ek Stilte?

“All of humanity’s problems stem from man’s inability to sit quietly in a room alone” - Blaise Pascal

Dit is maklik om te vergeet dat die Franse filosoof Blaise Pascal se aanhaling, wat so dikwels gebruik word in hierdie era van slimfone en sosiale media, reeds in die 1600’s geskryf is. Dit blyk dat mense in die 17de eeuse Frankryk dit ook so verafsku het om alleen met hulle gedagtes te sit dat hulle enigiets anders sou doen: boules speel, ‘n oorlog beg

leaf drifting on water

in en so aan. Studies wys mense (twee derdes van die mans en ‘n kwart van die vroue) sal veel eerder kies om elektries geskok te word as om in stilte te sit.


Is ons mal? Steve Taylor antwoord hierdie vraag in sy boek Back to Sanity: “Ja, mens noem dit humania.” Ons as mense misgis onsself vir individuele, geïsoleerde wesens, vasgevang in ons eie koppe. Geen wonder ons wil nie sit met wat binne-in ons is nie, dit sou die eensaamheid van ons bestaan bevestig. So om TV te kyk is vanselfsprekend veel beter!


Maar wat as ons juis nie alleen is as ons stilword nie? Wat as ons ons verbondenheid met onsself, mekaar en God eers werklik kan beleef en raaksien binne-in en vanuit stilte? Wat as dit werklik God se moedertaal is?


Moeilik om te glo as jy ‘n mens is in vandag se tye, as jy ‘n goeie hardwerkende landsburger is en as jou ouma al van kleins af vir jou sê “Ledigheid is die duiwel se oorkussing.”


Ook as jy ‘n Israeliet was in die tye voor kalenders. Voor Jesus. In Jesaja.

Die Here sê vir hulle: “In terugkeer en rus lê jou heil, in stilwees en vertroue lê jou krag.” Hulle antwoord: “Nee, ons sal op perde wegjaag, ons sal vinnige perde ry.”

Die lewe gebeur toe: Dan sál julle vlug, maar julle agtervolgers sal vinniger wees.



Ont-dek


Ons almal soek antwoorde, min van ons is gemaklik met vrae.

Ons almal wil gesond wees, reg eet en oefen is nie so maklik nie.

Ons almal wil lewe in oorvloed, dis vir niemand lekker om daagliks klein doodjies te sterf nie.

Almal wil héél wees, niemand wil hul gefragmenteerde dae en gejaagde ure aanpas nie;

dis vir niemand lekker om al die verbrokkelde dele van jou self in die gesig te staar nie.

Almal wil teenwoordig wees, niemand wil die redes vir hulle afwesigheid erken nie.

Almal wil bomenslike energie hê, niemand wil daagliks gaan sit en “niksdoen” voor God nie – te moeg daarvoor … sal eerder rondhol.

Hoe sal jy vandag – jou ure en minute en sekondes – inrig as hierdie dag ‘n weerspieëling moes wees van jou hele lewe? Hoe sou jy die ritme van hierdie dag bepaal as jou hartklop daarvan sou afhang?


Dit hang inderdaad daarvan af! Stilte haal die deksels af, al die maniere hoe ons onsself probeer bedek vir mekaar en God. Dit ontbloot ons programmering wat gewoonlik op auto pilot is


God, investigate my life; get all the facts firsthand. I’m an open book to you; even from a distance, you know what I’m thinking. You know when I leave and when I get back; I’m never out of your sight. Ps 139MSG

Ont-leer


Ons, en veral dié van ons met ‘n stewige Afrikaner-Calvinistiese streep, is grootgemaak met “Moenie net daar sit nie, doen iets!” Om dan te hoor, “Moenie net iets doen nie, sit daar”, voel heeltemal teenstrydig met ons waardes en ons selfbeskouing – die waardigheid waarmee ons onsself beskou. Veral dié van ons wat glo: Result before Rest. Eers resultate, dan rus. En tog weet ons in ons diepste binneste dat gereelde ”niksdoen” alles te make het met die wyse waarop ons ander dinge doen, met ware genoegdoening! – veral as jy al die kans gewaag het om ‘n paar dae opsy te sit om die malle gejaag na wind van ‘n afstand af te beskou, as jy al geproe het wat daaglikse stilword aan jou die geraas in jou skedel, aan jou woorde en dade doen die res van die dag.


Die gevaar bestaan egter om stilword, en die manier van stilword wat ons hier voorstel nl. Gebed van die Hart (Centering Prayer), bloot te beskou as ‘n means to an end. En weereens, as daar dan nie onmiddellike resultate is nie, skuif ons dit opsy. Behalwe vir die bewese fisiologiese effekte van stilword (wat ‘n rustiger hartklop, laer bloeddruk, ‘n verandering in breingolwe, ‘n vrylating van endorfiene, minder spanning in die spiere ens. insluit), is die “werk” en die “resultate” en die uitkomste nie joune nie; dit is God s’n. Al wat in ons hande is, is om oor te gee en oop te maak daarvoor:


"Prayer is not a request for God’s favours … genuine prayer is based on recognising the Origin of all that exists, and opening ourselves to it.”

Cynthia Bourgeault


Gebed van die Hart is ’n gemoderniseerde gebedswyse gebaseer op die intuïtiewe gebed van Lectio Divina. Dit is ’n metode van stil gebed wat ons voorberei om die gawe van komtemplatiewe gebed te ontvang, gebed waartydens ons God se inwonende teenwoordigheid ervaar. Hierdie gebed is gegrond in verhouding met God, deur Christus, en is ’n oefening wat daardie verhouding kan koester.


Gebed van die Hart komplimenteer en ondersteun ander maniere van gebed – verbaal of verstandelik. Dit fasiliteer rus in God se teenwoordigheid en bied ’n manier om te groei in intimiteit met God, deur te beweeg van gesprek na gemeenskap. Deur ons gedagtes (’n oorkoepelende term vir drome, emosies, planne, refleksies, herinneringe ens.) oor te gee aan God, kan ons werklik verander word deur die nuutmaking daarvan (Rom. 12:2).


Soos Thomas Keating beklemtoon het, is die bron van Gebed van die Hart, soos in alle metodes wat lei tot kontemplatiewe gebed, die Inwonende Drie-eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees. Die fokus van hierdie gebed is die verdieping van ons verhouding met die lewende Christus. Die effekte van Gebed van die Hart is gemeenskaplik van aard, juis omdat die gebed in staat is om geloofsgemeenskappe te bou en die lede/lidmate saam te bind in gemeenskaplike vriendskap en liefde.


Hierdie geloofsgewoonte is gebaseer op Paulus se waarneming dat jou gebed nie hoef op te hou wanneer jou gedagtes ophou nie. Verkeer net in die teenwoordigheid van die Here en laat gebeur wat ook al gebeur. Die uitdaging is dat daar gewoonlik nog meer gedagtes deur ’n mens se kop beweeg wanneer jy in hierdie groter stilte ingaan, of eerder dat jy net nog meer bewus is daarvan. Ons het ’n manier nodig wat die minimum inspanning verg, anders bring hierdie stryd weer nuwe onrus.


Deur die eeue het Christene gevind dit help om jou aandag ’n eenvoudige vashouplek te gee. Dis net ’n simbool daarvan dat jy ja sê vir die Here, dat jy toestemming gee dat God met jou kan werk onder die oppervlak van alles wat jy kan waarneem. Dat jy as’t ware glo en vertrou dat jy meer is as wat jy dink en voel. Dat jou ware self saam met Christus in God weggesteek is. Daar is baie moontlikhede van so ’n anker bv. ’n Psalmvers, die Jesus-gebed, die beweging van jou asem, ’n visuele beeld of ’n enkele woord. Tydens die instruksies hieronder word verduidelik hoe daar met ’n enkele woord gemaak kan word, maar dieselfde beginsels geld vir enige ander simbool. Die metode van Centering Prayer gee vir baie Christene ’n werkbare begin. Dit help jou om die begin van die voetpad in die Groter Stilte in te vind. Die metode is nie ’n resep of ’n wet nie, maar net ’n stapstok (of kierie, as jy nie sensitief is oor jou ouderdom nie!) wat jou help om te begin.


Die groot “ontleer” wat hier ter sprake is, is wat die Bybel beskryf as “ontlediging”, of die Griekse woord kenosis wat Paulus gebruik in die bekende gesang in Filippense 2 as hy skryf oor Christus se manier van lewe en sterwe. “Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mens gelyk te word.” En dit is ook die groot onderskeiding wat getref kan word tussen Centering Prayer en ander mindfulness meditations. Dit is nie ‘n oefening in konsentrasie nie, dis ‘n oefening in laat gaan. En later nie meer ‘n oefening nie, maar ‘n viering van “wat is”, ‘n uitvloeing van let it be. Daar is nie ‘n doel voor oë nie; die vrug daarvan is in jou daaglikse lewe en die proof of the pudding lê in ‘n geïntegreerde menswees.


Toe Cynthia Bourgeault gevra word oor hoe dit sal lyk in die regte lewe, was haar antwoord so:

It cuts across the board. It begins in my practice of centering prayer, where the meditational form that we use in centering prayer is simply the letting go of the thoughts as they come. For me, the self-emptying or nonclinging is really about letting go and loosening the grip—loosening at the simplest level, the grip that you have on a thought when you are meditating. You know, the thought comes up and you let it go. And that’s the method of centering prayer. So the centering prayer is a meditational form of kenosis.

And then when you move into life, it simply very much is recognizing when you are stuck in a position of insisting or clinging or identifying, or putting your need or will against a situation, so that what you are doing is imposing on the situation and resisting. And it’s simply a matter of letting go. It doesn’t even mean renouncing, like pushing away; it’s much closer to what the folks in Alcoholics Anonymous call “being willing to have it taken away.” So it’s going through life, situationally, with a nonpossessive attitude.


Ont-moet


First we meditate on Christ,

Then we go out to look for Him.


Jesus se dae is gekenmerk deur ‘n ritme van afsondering en toenadering, van stilte voor die skares en storms. Hy het ook 40 dae in die woestyn in stilte deurgebring voor Hy sy bediening begin het. En as Jesus dit nodig gehad het, hoeveel meer nie ek en jy nie? En nie omdat ons “moet” (met ‘n wysvinger) of omdat dit ons meer heilig of verdienstelik maak nie – dis hoekom ons dit ‘n ont-moet-ing noem. ‘n Tyd en plek waar God my ontmoet anderkant moets en moenies, waar ek nie my rolle of funksies of pligte of titels is nie, waar ek kan unplug van die [voeg jou naam in]-projek . Ronell Bezuidenhout skryf: “Geloofsgewoontes het nie ten doel om jou ‘n beter Christen te maak nie. Dit wil jou ‘n mensliker mens maak. Jou ‘n ruimer hart gee.” Hierdie Nederlandse gedig som dit so mooi op:


Huis om stil te zijn


Uit straten ronkend en rumoerig

heb ik een weg, een plek gezocht;

ik vond, het hart beklemd en roerig,

een huis gebouwd uit ademtocht.

Uit woordenvloed ben ik gekomen,

genaderd tot de bron van rust; niet om er zomaar weg te dromen

maar stil te zijn naar hartelust.

Hier klinkt de taal niet angstaanjagend

en daal ik tot mijn wezen in, in stilte die bevrijdt, ontwapent: een stem die spreekt van dieper zin.


Het veilig masker mag doormidden,

ik toon mezelf een waar gezicht;

terwijl – geopend – handen bidden:

ontvangend, weerloos, vederlicht.


Ik voel me als herdacht, herboren –

het eelt, de ziel opnieuw doorbloed;

ik ga, weer mens als ooit tevoren,

de wereld anders tegemoet.

E.Dam



Gebed van die Hart is ‘n oefening in terugkeer. Dis nie altyd maklik of lekker of selfs openbarend om vir 20 minute stil te gaan sit en jou gedagtes dop te hou sonder om hulle te voed nie; soms is dit, trouens, erg frustrerend. Ek voel dikwels soos die jong non wat na haar eerste sitsessie na Thomas Keating toe gehardloop het en gesê het, “Vader, ek is ‘n totale mislukking met hierdie gebed. In twintig minute het ek tienduisend gedagtes gehad!” Thomas Keating het geantwoord: “Hoe wonderlik! Tienduisend geleenthede om terug te keer na God!” Dis soos Phileena Heuertz sê: “The worst at it you are, the better you are for praying it.”







Comments


bottom of page