top of page

Geloofsgewoontes

"The most important thing in your life is not what you do; it's who you become. That's what you will take into eternity." Dallas Willard

Waarom word geestelike gewoontes vandag aanbeveel in vakgebiede buite die teologie?

Waarom beoefen Sam Harris ‘n erkende ateïs en neurowetenskaplike geloofsgewoontes?

Geloofsgewoontes het wel ‘n materiële dimensie en 'n bewese effek fisiologies, chemies en emosioneel, maar binne die Christelike tradisies, gaan dit oor die geestelike dimensie waar God jou binne daardie ruimtes wil ontmoet.

“Becoming like Jesus is as much as about having a relaxed and joyful heart as it is about believing and doing the right thing, as much about proper energy as about proper truth.” Ronald Rolheiser

‘n Geloofsgewoonte kan jou MAAK of BREEK. Ek dink ons almal het al iets ervaar van die BREEK. Die gevoel jy is nie goed genoeg nie, of is nie gedissiplineerd genoeg nie of jy het ‘n oortuiging het dat dit nie regtig ‘n verskil maak nie. Met MAAK bedoel ek nie ‘n superhero of “#hashtagblessed “ nie, ek bedoel jy ervaar en jy word meer soos Jesus want dit is die rede hoekom God jou uitnooi na geloofsgewoontes. 


"The great promise of the spiritual disciplines is that they will lead us to freedom. The alternative to discipline is bondage." Dallas Willard

In die vroegste literatuur is dit vergelyk met ‘n trellis en ‘n plant. Wanneer jy byvoorbeeld ‘n grenadella plant en dit net op die grond los, sal dit beswaarlik vrug dra. Maar wanneer ek sorgvuldig ‘n trellis opsit sodat die grenadella kan rank, sal dit veel vrug dra. 


  • Trellis: Struktuur en ondersteuning deur die geloofsgewoonte

  • Grenadella: Jou geestelike reis in innerlike wêreld.

  • Vrug: Die gawe wat God aan jou gee. 

“Hierin is my Vader verheerlik, dat julle VEEL vrug dra.” 

Joh 15:8

Ont-dek


God nooi jou uit na die krag- of energieveld  van die Heilige Gees waarbinne jy getransformeer kan word. 

Ons verstaan van die wêreld en God het genadiglik oor die jare verdiep, bloot omdat die mense en aarde nog evolusionêr ontwikkel en ons deel word van groter kollektiewe bewussyn. Ons het nie nou meer die Roomse inkwisisie wat duisende mense vermoor wat skuldig is aan kettery, daar is nie Kruistogte waar Grieks Ortodokse Christene vermoor is, die voorbeelde is legio.

Ons moet stilstaan by kollektiewe bewussyn. Hier is dalk ‘n sleutel om die krag van geloofsgewoontes te verstaan. Vir ons binne die kerk, is die beste verstaan binne die lering van die Drie-eenheid. Die drie-ledige natuur van God word weerspieël in die natuur, menslike bestaan en verstand.


God is die grond van ons wese. Die Seun is die logos of woord wat struktuur en orde bring en die Heilige Gees (beteken asem of wind) is die beweging of energie wat verandering, lewe en herskepping bring. God gee in liefde aan Jesus, Jesus gee uit dankbaarheid ook weer sy liefde terug en binne hierdie wederkerige liefde ontstaan ‘n nuwe beweging van die Gees wat die liefdesgom van blydskap word. 


Sedert die vroegste tye was daar ‘n verstaan van die natuur wat bestaan het met ‘n sekere orde (Logos), maar ook kreatief beweging en verandering veroorsaak (Gees), wat alles vasgehou word deur God wat nie begrond kan word nie. Die natuur spieël ons lewe en daarom het die vroegte gelowiges die natuur as prediker herken (Ps 19:2). Later het ‘n meganiese verstaan ontstaan in die 17 de eeu waar God wel begrond en verstaan kan word en dat die rede al die verandering en beweging in die skepping kan verstaan. 


Die natuur is ook verduidelik deur wette. God was dan ook die God van rede. Die Renaissance en Romantiek het hierteen begin betoog en dit was ook nie te lank voordat die konsep van energie die beginsel en grondlegging van die beginsels in fisika geword het nie. Vooruitgang het energie nodig, hetsy die kole wat moet brand, of die windmeul wat deur die wind gedraai moet word.  Energie self is nie verantwoordelik vir die oriëntasie of vorm van  die gebeure nie maar wel van “velde” soos ‘n magneties veld met lyne. Die woorde “energie” sowel as “veld” is gelaai. Daar is geweldig baie strominge wat buite die wetenskap lê. Konsepte soos "lewenskrag", "qi" en "élan vital" bestaan al lank al en het na vore gekom uit die debat oor vitalisme in die 18de en 19de eeu. Energiemedisyne, feng shui vegkuns,  Reiki en akupunktuur is maar ‘n paar konsepte wat steun op hierdie filosofiese idees.

Dink eerder daaraan as ‘n metafoor.  Dink eerder aan hoe God teenwoordig is in die wêreld deur Christus en die Heilige Gees. Die ou paradigma van die natuurlike wêreld  wat nie-bewustelike deur materialistiese wette gedryf word, en God wat transendentaal buite die natuur is en soms inmeng, het ons groot skade gedoen.  Wanneer ons die lewe in die natuur kan erken, en ook God wat immanent ook teenwoordig is, selfs in my asem, die wind en sonlig, maak geloofsgewoontes meer sin. Dan betree ek die “kragveld” wat reeds bestaan. Dit is seker maar soos ‘n radio, wanneer ek die stasie kry, sal die musiek begin te speel! 



Ont-leer


  • Geestelike materialisme. Hoe word geloof vervang met geestelike materialisme? Dit is waar ons verstaan van die Bybel en God gereduseer word na materialisme. Ons verklaar alles in terme van breinfunksies, die fisiologiese, chemiese en die sielkundige. Daar word ook geglo dat die enigste vorm van bewussyn is in die ontwikkeling van die brein, en dan net in die mens se brein. 

  • Intellektuele afgodery. Hoe versoen ons logika met die onuitspreekbare, on ondeurgrondelike God waarmee ons te doen het? Ons oorskat die drakrag van die rede. 

  • Selfgesentreerdheid  beter bekend as “ego inflation”. Hoe kan ons toewyding en gedissiplineerdheid ook ‘n ego-spel word waar my godsdiens ‘n ekstensie word van my identiteit? 

  • Om verantwoordelikheid, emosies en gevoelens te omseil. Hoe kan geloofgewoontes gebruik word om my verantwoordelikheid te ontduik en ook my emosioneel oneerlik maak? 

Ont-moet


  • Intensie. Waarom?

  • Eenvoud. Begin klein. 

  • Plek. “It is to create space where spiritualities can be more present” R Sheldrake.

  • Metode of tegniek. Probeer verskillende gewoontes. Kyk ook na dit waarmee die Here besig is in my lewe.

  • Gemeenskap. Geestelike leiding en wysheid binne ‘n  gemeenskap.
















Comments


bottom of page