top of page

Die Vier Evangelies: Lukas


Lukas die skrywer was 'n medewerker van Paulus wat saam met hom gereis en die evangelie verkondig het (Kol 4:14). Hy het Lukas die Evangelie, asook Handelinge, geskryf. Saam vorm dié twee boeke 'n kwart van die Nuwe Testament! Hy rig beide dokumente aan "Teofilus", wat dus op die konneksie tussen die twee dokumente dui, maar nóg meer belangrik, dat die dokument aan "iemand wat vir God lief is" (Theos = God; filos = liefde) geskryf is.


Lukas se gebruik van die Griekse taal dui daarop dat hy van Griekse afkoms was. Hy is dan ook die enigste nie-Jood wat 'n evangelie geskryf het! As nie-Jood wat wel goed oor die Joodse kultuur en hulle godsdienstige verwagtinge en gebruike ingelig was, skryf hy sy weergawe van Jesus se verhaal aan ander nie-Jode. Lukas brei dus meer as die ander evangelies op Jesus as die Ou Testamentiese Messias uit om die nie-Jode wat nie binne die Joodse tradisie opgelei is nie, sommer óók daarin te onderrig.


Komende Sondag laatmiddag om 17:00 by NG Rondebosch gaan ons saam na die Evangelie van Lukas kyk deur die lens van Jesus se aankondiging van Sy voorgenome bediening:


“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

Lukas 4:18-19 AFR 1983

bottom of page