top of page

Advent: Onwrigtende Genade


‘n Ontmoeting met God is baie keer soos ‘n mot by ‘n kers. Dit beteken soms om te skrik, gebrand te voel en terselfdetyd aangetrokke te voel tot die lig. Ronnie Belcher se gedig oor Maria sê dit so mooi: My Meraai is troebel My Meraai is troebel sy loop met ’n ghoem die kerkmense skinder hul sê sy’s verdoem toe breek die water en die kind kom agterna toe hoor ek vir God sê: kom na pa Die skrik en brand is die onduidelikheid en troebel waters waarin ek vaar. Die aangetrokkenheid is God se fluistering in ons lewe. Daarom is ontwrigtings of inbrake van God geskenke vir ons. Ons natuurlike menslike reaksie van veg of vlug help ons nie eintlik nie. Josef wil vlug en maak planne om die verlowing met Maria te verbreek. Maria leer ons iets van wat Kersfees regtig beteken. Om tussen die veg en die vlug van die die lewe te gaan staan en beide vas te hou. Dit is waar God ons ontmoet. By die die kruis. Hande uitgestrek wat die goeie en slegte rower kan vashou. Etty Hillesum het haar dagboek: “An Interrupted Life” genoem. Die Bybel is so dagboek. Dit leer ons om God binne ons ontwrigtings beter te leer ken. Henri Nouwen het later in sy lewe besef dat dit die fondament is van enige volwasse geestelike werk wat ek en jy moet doen. Hy sê “I used to resent all the interruptions in my work until I realized that interruptions were my real work.” Ons gesels Sondag oor hoe Maria ons kan help om hierdie belangrike werk te kan doen.

bottom of page