top of page

Wysheid: Gebed En Werk



My oupa het altyd gesê: ‘don’t be so heavenly minded that you are of no earthly good.’

Ons lewe met ‘n spanning tussen hemel en aarde, tussen dit wat ons kan sien en dit wat ons nie kan sien nie. Ons is geneig om aparte kompartemente te bou vir hierdie kategorië in ons lewens - ons het selfs aparte ruimtes. Ons het ruimtes vir werk - ons kantoorblokke, en dan het ons ook ruimtes vir gebed - ons sondae byeenkomste.

Ons wil graag ‘n gemeenskap wees van gebed en aksie wat in heelheid leef. Hoe integreer ons dan ons aksie, of dag tot dag werk met ons spiritualiteit? Waar is die oorvleueling van gebed en werk, van roeping en beroep?

Werk is ‘n groot deel van ons lewens. Om te werk is ‘n fundamentele deel van menswees, om nuttig te kan voel en waarde by die samelewing te voeg.

Tog moet ons nie net werk vir brood wat kan muf en oud word nie, maar werk vir die brood van die lewe, die brood wat nie vergaan nie.

Om te werk en te skep is deel van God se plan, dit is ‘n gawe en nie ‘n vloek nie. Werk is ook die eerste opdrag in die Bybel; om die aarde te bewoon en te bewerk. Dit is juis om hierdie redes dat elke monastiese orde se ritme van lewe beide gebed en werk insluit. Beide is nodig vir ons om mens te wees.

Ons praat baie oor gebed by Invia, maar hoe sien jy jou werk en jou beroep as ‘n volgeling van Jesus?

Kom kuier Sondag 10:00 saam by die Protea Hotel in Stellenbosch, en die aand om 18:30 by die Old Biscuit Mill in Woodstock. Die preek in Woodstock is in engels, so bring gerus jou engels sprekende vriende saam.

bottom of page