top of page

Hy Wees. Sy Wees. Saam Wees - Deel Een: Hy Wees, Sy Wees.



Ons samelewing heg baie spesifieke gedrag en persoonlikheids trekke aan spesifieke geslagte. Deur die eeue heen word daar duidelik uitgewys wanneer ‘n man ‘n man is, en wanneer ‘n vrou ‘n ware vrou is. Ons doen dit as Suid Afrikaner, as Afrikaners, en ook as volgelinge van Jesus. Ons doen dit tot so ‘n mate dat ons hierdie trekke selfs as natuurlik en normaal beskou, en verder, selfs as God gegewe.

Wat maak ons dan met die onnatuurlike en abnormale?

Juis die ander dag vertel iemand in Invia my na die diens dat die enigste twee emosies wat hy toegelaat is as seun op koshuis was die van vreugde en woede. Die ander emosies is natuurlik net vir meisies, en in my ervaring word meisies weer alle emosies toegelaat behalwe woede, nie waar nie?

My vraag hierdie Sondag is juis rondom die kwessie van manlikheid en vroulikheid. Wat word van ons verwag as spirituele mans en vrouens, wat is ons verstaan van gender* as volgelinge van Jesus, watter rolle moet ons speel?

Kom neem Sondag deel aan die liturgie by die Protea Hotel in Stellenbosch om 10:00 en by die Old Biscuit Mill in Woodstock om 18:30.

*Afrikaans het sovêr ek weet net een woord, geslag, vir beide die konsepte sex, die geslag van die persoon of dier, en gender wat te make het met die sosiale konstruksie van manlikheid en vroulikheid.

 

Wil jy weekliks ons nuusbrief ontvang? Teken hier in

 


bottom of page