top of page

Hoe beoefen ek kontemplasie?

Kom ont-dek, ont-leer en ont-moet hoe jy kan "rus in God"...

Alhoewel dit in die afgelope eeue ander betekenisse en konnotasies gekry het, het die woord kontemplasie 'n spesifieke betekenis gehad vir die eerste 16 eeue van die Christelike era. St. Gregorius die Grote het hierdie betekenis aan die einde van die 6de eeu opgesom as die kennis van God wat deurtrek is met liefde. Vir Gregorius was kontemplasie beide die vrug van nadenke oor die Woord van God in die Skrif en 'n kosbare gawe van God. Hy het na kontemplasie verwys as “rus in God”. In hierdie “rus” kom my denke, my hart, my liggaam en my siel tuis in die (anderkant) wete dat waarna ek gesoek het eintlik was om deur God gevind te word. Gees vind rus in Gees.


“The question is not ‘How am I to know God?’

but  ‘How am I to let myself be known by God?’

And finally, the question is not ‘How am I to love God?’

but ‘How am I to let myself be loved by God?’

God is looking into the distance for me, trying to find me,

and longing to bring me back home.”

Henri Nouwen


Kom ont-dek, ont-leer en ont-moet saam hoe ons "rus in God" deel van ons alledaagse lewe kan maak.


Nader aan die byeenkoms sal hier bronne oor die onderwerp beskikbaar wees vir verdere studie en refleksie.

Vorige
Volgende
bottom of page