top of page

Waarom word oneerlikheid beloon?


God hath given you one face, and you make yourself another.

William Shakespeare, Hamlet


Ai, arme Jakob. Om groot te word met ‘n oorbeskermde ma en ‘n afwesige pa en ‘n broer wat alles is wat hy nie is nie. Mommy’s boy. Poster boy vir oneerlikheid en bedrog. Sy naam beteken letterlik “planmaker” of “hy wat verdring”. Om almal so te verneuk en om die bos te lei. Sies! Hoe kies God so skelmpie as die vader van Sy volk?


It is easy to display a wound,

the proud scars of combat.

It is hard to show a pimple.


Leonard Cohen, The Favorite Game


Wel, as hierdie nou nie retrospek was nie en Jakob het aansoek gedoen vir ‘n werk en jy was die baas wat die CV onder oë gehad het en die onderhoud moes doen, wie sou die werk kry? Die harige taktlose mankind wat nie noodwendig die skerpste potlood in die pakkie is nie of die een met die helder oë wat sy verbeelding kan gebruik, kan aanpas by omstandighede, homself soos ‘n verkleurmannetjie kan reinvent wanneer dit nodig is, genoeg daddy issues het om ten alle koste ‘n sukses te wil maak van sy loopbaan en above en beyond sal gaan om sy werkgewer te please – die planmaker? Jy skryf in jou notaboek: innoverende klein kêreltjie, aanwins, go-getter, uitstekende kandidaat.


It's discouraging to think how many people are shocked by honesty and how few by deceit.

Noël Coward, Blithe Spirit


Jy kan al sien hoe jy, saam met die ander manne jou glas weer volgooi en jou stoel uittrek om voor hierdie kêreltjie te gaan sit by een van sy troues terwyl hy sy speech maak … hoe hy jou, in plaas van sy eie pa, bedank dat jy iets in hom raakgesien het en hoe hy dan draai na sy moeder en julle hom soos een man in die rede val,

“Hy lyk vir my so baie soos tant Koek se hoenderhaan …

Kinders by dosyne, kinders by dosyne …


En vanselfsprekend gaan een van daai eiers ‘n uitskieter wees wat met ‘n technicolour dreamcoat gaan rondwandel en almal om hom irriteer … hoe meer ongelukkige kinders, hoe meer tyd in die tuig … you’ve got the job!


Genade onbeskryflik groot

Ek is die hel in

Bibber en beef die boerebedriëer

Die wêreld gaan jou haat, my seun

As jy die waarheid praat gaan hulle jou wil doodmaak


Ek skyn

Ek skyn heilig …


Fokofpolisiekar


Die verskil is dat God Jakob nie gekies het omdat hy skelm is nie, maar ten spyte daarvan. Hy het geweet dat Jakob se begeerte om geseën te word al sy ander besluite en dade beïnvloed. Hy wou op hierdie klassieke geval van mistaken identity sy volk bou. Hy wou hom nie los soos hy is en incash op al sy wonde nie, hy wou hom ‘n nuwe naam gee. Nie tydens die onderhoud nie. Veel later.


Maar kom ons verskuif ons fokus terug na die wêreld waarin ons vandag leef. Ons wonder dikwels hoekom oneerlikheid beloon word? Hoekom lyk dit asof dit goed gaan met mense wat klein bedroggies pleeg? Hulle ry die lekker karre, bly in die paleise, kry meer as een vrou (soms, soos Jakob, selfs op dieselfde tyd), gaan op vakansies – out there, living their best life … en hier sit die ander, moeg en honger na ‘n dag van eerbare werk en die planmakers gryp sy geboortereg onder hom uit.


Hulle word nie uitgevang nie! Of as hulle uitgevang word, kom hulle weg daarmee!


As die storie van Jakob en Esau (en die nadraai daarvan) een was waar Jakob deur sy familie verwerp is, weggestuur is om in die woestyn te gaan dink oor sy sondes en swaar gestraf is vir sy bose dade, sou moraliste ‘n field day gehad het met hierdie storie: Wat jy saai, sal jy maai. Eerlikheid is die beste beloning.


Maar: hierdie storie gaan nie so nie. Rebekka is glad nie kwaad vir hom nie, ou Isak vat dit eintlik nogal op die ken, niemand kry regtig vir Esau jammer nie (want as jy dom is, moet jy suffer). Al wat sleg is, is dat Jakob vir ‘n tydjie moet weggaan dat Esau eers kan afkoel. En terwyl hy weg is, gebeur daar ‘n wonderlike ding met hom. Hy kry nie ‘n nagmerrie waarin sy skuldgevoel hom jaag nie, maar ‘n droom wat hom oorweldig so mooi is dit. Geen maklike morele lessie hier te leer nie.


En toe, die ontmoeting wat sy lewe sou verander, wat om uit-die-heup-skiet laat lyk soos die veel makliker plan. Die ontmoeting wat dit eens en vir altyd vir hom huistoe bring dat “wegkom daarmee” nooit sy hunkering was nie, maar tuiskoms wel.


The darkness has faded just enough so that for the first time he can dimly see his opponent's face. And what he sees is something more terrible than the face of death-the face of love. It is vast and strong, half-ruined with suffering and fierce with joy, the face a man flees down all the darkness of his days until at last he cries out, "I will not let you go, unless you bless me!" Not a blessing that he can have now by the strength of his cunning or the force of his will, but a blessing that he can have only as a gift.


Power, success, happiness, as the world knows them, are his who will fight for them hard enough; but peace, love, joy, are only from God. And God is the enemy whom Jacob fought there by the river, of course, and whom in one way or another we all of us fight-God, the beloved enemy. Our enemy because, before giving us everything, he demands of us everything; before giving us life, he demands our lives - our selves, our wills, our treasure.

Will we give them, you and I? I do not know. Only remember the last glimpse that we have of Jacob, limping home against the great conflagration of the dawn. Remember Jesus of Nazareth, staggering on broken feet out of the tomb toward the Resurrection, bearing on his body the proud insignia of the defeat which is victory, the magnificent defeat of the human soul at the hands of God.


Frederick Buechner



En so kry die planmaker ‘n nuwe naam: Israel, omdat hy geworstel het met God. ‘n Ander poster boy vir worstel druk sy oneerlikheid so – doodeerlik – uit en daarmee saam sy eie manjifieke nederlaag:



As the ruin falls


All this is flashy rhetoric about loving you. I never had a selfless thought since I was born. I am mercenary and self-seeking through and through: I want God, you, all friends, merely to serve my turn. Peace, re-assurance, pleasure, are the goals I seek, I cannot crawl one inch outside my proper skin: I talk of love – a scholar's parrot may talk Greek – But, self-imprisoned, always end where I begin. Only that now you have taught me (but how late) my lack. I see the chasm. And everything you are was making My heart into a bridge by which I might get back From exile, and grow man. And now the bridge is breaking. For this I bless you as the ruin falls. The pains You give me are more precious than all other gains.


C.S. Lewis



- Deur Frieda van den Heever



bottom of page