top of page

Waar Is My Lewe Heen?: Tegnologie


"Machines could take 50% of jobs in the next 30 years"

Moshe Vardi, Professor of Computer Science, Rice University


Ons lewe in interessante tye. Ons is op die drumpel van die vierde industriële revolusie waar tydens die grense tussen die fisiese, digitale en biologiese wêrelde heeltemal vervaag en dalk selfs gaan verdwyn. Die revolusie is besig om te gebeur as gevolg van 'n samesmelting van kunsmatige intelligensie (AI), robotika, die Internet of Things (IoT), 3D-drukwerk, genetiese manipulasie, kwantumrekenaarkunde en ander tegnologieë.


Ons voel reeds die effek van hierdie beweging en tegnologie in ons dag tot dag lewens. Internet en sosiale media verslawing is welbekend, en wie van ons het nog nie ‘n gesprek oor ‘screen’ tyd in ons huise gehad nie?


Die vraag is, soos altyd, hoe gaan ons te werk met die vinnige tegnologiese vooruitgang as mense wat agter Jesus aanloop? Wat staan ons te doen as die mensdom? Moet ons net terugstaan en in die agtergrond verdwyn terwyl die masjiene die wêreld bestuur?


Die titel wat Jesus die heel meeste gebruik het om Homself te beskryf was die Seun van die mens, ‘n titel wat Hy intensioneel gekies het uit Daniel 7. Hierdie titel vertel van die menslikheid wat Hy as die seun van die mens kom herstel het, hoe hy as argetipe mens die eerste was, en hoe ons in Sy voetspore kan volg.


Spiritualiteit en spesifiek Jesus se spiritualiteit is eerstens menslik. Spiritualiteit nooi ons uit om juis nie verwyderd te leef van ons wêreld nie, maar eerder diep ingegrawe in ons menswees. Spiritualiteit bied vir ons geloof, hoop en liefde (1 Kor. 13:13). Wanneer ons hierdie drie fasette omhels en uitleef ontdek ons opnuut ons menslikheid te midde van tegnologie, en dan kan kan ons hopelik vanuit hierdie plek nuwe tegnologie skep en gebruik.


Kom kuier gerus saam Sondag oggend 10:00 in Stellenbosch en Sondagaand 17:00 in Rondebosch waar ons gaan gesels oor die rol van tegnologie binne in die konteks van spiritualiteit.


bottom of page