top of page

Meer as KENNIS: Hoe luister ek na Wysheid?


Ons kry nie wysheid deur iets beter te verstaan of om ‘n probleem op te los nie, maar eerder deur die vermoë te ontwikkel om diep te kan luister na dit wat ons hoor. Dan word ons wys. Die gelykenis van die saaier leer ons om te luister. Daarom sal Jesus in vs 9 sê: “Wie ore het, moet luister!”, in vs 13 “…hulle hoor maar luister nie …”, vs 14 “…sal hoor maar niks verstaan nie… “, en vs 15 hulle ore is toegedruk… “ en vs 17 “…baie het dit nie gehoor nie …” en dan in vs 18 “Luister julle dan…”. Ek kan alleen luister wanneer ek die paradokse, kompleksiteit en kontradiksies vashou. Dit is immers wat ‘n gelykenis (παραβολη) beteken: Saam (para) en gooi (bolen). Dit is om ‘n beeld saam met dit wat jy probeer verstaan te ‘gooi’, sodat jy ‘n dieper insig kan kry in dit wat jy probeer verstaan. Jesus vertel 7 gelykenisse in Matteus 13, waarvan een gelykenis leer dat die onkruid eers gehou moet word en groei voordat dit uitgetrek moet word. Dit klink amper verkeerd… Aan die einde van die gelykenisse vra Jesus die dissipels of hulle die gelykenisse verstaan? Hulle antwoord is: Ja! Ek vermoed hierdie ja, is ‘n duidelik nee by Jesus! Hy antwoord hulle in vs 52: “ Hy sê toe vir hulle: “So is elke skrifgeleerde wat 'n leerling word in die koninkryk van die hemel…”. ‘n Leerling weet reeds nie en daarom is ‘n leermeester nodig! Die uitroeptekens en die sekerheid van ons vrae beroof ons van wysheid. Jesus waarsku dat die dissipels nie verstom, of geammuseerd moet wees wanneer hulle goed ontdek of beter verstaan nie. Die woord amazed beteken: “means to stop an action already begun ” of “stop being dumfounded”. Dalk was die dissipels weer hier. Hulle het die luister dalk gestop voordat hulle die wysheid kon ontvang. Ons gesels Sondag oor hoe hierdie gelykenis ons kan leer om na die dieper waarhede van ons lewe te luister.



- Deur Theo Geyser

bottom of page