At The End Of The Year
As this year draws to its end,
We give thanks for the gifts it brought
And how they became inlaid within
Where neither time nor tide can touch them.
The days when the veil lifted
And the soul could see delight;
When a quiver caressed the heart
In the sheer exuberance of being here.
Surprises that came awake
In forgotten corners of old fields
Where expectation seemed to have quenched.
The slow, brooding times
When all was awkward
And the wave in the mind
Pierced every sore with salt.
The darkened days that stopped
The confidence of the dawn.
Days when beloved faces shone brighter
With light from beyond themselves;
And from the granite of some secret sorrow
A stream of buried tears loosened.
We bless this year for all we learned,
For all we loved and lost
And for the quiet way it brought us
Nearer to our invisible destination.
John O’Donohue
Sondag begin die laaste week van die liturgiese jaar voor Advent die begin van die nuwe kerkjaar aankondig. In die “regte wêreld” is daar nog ‘n paar weke om te gaan en ek hoor oral die moeë stemme opklink van mense wat gereed is om 2023 se stof van hulle voete af te skud …al sleepvoet aan’t slaapwandel … deur jaarbeplannings, die indien van begrotings, doelwitte … net om die lewe te oorleef.
N.P van Wyk Louw gebruik hierdie kragtige beeld in sy Feesgedig waarin hy Jesus beskryf as die “Visarendjie van God” wat in ons benoude vlees kom val het. Nie om vir ons te wys hoe om te oorleef nie – dié het selfs Hy nie (aanvanklik nie) – maar om ‘n lewe te déúrleef. Ons stap so dikwels deur ons eie lewens as ‘n toeris. Ook die geestelike reis word aangepak met paspoorte, kameras, selfiestokke en toergidse. Ons wil die monumente gaan besoek, maar mis die voetspore.
Ons gaan Sondag in refleksie en stilte terugkyk op die jaar as pelgrims, nie as toeriste nie. Waar lê God se voetspore in die jaar wat verby is? In die wag, die stilte, die stille treë waarvoor daar nie monumente opgerig is nie ...
“A monument only says, ‘At least I got this far,’ while a footprint says, ‘This is where I was when I moved again.
William Faulkner
En vir dié vir wie selfs “Stille Nag” hard en skril klink hierdie jaar – as die res van die mense sing “Jesuskind, lank verwag” en jou hele moedelose borskas dreun “moeggewag, opgewag, saggewag” …
'n Seën vir die wagkamer
Wie wag vir die einde van die nag
seën hulle.
Wie wag vir die nag om te begin
seën hulle.
Wie wag in die hospitaalkamer
wie wag in die sel
wie wag in gebed
seën hulle.
Wie wag vir nuus
wie wag vir die foonoproep
wie wag vir 'n woord
wie wag
vir 'n werk
'n huis
'n kind
seën hulle.
Wie wag vir een wat sal huis toe kom
wie wag vir een wat nie sal huis toe kom nie
seën hulle.
Wie wag met vrees
wie wag met vreugde
wie wag met vrede
wie wag met woede
wie wag vir die einde
wie wag vir die begin
wie alleen wag
wie saam wag
seën hulle.
Wie wag sonder om te weet vir wie of wat
seën hulle.
Wie wag wanneer hulle nie moet wag nie
wanneer hulle moet beweeg
wie bly lê wanneer hulle moet opstaan
seën hulle.
Wie wag vir die einde van die gewag
wie wag vir die volheid van die tyd
wie wag - leeg, oop, gereed -
wie wag vir Jou ,
seën, Seun.
(Jan Richardson - vry vertaal)
- Deur Frieda van den Heever
Comments