top of page

Josef: Hoe om nee te sê vir die moontlike...



Josef is ‘n vreemdeling in Protestantse kringe. Dit behoort ‘n mens te verstaan, want die protesteer van die Protestante teen die Katolieke kerk het veroorsaak dat vele geestelike juwele vernietig is. Almal ken die term "baba met die badwater…" , en arme Josef is een van hulle.

Josef is ‘n randfiguur in die Kersverhaal en daarom kan ons maklik ‘oor’ hom lees. Die term vader van God is nie vir hom beskore nie. Hy voldoen ook nie aan die moderne definisie van ware manlikheid nie, waar mans geobjektiveer word tot die grootte van hulle salaris, portefeuljes, akademiese kwalifikasies, super liggame en nog meer… Tog word Josef se lewe die grootste avontuur, nie omdat hy aan ons definisies van ware manlikheid voldoen nie, maar omdat hy dalk meer man is as al die stereotipes waarin die meeste mans inkoop.

Hy weet hoe om God in onsekerheid te soek en drome ernstig op te neem. Hy besluit om die verlowing te breek en dan verander hy sy voorneme. Hoe en waarom? Hy weet hoe om dinge vas te hou en dit nie uit te blaker of om Maria ‘n sondebok te maak nie. Hy ken die pad na binne en van besluite uit stilte te maak. Dit is hoe ‘n mens met onsekerheid omgaan en God se drome vir jou lewe volg. Dan word dit makliker om jou roeping bo die uitdagings van skaamte en terugslae te kies en jou lewe om jou gesin te bou en nie jou werk nie.


Not all men are called to be hermits, but all men need enough silence and solitude in their lives to enable the deep inner voice of their own true self to be heard at least occasionally. When that inner voice is not heard, when man cannot attain to the spiritual peace that comes from being perfectly at one with his true self, his life is always miserable and exhausting. For he cannot go on happily for long unless he is in contact with the springs of spiritual life which are hidden in the depths of his own soul. If man is constantly exiled from his own home, locked out of his own spiritual solitude, he ceases to be a true person. He no longer lives as a man.”

Thomas Merton






bottom of page