top of page

Hoe sê ek ja vir die onmoontlike?



Ek gesels hierdie week met iemand wat sê sy’s so moeg vir haarself: aan die een kant kry sy dit nie reg om toegewyd te leef aan haar doelwitte en dit wat sy glo betekenis in haar lewe bring nie, maar aan die ander kant het sy so ‘n rubberarm dat sy vir alles en almal ja sê. Ek dink dis ‘n redelik universele moegheid waarmee sy sit. Dis die tyd van die jaar wat almal se uithou en moed en goeie-voetjies-voorsit op hulle rims is. Dis ook enige tyd van enige jaar die uitnoding: om die ontmoetingsplekke van jou ja’s en nee’s te vind.


Die meeste van ons het al, of gaan nog, met die vraag moet saamleef: Hoe sê ek ja vir ‘n lewe wat ek nie gekies het nie? Wat ek nie voorsien het of beplan het nie. Vir ‘n lewe wat onmoontlik lyk? Vir ‘n lewe waarvoor ek nie tans die verbeeldingskrag het om nuwe visie te vind nie?


Die meeste van ons het al, of gaan nog, met die vraag moet saamleef: Hoe sê ek ja vir ‘n lewe wat ek nie gekies het nie? Wat ek nie voorsien het of beplan het nie. Vir ‘n lewe wat onmoontlik lyk? Vir ‘n lewe waarvoor ek nie tans die verbeeldingskrag het om nuwe visie te vind nie?

Maria (en Josef) het geleer om ja te sê vir ‘n lewe wat hulle nie verwag het nie. Hierdie ja is nie iets wat ons kan oproep op ons eie nie. Dis nie ‘n reaksie wat ons kan bewerkstellig bloot deur wilskrag nie. Hierdie ja maak staat op ‘n konstellasie van gawes; hierdie tyd van die jaar noem ons dit sommer “geskenke”. Party van hierdie geskenke moet ons leer om voor te vra. Ander sal ons vind sonder dat ons eens geweet het ons het dit nodig. Die engel kom na Maria toe met ‘n uitnodiging, ‘n aankondiging wat spesiaal ontwerp is vir haar, maar ook met ‘n broodnodige geskenk. “Moenie bang wees nie”, sê die engel, nes vir Josef. Terwyl sy gevra word om ja te sê vir wat lyk soos ‘n onmoontlike lewe, los die engel haar nie alleen nie. Die engel kom met die geskenk van moed. Courage wat alles te make het met die hart.


Rachel Held Evans het voor haar dood so uit die hart geskryf oor hierdie heelhartige roeping van Maria: “Perhaps it is because I am neck-deep in a season of motherhood and caretaking that I am more aware than ever of the startling and profound reality that I am a Christian not because of anything I’ve done but because a teenage girl living in occupied Palestine at one of the most dangerous moments in history said yes—yes to God, yes to a wholehearted call she could not possibly understand, yes to vulnerability in the face of societal judgment . . . yes to a vision for herself and her little boy of a mission that would bring down rulers and lift up the humble, that would turn away the rich and fill the hungry with good things, that would scatter the proud and gather the lowly, yes to a life that came with no guarantee of her safety or her son’s.


It is nearly impossible to believe: God shrinking down to the size of a zygote, implanted in the soft lining of a woman’s womb. God growing fingers and toes. God kicking and hiccupping in utero. God inching down the birth canal and entering this world covered in blood, perhaps into the steady, waiting arms of a midwife. God crying out in hunger. God reaching for his mother’s breasts. God totally relaxed, eyes closed, his chubby little arms raised over his head in a posture of complete trust. God resting in his mother’s lap. . . .


God trusted God’s very self, totally and completely and in full bodily form, to the care of a woman. God needed women for survival. Before Jesus fed us with the bread and the wine, the body and the blood, Jesus himself needed to be fed, by a woman. He needed a woman to say: “This is my body, given for you.”. . .



Maria se antwoord, “Hier is ek” kan vertaal word na die woord “Hineni” in Hebreeus. Die woord wat weer sterk op die voorgrond getree het in forums na Leonard Cohen se aangrypende “You want it darker.” ‘n Woord wat veel meer beteken as die antwoord op ‘n roll call in ‘n registerklas. Dit beteken nie net ek is teenwoordig nie; dit beteken ek is gereed. Ek gee gehoor en ek antwoord. Ek is hier om te dien. Toe hy in ‘n onderhoud daaroor gevra is, het hy so geantwoord:


“That declaration of readiness, no matter what the outcome, that’s a part of everyone’s soul. We are all motivated by deep impulses and deep appetites to serve, even though we may not be able to locate that which we are hoping to serve. So this is just a part of my nature and I think everybody else’s nature to offer oneself at the critical moment when the emergency becomes articulate. It is only when the emergency becomes articulate that we can locate that willingness to serve. [pause] That’s getting too heavy. I’m sorry. Strike that!”


Gelukkig het die joernalis dit nie geskrap nie, want Cohen het ons her-inner dat almal diep binne-in hulle weet – en selfs meer: ‘n hunkering het – om geroep te word, vir ‘n taak of ‘n rol.


En ons, wat glo dat die Woord vlees geword het – dat die Woord weerloos geword het deur te wag op die woord van ‘n tienermeisie – kan vertrou dat as ons ons woord gee vir die onmoontlike, die Woord die onmoontlike kan laat gebeur. God vra nie iets wat jy nie het nie, nie iets wat jy nie is nie, nie van jou om meer te weet nie, net met meer van jou. Om uiteindelik die lewe te leef wat werklik joune is.


Blessing of Courage


I cannot say where it lives, only that it comes to the heart that is open, to the heart that asks, to the heart that does not turn away.


It can take practice, days of tugging at what keeps us bound, seasons of pushing against what keeps our dreaming small.


When it arrives, it might surprise you by how quiet it is, how it moves with such grace for possessing such power.


But you will know it by the strength that rises from within you to meet it, by the release of the knot in the center of your chest that suddenly lets go.


You will recognize it by how still your fear becomes as it loosens its grip, perhaps never quite leaving you, but calmly turning into joy as you enter the life that is finally your own.


Jan Richardson




bottom of page