God met ons - Alma-gtig Mater



Love is like a fire. It rises perpetually upward, yearning to be absorbed at its very center... And so the soul will be called, and so shall she be, God by participation.

Saint John of the Cross - "Dark night of the soul"

Ons begin Sondag 'n nuwe reeks oor die Heilige Gees. Het jy al ooit gewonder hoekom Christus nie sy Gees oordra tydens sy aardse lewe nie, maar eers na sy dood en opstanding? In Joh. 16:7 sê hy: "Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur." Ek het al baie gewonder hoekom Jesus nie kon bly om sy (eie) werk klaar te maak nie. In stede daarvan, belowe hy die Gees aan sy volgelinge terwyl sy hele missie lyk of dit kan afstuur op rampspoed.


"The future does not seem bright, his followers will be persecuted. The Master is about to leave without having finished hardly anything while almost abandoning his disciples. The people have abandoned him because it has become too risky to follow him; the synagogue declares him a heretic, indeed blasphemous; the political representatives despise him; and his "own" do not understand him. He has not left them anything durable, no institution; he has neither baptized nor ordained, much less had he founded anything. He has left both the Spirit and himself as a silent presence in the Eucharistic act. He has sent his disciples as lambs among wolves and refuses to change tactics even at the end; wolves are still roaming about. He promises his followers only one thing: the Spirit."

Raimon Panikkar


"Dit is goed dat ek julle verlaat", want anders sou ons hom 'n koning gemaak het - 'n afgod, 'n idol - of ons sou hom probeer giet het in graniet, konsepte, intellektuele houers. Ons sou sy lering 'n sisteem gemaak het, hom gevange gehou het binne-in ons eie kategorieë. Ons sou die Gees versmoor het ... En dit klink nie onbekend nie, nie waar nie? Hoe is dit anders as wat ons in elk geval met Jesus aangevang het ... wat net beduidend is op hoe min ons staatmaak op die krag van die Gees - God met ons.

So Jesus het geweet dis goed om te gaan, dat hy nie gekom het om te bly nie, maar om te bly in ons in die mees volmaakte vorm, nie as 'n min of meer welkome gas wat vreemd is vir ons nie, maar in ons binneste. In ons eie wese. Grond van ons wese. En dis ook die betekenis van die Nagmaal wat ons Sondag saam gaan gebruik. Dis die werk van die Gees en Christus se ver-een-sel-wiging met ons: "Ek is met julle al die dae, tot aan die voleindiging van die wêreld."


Sy vertrek dui nie op God se afskeid van die wêreld nie, maar op die vrylating, die verlossing - die release - van God in die wêreld. ONS moet nou die inkarnasie, die beliggaming - die Woord wat vlees word, voortsit. Om die Woord toe te laat om wortel te skiet in ons, om lyf te kry in ons. Die inkarnasie is nie klaar nie; dit is nog nie volkome nie, want dit moet tot volheid kom in ons.


Dit dan, 'n baie lang inleiding tot dié spesifieke gedaante van die Gees waaroor ek Sondag wil gesels.

Julian van Norwich het God as Vader en Moeder aangespreek. Dit was uiters gewaagd vir haar tyd. En as ons kyk na die debakel (wat klink soos tabernakel) onlangs in ons eie land waartydens 'n jong dominee verwys het na God as 'n Hy of 'n Sy en 'n ander dominee heftig op Facebook reageer het daarop en 'n herrie ontketen het oor die vermetelheid om God as vroulik aan te spreek, dan vermoed ek dis dalk nog steeds gewaagd om God as Vader en Moeder aan te spreek.


Institutional Christianity, which has nurtured Western civilization for nearly two thousand years, may have been built over a gigantic flaw in doctrine: the denial of the feminine.

Margaret Starbird


En dis nie net vroue wat hierdie gewaarwording nodig het of ontvang het nie.

Augustinus skryf in sy bekende "Confessions":

"I will not be turned away until out of this scattered and disordered state you gather all that I am into the peace of her, the MOTHER MOST DEAR."


Krister Stendahl, toe hy destyds dekaan van Harvard Divinity School was, het in 1973 in 'n toespraak gesê: "The masculinity of God, and of God-language, is a cultural and linguistic accident." Is dit verregaande of is dit nog nie ver genoeg nie? Dis die vraag.


Matthew Fox skryf: "Mans wat opgeneem is in 'n patriargale wêreld is baie geneigd tot selfbejammering. Die rede daarvoor is dat ware medelye, of meelewing, 'n moederlike ding is. So as mans nie die Moeder in hulleself gaan eien nie (die Hebreeus vir medelye is dieselfde as baarmoeder), dan gaan hulle vir altyd soek na 'n surrogaatmoeder wat sal voed en versorg. Die ironie is dat die kuur vir selfbejammering outentieke bemagtiging is en vir mans beteken dit die ware krag van medelye, van compassion. Mans moet hulle moederlike kragte van voeding en versorging herontdek, 'n teenwoordigheid vir hulleself, stilte (daai soort wat 'n ma het as haar kind in die moeilikheid is: intuïsie en stilte voor vra), 'n ma se empatie en ferm dissipline - 'n patriargale uitkyk verhoed mans om genees te word van selfbejammering.


Die genesing lê in mans wat gees van die Moeder binne-in hulself vind. Net soos die genesing vir bitterheid in vroue is om die Vader binne-in hulle te vind, 'n manier om woede en sterk passie uit te druk, binne-in hulself. Miskien was dit wat werklik agter Jesus se sterk standpunt gelê het: as jy nie jou pa en jou ma verlaat nie, kan jy nie agter my aankom nie - volwasse gelowiges moet leer om hulleself te "vader" en te "moeder" as hulle wil groei in die tipe meelewing wat Jesus voorstel.


Yet it was I who taught Ephraim to walk, I who took them up in my arms; but they did not know that I healed them. I led them with cords of human kindness, with bands of love. I was to them like those who lift infants to their cheeks. I bent down to them and fed them.”

Hos. 11:3-4


Mother Wisdom Speaks

Some of you I will hollow out. I will make you a cave.

I will carve you so deep the stars will shine in your darkness.

You will be a bowl. You will be the cup in the rock collecting rain.

I will hollow you with knives.

I will not do this to make you clean. I will not do this to make you pure.

You are clean already. You are pure already. I will do this because the world needs the hollowness of you.

I will do this for the space that you will be.

I will do this because you must be large.

A passage. People will find their way through you.

A bowl. People will eat from you.

And their hunger will not weaken them to death. A cup to catch the sacred rain.

My daughter, do not cry.

My son, do not be afraid.

Nothing you need will be lost. I am shaping you.

I am making you ready. Light will flow in your hollowing.

You will be filled with light.

Your bones will shine.

The round open center of you will be radiant. I will call you brilliant one.

I will call you daughter who is wide. I will call you son who is transformed.


Christine Lore Weber