God MET ons


“En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat vol van die Vader kom – vol van genade en waarheid.” (Joh. 1:14)

Debbie Blue skryf so oor hierdie bekende woorde:

“The Word became flesh” is God acting, God reaching. It reveals the lengths God is willing to go in pursuit of humanity, and it reveals an intimate, passionate, and vulnerable pursuit. The Word enters the darkness in order to bring light.

Jesus Christ isn’t God standing back, beckoning fools to get out of their big and loud and stinky vehicles; Jesus is God climbing in the seat beside the fools and remaining there for the duration of the ride. The Word become flesh isn’t God giving up and turning away in disgust when God sees the people eat their third meal of the week from McDonald’s; it is God joining them for the meal. Instead of God protecting God’s good reputation, remaining above all the futility of the human race, instead of God maintaining good taste and impeccable manners, in Jesus we see God entering life as we know it. It looks foolish. But it reveals, perhaps, something about how God feels about us. It was always in God’s heart to give up glory and power in order to achieve union. In the story John tells, wisdom plays the fool in order to be with us. The story of the Word become flesh is the story of God with us in an incredibly vulnerable way."

Aan die begin van enige nuwe ding - 'n nuwe roetine, of bloot 'n geforseerde verandering - soos hierdie tyd in isolasie, is daar nog so vreemde opgewondenheid al gaan dit gepaard met vrees of irritasie. Na so week of so, begin die realiteit inskop en krap ons lekker aan mekaar en aan onsselwers. Net so kan mens se gesprekke met God en oor God aan die begin nog vol begrip wees: ons verstaan dat hierdie virus nie U skuld is nie en dat dit miskien die natuur se manier is om natuur-lik te herstel en ... watookal jy glo of onbewustelik inkoop in. Dis nou as mense nog net sterf in ander lande en jy en jou geliefdes nog ver voel van die voorste linies in hierdie "oorlog". Maar as die ding naby voel en huis toe kom, wanneer die randomness real word, word die gesprekke met God dalk ook anders.

En jou prentjie van God, soos ons weet, beïnvloed hoe jy kyk na alles anders. As God vir jou bloot net 'n Almagtige Masjien is wat iewers daar bo sit en toutjies trek om ons, die marionette, te laat dans, dan gaan jy die lewe so bekyk. Of as jou hele teologie geskoei is op Christus se opstanding en jy sy lewe en sy dood gerieflikheidshalwe opsy skuif. Dan gaan jy, wanneer hierdie Almagtige Masjien, nie sake in eie hande neem en die wêreld woerts-warts regruk nie, dit of self probeer doen of jou geloof heeltemal verloor.

As jy egter die weerloosheid van God - wat Homself openbaar in 'n baba, in brood, in wyn, in pyn - kan vashou saam met die opgeblase res, dan word die lewe gevul met veel groter betekenis. Dan weet ons dat daar sekere goed is wat God nie kan doen nie: Hy kan Homself nie verraai nie, Hy kan nie ophou liefhê nie, Hy kan nie die beker laat verbygaan nie (Jesus in Getsemané).

En dan openbaar Hy Homself aan ons IN ons realiteit, dan word die Woord werklik vlees en kan ons Hom onomwonde Immanuel noem. God MET ons.

Hoekom is dit vir ons makliker om die Almagtige God op 'n afstand te hou as wat dit is om toe te laat dat die weerlose Here ons vashou?

"O God from whom we flee, whose stillness is more terrible than earthquake, wind, or fire, speak to our loneliness and challenge our despair: that in your very absence we may recognize your voice, and wrapped in your presence we may go forth to encounter the world, in the name of Christ."

Janet Morley (All desires known)

Geloofsgewoonte vir die dag:


Die merkwaardige Joodse vrou, Etty Hillesum, wat in die Tweede Wêreldoorlog dood is se dagboeke en briewe was vol van gedagtes wat amper ondenkbaar blyk te wees, gegewe haar omstandighede in die konsentrasiekamp. Sy skryf:


"Ought we not, from time to time, open ourselves up to cosmic sadness?

I am in Poland every day, on the battlefields. I am with the hungry, with the ill-treated and the dying, every day. But I am also with the jasmine and with that piece of sky beyond my window."


In hierdie meelewing met alles en almal wat swaarkry en sterf, het Etty 'n onuitspreeklike - byna skandalige - liefde vir die lewe ontdek.


Spandeer vandag 'n paar oomblikke saam met iets of iemand anders. Jou hond, 'n plant of as jy saam met ander mense bly, dalk een van hulle. As julle 'n gesin is, sit in 'n sirkel en hou mekaar se hande vas. Dit hoef nie lank te wees nie, maar wees ten volle teenwoordig (en ook, teen-woordig, sonder woorde).


Skenk al jou aandag aan hierdie lewende wese by wie jy sit. Voel hoe dit voel om alles van hierdie wese in te neem en dit met deernis te aanskou. Elke keer as jou gedagtes dwaal na iets anders behalwe hierdie wese, bring dit sagkens terug. Bestudeer hierdie wese met die teleskoop van jou hart - nie om te oordeel of te kritiseer of te probeer oortuig van jou liefde nie, maar om in te neem. Om MET hierdie wese - hierdie kind, hierdie mens, hierdie hond, hierdie kat, hierdie plant, te wees. Aandag IS liefde.


Gedig


Kindness

Before you know what kindness really is

you must lose things,

feel the future dissolve in a moment

like salt in a weakened broth.

What you held in your hand,

what you counted and carefully saved,

all this must go so you know

how desolate the landscape can be

between the regions of kindness.

How you ride and ride

thinking the bus will never stop,

the passengers eating maize and chicken

will stare out the window forever.

Before you learn the tender gravity of kindness,

you must travel where the Indian in a white poncho

lies dead by the side of the road.

You must see how this could be you,

how he too was someone

who journeyed through the night with plans

and the simple breath that kept him alive.

Before you know kindness as the deepest thing inside,

you must know sorrow as the other deepest thing.

You must wake up with sorrow.

You must speak to it till your voice

catches the thread of all sorrows

and you see the size of the cloth.

Then it is only kindness that makes sense anymore,

only kindness that ties your shoes

and sends you out into the day to mail letters and purchase bread,

only kindness that raises its head

from the crowd of the world to say

it is I you have been looking for,

and then goes with you everywhere

like a shadow or a friend.

Naomi Shihab Nye

(Words From Under the Words: Selected Poems)

Herhaalgebed:

U - Woord - het vlees geword

Sodat ek - vlees - ook Woord word

Geskryf deur Frieda van den Heever

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

Stellenbosch:

 

Theo Geyser | Spanleier: InVia Gemeente

 

Wilma Enslin-Geyser | Kids@Invia | Enneagram | Finansies | Kinderhuise

Francois van der Merwe
| Musiek en Kreatiwiteit | Viridis | Tegnologie

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Anelle Erasmus | Sekretaresse

Kantoor: inviagemeente@gmail.com021 882 8339

Kaapstad:

Pierre du Plessis | Kampusleraar: Kaapstad

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Kantoor: inviakaapstad@gmail.com

Alle regte voorbehou © InVia Gemeente 2020 |  ONDERSTEUN INVIA