In 2020 maak die film Parasite geskiedenis en wen 4 Oscars waar Bong Joon Ho ook bekroon word as beste regisseur. Die ou veterane soos Martin Scorsese and Quentin Tarantino moes buig voor ‘n nuwe nuwe filmkoning. Bong Joon Ho bou sy storie om twee families. ‘n Pa, Kim Ki-teak, wat werkloos is, sonder ‘n plan, bietjie lui maar is oneindig lief vir sy vrou en sy kinders. En dan ‘n ander familie en waar die pa, Park Dong-ik ‘n uiterse suksesvolle sagteware entrepreneur wat baie hard werk, maar sukkel om ‘n emosionele band met sy kinders te hê. Die film gryp die verbeelding van die wêreld aan, bloot omdat dit die vrees aanspreek van soveel pa’s wat óf voel hulle het dit nooit gemaak nie en ander wat so hard moet werk en hulle familie die prys vir sukses moet betaal.
Hy wys op die paradoks waarmee elke pa sukkel. Te veel liefde en te min werk of te veel werk en te min liefde. Te veel liefde met min struktuur, dissipline, grense, en vooruitskouing. Of, net struktuur, werk, roetine en sonder die teenwoordigheid van ‘n diep liefde.
Argetipes kan ‘n mens help om dit beter te verstaan. Elke pa het Lover en die Warrior in hom. In die film Parasite is die een pa slegs die Lover en die ander een slegs die Warrior. Dit is ook ons probleem. Ons ouers sukkel ook om beide te modelleer en baie keer is dit die donker Lover of Warrior wat aan kinders gegee word. Hoe dikwels val ons tussen luiheid of oorwerk, liefde en woede, selfbevrediging of masochisme, of kyk na die gemeenskap, maar nie na onsself nie. Die titel is briljant want sinspeel op dit wat beide gesinne word. ‘n Ongesonde selfgesentreedheid, 'n parasiet. Die enigste liefde waarvoor ek veg, is vir myself.
Ons gesels Sondag oor die Luk. 15 wat ‘n mens amper moet praat van die twee verlore seuns. Die een is ‘n Lover en die ander ‘n Warrior en beide verloor hulle verhouding met hulle pa. Ons kyk na hoe God vir beide gee wat hulle nodig het. Dit kan ‘n ongelooflike gawe wees wanneer pa’s so na hulle kinders kyk.
- Deur Theo Geyser