top of page

Aandag!



In Prediker 3, wat ook die bronteks is vir die bekende “Turn! Turn Turn! (The Byrds) lees ons die volgende woorde:


Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd…

Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die ewigheid in die mensekinders se harte gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.


Hierdie verse spreek die hart van die dilemma van menswees aan. Of dit wat ons dikwels beskou as die kern daarvan. Ons het die ewigheid (die Goddelike) en die tyd (die menslike) in ons. God het die ewigheid in ons harte geplaas (sodat ons nooit heeltemal tevrede sal wees om net binne tyd te leef nie), maar dan ook vir ons lekker liggame met velle gegee wat honger en dors en moeg raak en net 24 uur ‘n dag het, nie op twee plekke gelyk kan wees nie en nie die 8 biljoen ander lewenservaringe kan hê wat ek nie het met my een lewe nie. Maar as wat as dit nie ‘n fout is nie? Nie ‘n val nie? Wat as hierdie frustrerende reëling presies die regte kondisies is vir die uitdrukking van iets wat op geen ander manier uitgedruk sou kon word nie?

Cynthia Bourgeault vra die vraag:

Suppose there is some quintessence of the divine heart that can reveal itself only under these conditions, only when thus tensioned, like a cello string pegged between heaven and earth, like a cello string pegged between heaven and earth? And if so, what might this quintessence be? What if it is love?

Mary Oliver se gedigte is altyd vol van hierdie spanning en meestal die vrede binne daardie spanning: Sy begin met die oneindige vrae, gaan kyk dan aandagtig na ‘n ander eindige wese, skenk haar volle aandag aan hierdie sprinkaan, val in die gras, kniel haar neer in die gras, gaan stap deur die velde, besin oor die dood wat uieindelik en altyd te vroeg kom en vra dan die vraag: Wat beplan jy om met jou een wilde, kosbare lewe (wat bestaan uit omtrent 4000 weke, as jy 80 gaan haal) te doen?


The summer day


Who made the world?

Who made the swan, and the black bear?

Who made the grasshopper?

This grasshopper, I mean —

the one who has flung herself out of the grass,

the one who is eating sugar out of my hand,

who is moving her jaws back and forth instead of up and down—

who is gazing around with her enormous and complicated eyes.

Now she lifts her pale forearms and thoroughly washes her face.

Now she snaps her wings open, and floats away.

I don't know exactly what a prayer is.

I do know how to pay attention, how to fall down

into the grass, how to kneel down in the grass,

how to be idle and blessed, how to stroll through the fields,

which is what I have been doing all day.

Tell me, what else should I have done?

Doesn't everything die at last, and too soon?

Tell me, what is it you plan to do

with your one wild and precious life?


Mary Oliver



Aandag het so ‘n gonswoord geword en ons gebruik dit meestal in verband met aandagafleibaarheidsindroom en dan meestal in kinders. As ons die volgende in gedagte hou, word dit veel meer as ‘n diagnose en ly meeste van ons eintlik daaraan:


Jou aandag is nie net een van die stukke gereedskap wat jy gebruik om jou lewe te leef nie; in ‘n sekere sin IS aandag jou lewe. Jou ervaring van “om lewendig te wees” bestaan uit niks anders as die som van alles waaraan jy aandag skenk nie. Aan die einde van jou lewe, as jy terugkyk, watookal jou aandag getrek het – van oomblik tot oomblik – is eenvoudig wat jou lewe sou beslaan. Die bestaan van baie goed hang daarvan af of kan bevraagteken word, as jy nie aandag daaraan gee nie. Het jy werklik ‘n vriendskap as jy eintlik nooit daaraan dink of aandag daaraan gee nie? Het jy werklik ‘n probleem as dit nooit jou bewustheidsveld betree nie? En as aandag, in hierdie sin, die stof is waarvan ons lewe gemaak is, volg dit logies dat enigiets wat hierdie stof wegneem, enigiets wat ons aflei van hoe ons hierdie aandag – hierdie lewe – leef, stukkies van ons lewe neem. So as jy aandag gee aan iets, gee jy jou lewe … of sagter gestel in Engels: “If you are paying attention to something, you really are paying with your life.” (Oliver Burkeman, wat die boek 4000 weeks – Time Management for Mortals geskryf het)


Dis interessant hoe verskillende mense in verskillende lande die “doen” van aandag beskryf. In Engels betaal jy daarvoor (want dis kosbaar). In Spaans leen jy dit (want jy soek dit terug). In Frans maak jy dit (want anders was dit nie daar nie). In Rusland, draai jy dit. In Viëtnam kyk jy dit. In Finland heg jy jou aandag en in Afrikaans (soos in Duits) skenk of gee ons dit. In Hebreeus beteken dit letterlik “sit jou hart op iets”, so in die Bybel is dit grootliks ‘n hartsaak en nie ‘n kopdoktertoestand nie.

Die Latynse wortel vir aandag kom van die woord “attendere” wat beteken om jou uit te rek of uit te strek. Later het die betekenis van “behou” bygekom wat verder omvorm het tot “om jou met sorg toe te wy”.

Waar jou skat is, daar sal jou hart wees. Of soos die Message-vertaling sê: The place where your treasure is, is the place you will most want to be, and end up being.

Matt. 6:21 MSG

Ek dink die rede hoekom dit so moeilik is om aandag te skenk, om besluite maak en om FOMO te vervang met JOMO is omdat ons sukkel om ons oneindigheid en eindigheid te vereenselwig met mekaar. Om jou aandag te skenk aan iets of iemand wat regtig vir jou saak maak bring jou op onvermydelike wyse in kontak met jou eindigheid. Jy word onderwerp om oor te gee aan sekere feite oor die realiteit en jou beperkte beheer oor realiteit – miskien gaan die projek of die verhouding nie perfek wees nie (dit gaan definitief nie voldoen aan jou perfeksionistiese idees daarvan nie), miskien gaan jy ‘n sperdatum mis en iemand teleurstel wie se goedkeuring jy soek, maar om enigiets te begin wat werklik vir jou saak maak, moet jy jouself onderwerp aan die onbeheerbare onsekerheid wat skepping is. Dis g’n wonder dat dit makliker is om eerder weg te kruip of afleiding te soek nie. Die ongemak daarvan om onsself te gee aan betekenisvolle aktiwiteite is net deel van die ervaring daarvan om ‘n eindige, sterflike mens in ‘n liggaam te wees wat ‘n geesvervulde lewe wil lei.


Heelheid word gebore uit die aanvaarding van die konflik tussen die menslike en die Goddelike in die psige.

- Helen Luke


En Jesus (wat ook hiermee moes saamleef) herinner ons in Matteus 6:


What I’m trying to do here is to get you to relax, to not be so preoccupied with getting, so you can respond to God’s giving. People who don’t know God and the way he works fuss over these things, but you know both God and how he works. Steep your life in God-reality, God-initiative, God-provisions. Don’t worry about missing out. You’ll find all your everyday human concerns will be met. Give your entire attention to what God is doing right now, and don’t get worked up about what may or may not happen tomorrow. God will help you deal with whatever hard things come up when the time comes.



- Deur Frieda van den Heever

bottom of page