top of page

Skink Die Beker



‘I hold my heart as a gourd filled with love, ready to pour on humanity’

Jessica Powers

Die bekende teoloog Marcus Borg vertel hoe God se hoofeienskap dwarsdeur Bybel, deernis is. God gee om vir Sy mense. Nadat Adam en Eva gesondig het, het God gevra, ‘waar is julle?’ nie, ‘wat het julle gedoen?’ nie en toe maak Hy vir hulle klere.

Dit is hierdie eienskap van God wat ons vul. Jesus se lewe was gekenmerk deur deernis vir dié rondom Hom, die rykes en die armes, die binnekring en die buitekring.

Dit is wanneer ons hierdie liefdesblik van God op ons voel, dat ons gevul word met dieselfde deernis. 

Soos Jesus vir die vrou by die put vertel het dat lewende water by haar sal uitvloei, so is dit ook met ons elkeen. Ons word nie bloot gevul sodat ons ‘n deksel op ons beker kan sit en dit mooi kan bêre nie. 

Ons word gevul sodat ons dit kan uitgiet. 

Ons word gevul sodat die wêreld die liefde van God deur ons kan ervaar. Lewende water is water wat vloei, wat geskink en gedrink word.

Ons word genooi deur God se liefde om in aksie oor te gaan. Hierdie aksie kan wees om soms net by mense te wees, saam in hulle seer en pyn. Dit kan wees om iets te doen, iets te bou, of iets te verander in die wêreld. Die uitgiet kan ook wees om ‘n nodig ontvanger vir mense se stories te wees. ‘n Oor wat sal luister, ‘n skouer vir iemand om op te huil, of arms wat iemand kan omhels.

Kom kuier saam hierdie Sondag by Stellenbosch in die Protea Hotel in Stellenbosch om 10:00 en die aand by NG Rondebosch om 18:30. Daar is ook kinderaktiwiteite by die Kaapstad diens vir jong kinders.

bottom of page