top of page

Advent: Uit Liefde Aan Mense Gelyk



Advent begin hierdie jaar 2 Desember, maar ons hou Sondag al ons Kerssangdiens by InVia. Die dag en datum waarop Jesus gebore is, is nie seker nie - dit is wel redelik seker dat dit nie 25 Desember was nie. Advent is ’n naam vir die seisoen op die kerkkalender voor Kersfees. Advent beteken letterlik “aankoms”. Dis ‘n tyd waarin die volgers van Christus wêreldwyd doelbewus gereed maak vir Kersfees. Nie as ‘n blote datum nie, maar as ‘n daad. ‘n Daadwerklike realiteit. Wat steeds afspeel.

“Ja kom, Here Jesus, kom.”

Die woorde waarmee die Woord eindig. Die finale woorde van die Bybel. Dit maak ons hele lewe en die lewe van die kerk een groot “advent”. Advent is altyd, tot die einde van dae. Jesus het sy eie boodskap identifiseer met wat hy genoem het die koms van die “koninkryk van God”, terwyl ons dikwels tevrede is met die soet koms van ’n baba wat niks van ons vra in terme van oorgawe, ontmoeting of ware eenwees, opregte Liefde en vernuwing nie.

"Advent is an abrupt disruption in our 'ordinary time'...an utterly new year, new time, new life. Everything begins again..." While the world around us wraps up another year hoping for increased consumer spending and waiting for annual reports on profits, the church has already stepped into a new time, to begin a season of hoping and waiting for something of much greater significance than profits or spending: Advent invites us to awaken from our numbed endurance and our domesticated expectations to consider our life afresh in the light of new gifts that God is about to give"

"Advent is a season of longing for Christ. We travel back in time to wait alongside those who lived before Christ came, and we sit in the present time to wait with the world for Christ who is still coming. We notice the brokenness of this world and the jagged edges of ourselves, and allow ourselves to anticipate the Saviour who is coming to make us whole."

Walter Brueggemann

Ons gaan Sondag hierdie momentele, allesveranderende gebeurtenis (ongeag die datum) vier en saam gedenk met woord en musiek. Kom deel gerus daarin. 10:00 by Protea Hotel in Techno Park, Stellenbosch en 18:30 in die 127-jaar oue kerk van NGK Rondebosch (2 Derry Road).

bottom of page