top of page

In Liefde Gemaak: Seks



La petite mort - die klein dood. Dit is die Franse uitdrukking om ‘n orgasme te beskryf (en nogal akkuraat beskryf in meer as een opsig).

Ons plaas baie hoë verwagtinge op seks. Ons wil hê dit moet ons bonatuurlike plesier gee, ons behoeftes vervul en ons vir ‘n oomblik van onsself laat vergeet. Aan die ander kant is ons bang vir die weerloosheid, die intimiteit, die moontlikheid van seerkry, verwerping of manipulasie. Na beide kante toe sterf ons ‘n klein dood.

Ons lewe in ‘n seksbehepte samelewing, om die minste te sê. As ons soeke na heelheid in ons seksualiteit tog net op dieselfde vlak was as ons beheptheid daarmee, dan was ons samelewing dalk op ‘n baie beter plek. Soos in alle aspekte van ons lewe word ons uitgenooi na heelheid, ook in ons liggame en ons seksualiteit. Ons word uitgenooi na reinheid. Terwyl reinheid dalk beelde oproep van kuis tannies en frustreerde ooms, het reinheid meer te doen met waarheid. Die gesonde, heel uitdrukking van jou ware self.

Daar word gesê dat die waarheid nooit voor die kansel gespreek word nie. Wanneer ons daar staan en ewige trou beloof, uiter ons nie ‘n woord van ons verwagtinge nie. Ons verwag dat die ander persoon konstant aan ons behoeftes moet voorsien. Selfs nog meer as dit verwag ons dat ons een word met mekaar, dat die ander persoon al my wonde sal genees en die elikser is vir my lewe.

Die vraag is: hoe gaan ons om met omgang? Hoe verstaan ons die plek van seks in ‘n verhouding? Wat is ons verwagting daarvan?

Kom luister Sondag oggend na Theo om 10:00 by die Protea Hotel in Stellenbosch, en na Pierre om 18:30 by die Old Biscuit Mill in Woodstock.

bottom of page