top of page

Wilma Enslin-Geyser

Enneagram | Finansies | Kinderhuise

Wilma is op 10 Februarie 1970 in Boksburg gebore waar sy bevoorreg is om as deel van ‘n baie hegte gesin ‘n gelukkige en eenvoudige kinderlewe te hê. As tiener het Wilma ‘n sterk passie vir die kerk, maar gaan studeer eers B Comm by Potchefstroom Universiteit op aanbeveling van haar pa. Hierna betree sy die onderwys waar sy vir ‘n paar jaar Rekeningkunde gee by ‘n hoërskool in Pretoria, en eindelik deeltyds met haar teologiese studies begin by RAU. Sy voltooi haar M.graad by RAU.

 

Haar eerste aanstelling as predikant is by Randburg Gemeente, tans bekend as Mosaïek, waarna sy onderskeidelik in Minneapolis, VSA,  asook by Alberton Lewenssentrum werk saam met haar broer, Andries Enslin. In 2002 verhuis sy na die Kaap om as predikant by Stellenbosch Gemeente te werk. In 2006 trou sy en Theo Geyser en in 2008 is hul seuntjie, Lucca, gebore.

 

In 2011 het Wilma voltyds by InVia aangesluit. Sy is passievol oor die Enneagram, kinders en stilte.

bottom of page