top of page

Hilke Erasmus

Sekretaresse

Hilke het in Stellenbosch grootgeword en keer in 2013 na 2 jaar oorsee en 15 jaar in Johannesburg terug om in Somerset Wes te bly. Sy is getroud met Renier en het 2 kinders; Ruan en Carla. 

 

Sy voel haar roeping is om ander te ondersteun om hul potensiaal in die oomblik raak te sien en dan op 'n reis te gaan om dit verder te laat groei.  Sy was vir amper 18 jaar betrokke by MES ( Mould Empower Serve) waar sy die voorreg gehad het om op verskeie maniere ( met kliënte, op bestuursvlak en met donateure) haar roeping uit te leef.

 

Hilke het in 2016 besluit om af te skaal sodat sy meer beskikbaar kon wees vir haar kinders ( Carla het met hoërskool begin )en so het 'n 5 jaar reis van verdere self-ontdekking begin. 'n Losblaar tee besigheid ( Dandelion Handcrafted Tea)  het die lig gesien en bied vir haar 'n plek om haar kreatiwiteit en liefde vir kruie en gesonde lewenstyl uit te leef. Tans is sy besig om te kwalifiseer as 'n TRE ( Tension and Trauma Release Exercises) praktisyn. 

 

Sy sluit in 2021 deeltyds by die InVia span aan. Haar werk as sekretaresse by Invia, bied haar 'n verdere geleentheid om weer langs personeel te kom en 'n ondersteunende rol te speel. Dit is vir haar 'n voorreg om deel van die span te kan wees. 

 

Sy geniet die natuur, kuiers met familie en vriende, roadtrips saam met Renier en stilte.

bottom of page