top of page

Frieda van den Heever

Liturgie | Prediking

Frieda is op 21 Maart 1981 in Stellenbosch gebore, woon as kind lank in Namibië, en verhuis uiteindelik na Springbok in Namakwaland, waar haar ouers steeds bly.  Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch, toer daarna twee jaar saam met C# (13th Floor) en begin drama studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.  Sy voltooi haar M.graad in kabaret en doseer deeltyds by verskeie tersiêre inrigtings terwyl sy vryskutwerk doen as musikant, stemkunstenaar en aktrise. 

Frieda is vanuit die staanspoor by InVia betrokke en sluit haar voltyds by die personeel aan om as leraar, liturg en kreatiewe musieklike op te tree in Mei 2012.

Sy woon in Boston en is op haar gelukkigste as sy saam met haar familie by McDougallsbaai aan die Weskus kan rus, of klavier speel en musiek maak asof daar geen haas is nie. 

Sy staan in verwondering voor die lewe van Christus, teologie as proses, die misterie van klank, die nuutste uitvindings aangaande kwantumfisika, kontemplasie as wetenskap van die liefde en die ewig onbereikbare, dog so tasbare fenomeen van heelheid.  Sy beskou haar roeping as leraar, kunstenaar en bowenal – mens – as dié van “connecting the dots”.  Om verbande te help sien te midde van ooglopende gebrokenheid en skeiding.  Om die kosmos uit die chaos op te diep … te laat wees.

bottom of page