top of page

Deon Meiring

Hoƫrskoolbediening

Deon word groot in Humansdorp in die Oos-Kaap waar sy ma vir ā€˜n gemeente werk wat onder andere ā€™n paar sendelinge ondersteun. Sy eerste fanmail wat hy skryf is vir ā€™n sendeling in Egipte wat vir hom terugskryf op iets wat lyk soos papirus. Van toe af wil hy ā€™n sendeling word. Hyā€™s egter ook van jongs af lief vir musiek en liedjieskryf en stig daarom sy eerste band, Plankton, op laerskool. Hulle eerste optrede is by sy Gr.7-afskeid, min wetend dat dit eintlik ook die band se afskeid is. Op hoĆ«rskool begin hy en twee vriende die rock band Glaskas. Hulle skryf in vir ā€˜n kompetisie, dring deur tot die finaal, maar wen nie. Hierdie keer hou hulle egter aan musiek maak. Een aand in Jeffreysbaai doen Glaskas ā€˜n voorvertoning vir Jan Blohm. Blohm help hulle daarna om hulle eerste album en musiekvideo op te neem. Die video word uitgereik op die destydse musiekkanaal MK en word vir 13 weke as die nommer een video en liedjie gekies deur kykers. Vir eers fokus Deon op sy musiekloopbaan, maar sĆŖ dit herinner hom aan sending, want hyā€™t iets om te sĆŖ, hy reis baie en hy kry nie eintlik ā€˜n salaris daarvoor nie.


Deon studeer BA Kommunikasie aan die Noordwes-Unviersiteit se Potchefstroomkampus waar hy en Bouwer Bosch die akoestiese duo, Dans Dans Lisa begin. Hulle trek in 2011 saam Pretoria toe. Steeds skryf Deon ook liedjies wat nie noodwendig by Dans Dans Lisa of Glaskas pas nie en daarom skep hy ook ā€™n soloprojek. Intussen begin hy ook deeltyds werk vir Fontainebleau Gemeenskapskerk in Johannesburg as musiekleier vir hulle jeugdienste. Hy is daarmee saam vir ā€™n tyd ook musiekleier by Melodi ya Skuilkrans in Pretoria se eredienste wat fokus op multikulturele versoening. In 2015 trou Deon en Zinelda. Fontainebleau Gemeenskapskerk bied in 2017 vir hom ā€˜n voltydse posisie as musiekleier aan waarna hulle Johannesburg toe trek. Aan die einde van 2018 bedank Deon om weer meer voltyds op sy musiekloopbaan te fokus. Hy het wel ook intussen ā€™n MPhil in Toegepaste Teologie aan die Universiteit van Pretoria voltooi.


Middel 2019 verhuis hulle Wellington (Wes-Kaap, nie Nieu-Seeland nie) toe en aan die einde van daardie jaar reik Deon ā€™n kortspeler uit met liedjies wat hy geskryf het om die Kersverhaal met ā€™n Suid-Afrikaanse verbeelding te sien. Vroeg in 2020 reik Dans Dans Lisa weer ā€™n kortspeler uit en Deon neem ook ā€™n kortspeler op as deel van die kykNET reeks, Kompleks, se klankbaan. Dit sluit ook ā€™n weergawe van Koos Kombuis se tydlose lied, Bicycle sonder ā€™n slot, in wat Deon en Koos saam sing. In hierdie tyd het Deon ook weer as liturg en musikant by InVia Kaapstad betrokke geraak.


Deon skryf nog altyd, neem gedurig nuwe musiek op en is nog gereeld op die verhoog. Hy skryf ook briewe oor al sy vrae wat nog nie in liedjies pas nie. Hy pos hierdie briewe as videoā€™s die wĆŖreld in vir wie ook al dit moet lees.

bottom of page