GEESTELIKE BEGELEIDING
Geestelike begeleiding (in Engels bekend as spiritual direction) is ’n skat uit die kerkgeskiedenis wat nou deur die Protestantse wêreld herontdek word. Deesdae word ook ander name verkies - soos mistagogie (om ingelei te word in God se verborge wil), geestelike vriendskap of geestelike betrokkenheid. Dit is 'n proses wat my help om God se teenwoordigheid binne my lewe raak te sien.
Indien jy belangstel in hierdie begeleidings-sessies kontak asb vir Anna-lize by 082 518 9947 of anna-lize@asah.co.za