InSig: ‘n Lewe van Vryheid in Gebondenheid
Sun, 15 Nov
|Aanlyn byeenkoms op Zoom
Kom gesels saam hoe ons ‘n lewe van onderskeiding kan leef wat lig kan werp op ons verslawings (attachments).


Tyd & Plek
15 Nov 2026, 19:00 – 20:30 SAST
Aanlyn byeenkoms op Zoom
Beskrywing
“Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat uitroep: ‘Abba Vader!’”
Romeine 8:14–15
Kom gesels saam hoe ons ‘n lewe van onderskeiding kan leef wat lig kan werp op ons verslawings (attachments).
Om gebedsvol te leef beteken om jouself so eerlik en volledig as moontlik voor God te bring, God se leiding so openlik as moontlik te soek, en dan, in geloof, so volledig as moontlik daarop te antwoord. ‘n Lewe wat só geleef word, waarin elkeen sy of haar wil, hart, verstand, emosies en sintuie in harmonie met God se transformerende genade probeer bring, is ‘n gewyde lewe.
