Fast from Busyness
Sun, 28 Jul
|Aanlyn byeenkoms op Zoom
Wat is die impak van " busyness" op die spasie wat ons wil maak vir ons verhoudinge met God, familie, vriende en die aarde? Watter geestelike disiplines kan my help om 'n ritme te vind wat my meer "in pas" met God se hartsbegeertes vir my sal bring?
Tyd & Plek
28 Jul 2024, 19:00 – 20:00 SAST
Aanlyn byeenkoms op Zoom
Beskrywing
Die vinnige pas van ons moderne lewe stel hoë vereistes aan ons almal. Dit is uitdagend om ‘n balans te vind en te handhaaf tussen die stemme wat ons elke dag dryf en die spasie wat ons wil maak vir ons verhoudinge met God, ons familie, vriende en die aarde. In die Westerse kultuur word om besig te wees (busyness) gesien as 'n status simbool.
In InSig, Sondag 28 Julie 2024, gesels ons oor die impak van “busyness” en hoe die geestelike praktyk van vas, teenwoordigheid in die oomblik(“mindfulnes”) en ‘n stadiger lewensritme (“to pause”) in ons lewe kan inbring wat ons kan help om ons hartsbegeertes wat God in ons harte plaas, te hoor.