top of page

Hoe ontwikkel ek 'n vriendskap met Jesus?

Die Bybel is ‘n boek wat oor verhoudings gaan. In die Ou Testament gaan dit oor God en mense soos Moses, waar God met hom ‘face to face’, ‘soos vriende met mekaar sit en gesels’ (Eksodus 33:11) . Dan is daar Jakob (Gen 32:24) wat met God stoei. In die Nuwe Testament leer ons van Jesus se verhouding met God en sy vriendskapsverhouding met die dissipels. Sy uitnodiging aan hulle, en ons:


‘I have never called you ‘servants’, because a master doesn’t confide in his servants, and servants don’t always understand what the master is doing. But I call you my most intimate (those cared for from the womb – Aramaic/Greek translation) and cherished friends, for `I reveal to you everything that I`ve heard from my Father.’ John 15:15


Is hierdie vriendskapsverhouding moontlik en hoe gebeur dit? Om nie net te glo omdat jy moet nie, omdat almal om jou glo nie of uit vrees dat jy nie gered gaan word nie. Dit is belangrik om die volgende te onthou, dat die begeerte om God te soek - na iets meer te hunker - is ‘n hunkering wat in ons geplant word.


‘He has planted eternity (a sense of divine purpose) in the human heart (a mysterious longing which nothing under the sun can satisfy, except God)’ Ecclesiastes 3:11

As jy stadiger lewe, stil staan, reflekteer oor jou eie lewe, hoor en voel jy hierdie begeerte wat jy nie kan verstaan waar dit vandaan kom nie, wat jou aanhou laat soek na iets anders? Dit is gebore en geplant in jou deur God. Jesus het ‘n groter behoefte om jóú Vriend te wees, om jou te ken en jou uit te nooi om deur Hom geken te word.


Paulus nooi ons uit om nie ‘harder te probeer’ nie, maar om anders te kyk en te glo en soekers te word ‘Soek en jy sal vind’ Matt 7:7. In so ‘n soeke-reis is transformasie moontlik - ‘n transformasie vriendskap met Jesus.


Ont-dek

Ronald Rolheiser verduidelik vriendskap so:

Dictionaries define friendship as a relationship of mutual affection, a bond richer than mere association. They then go on to link friendship to a number of words: kindness, love, sympathy, empathy, honesty, altruism, loyalty, understanding, compassion, comfort, and (not least) trust. Friends, the dictionaries assert, enjoy each other’s company, express their feelings to each other, and make mistakes without fear of judgment from the other.


As Jesus vandag vir jou die volgende woorde sê:


My will for your life is that we be friends. I am closer to you than you can ever imagine. If you accept my outstreched hand, we can grow in intimate friendship. I want to get to know you, reveal Myself to you, and to live in community with you. As your Friend, I want us to work together as partners in making My dream for the world more real, right where you are. I will show you how you can do that. Above all, know that you will never be alone. Nothing can ever separate you from My love. Indeed, we will be friends forever. Trevor Hudson - Seeking Serentity

Hoe laat dit jou voel?


Hierdie vriendskap is nie iets wat sommer net gebeur nie, dit is ‘n reis, om mekaar te leer ken. As ons aan ons oudste vriende dink, is daar ‘n ‘ken’, ‘n ‘weet’ van mekaar wat nie woorde nodig het of gedefinieer hoef te word nie, ‘n gemaklikheid, ‘n vertroue.


Daar is vir my twee aspekte waarby ek dink ons moet stilstaan voor ons vriendskapsreis met God kan begin of elke nou en dan weer moet stilstaan om ons reis onder oë te neem.


Die eerste is die vraag, ‘Wie is God werklik vir my?’ (Matt 16:15). Daar is soms ‘n verskil tussen ons belydende beeld van God en ons operasionele beeld van God.


Ons kan alleenlik met iemand ‘n ware vriendskap hê as ons glo dat Hy heeltemal goed, onvoorwaardelik liefdevol en heeltemal betroubaar is. As ons enigiets anders glo, sal ons nie onsself heelhartig in ‘n vriendskap kan oorgee nie, ons sal versigtig, verdedigend en onbetroubaar bly. Jou idee oor God is deurslaggewend. Soms dink ek voel ons, ons mag dit nie hardop sê nie.


My uitnodiging aan jou is om stil te word met hierdie vraag ‘Wie is God werklik vir my?’ en eerlik met jouself te wees. Miskien is die antwoord nie wat jy gedink het dit moet wees nie. Dit is dan ‘n uitnodiging na ‘n gesprek en dieper verhouding met Hom.


Die tweede is om werklik die liefde van Jesus te sien, te hoor en vir jouself toe te eien. In Sefanja 3:14-17 staan daar,


‘Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou!’


Henry Nouwen het ‘n pragtige boek geskryf wat ek kan aanbeveel Life of the Beloved


Being the Beloved is the origin and the fulfilment of the life of the Spirit… as soon as we catch a glimpse of this truth, we are put on a journey in search of the fullness of that truth and we will not rest until we can rest in that truth.


Die woorde van St Augustine, vat dit so mooi raak, "My soul is restless until it rests in you, O God." Om 'n Geliefde van God te word is die grootste en seker die belangrikste reis wat ons moet maak in ons lewe.


Henry Nouwen in Life of the Beloved sluit ook hierby aan, om na God te soek, om die volheid van Sy liefde te begryp is om:


I have already been given a taste of God, of Love, and of Truth. I can only look for something that I have, to some degree, already found. How can I search for beauty and truth unless that beauty and truth are already known to me in the depth of my heart?


Ons lewe is nie net om Geliefde van God te Wees nie (Being the Beloved) maar om die Geliefde te Word (Becoming the Beloved)


Becoming the Beloved is pulling the truth revealed to me from above down into the ordinariness of what I am, in fact, thinking of, talking about, and doing from hour to hour…... letting the truth of our Belovedness become enfleshed in everything we think, say, or do. Henry Nouwen - Life of the Beloved

Weereens is my uitnodiging aan julle om hiermee tyd te spandeer, miskien om die woorde net weer te hoor. Om jou eie geloofsgeskiedenis vir jouself neer te skryf is baie waardevol. Waar jy God deur jou lewe gesien en ervaar het. Ek nooi jou uit om jou reis neer te pen en met iemand byvoorbeeld ‘n spirituele begeleier of geloofsvriend te gesels.


Rumi sê ‘I searched for God and found only myself – I searched for myself and found only God.’ In my soeke na God het ek myself gevind en in my soeke na myself het ek God gevind.


Refleksie

  1. Wonder jy ooit of daar iets meer is in die lewe as wat jy nou ervaar?

  2. Is daar nie meer diepte, 'n betekenisvolle doel, 'n voller vreugde as wat jy tans beleef?

  3. Is dit wat jy in jou geloofslewe nou ervaar – is dit al wat daar is?


Ont-leer


Soms vertel en glo ons sekere stories wat nie ‘n gesonde manier is van hoe ‘n vriendskap met God moet lyk nie. Ons kyk na die volgende:


Vriendskap is nie informasie nie.


In sy boek Seeking God beskryf Trevor Hudson op ‘n praktiese en toeganklike manier hoe om ‘n lewe van intieme vriendskap met Jesus te soek en te vind. Hieronder kyk ons bietjie meer in diepte hoe hy beskryf wat vriendskap behels.


Daar is drie moontlikhede wat ons kan volg om ons vriendskap met Jesus te verdiep. Die eerste twee moontlikhede vorm ‘n belangrike deel daarvan maar die derde opsie is eintlik kern tot ons verdieping en groei van ons verhouding met Jesus.


1.Die Weg van Inligting

Vir sommige mense is die manier hoe mens Jesus volg en beter leer ken, om soveel as moontlik inligting oor hom te bekom. Ons moet uitvind wat hy gesê het, wat hy gedoen het, hoe hy gesterf het en uit die dood opgestaan het. Ons word aangemoedig om ons Bybelkennis aan te vul met navorsing oor die kultuur waar binne Jesus geleef het, want ons moet die historiese Jesus leer ken.


Alhoewel dit beslis belangrik is om op hierdie manier van Jesus te leer, behels sy vriendskapsuitnodiging soveel meer as net om meer feite oor hom te bekom. As volgelinge van Jesus is ons voortdurend besig om van hom te leer, maar dit beteken nie net die inwin van Bybelse en historiese inligting nie.


2. Die Weg van Inspirasie

Mense soek inspirerende geestelike ervarings wat vinnige en maklike oplossings vir komplekse menslike stryd en probleme bied. Hierdie intense begeerte na inspirerende "hoogtepunte" lei gewoonlik na die dodelike slaggate van verbruikersgodsdiens.


Trevor Hudson ontbloot die gevaar van so ‘n begeerte wanneer hy sê:


"This craving quickly turns you and me into religious consumers who go shopping on a weekly basis to find where we can get our next inspirational fix." Trevor Hudson – Seeking God


Is inspirerende geestelike ervarings dan verkeerd? Nee, nie noodwendig nie. Om geïnspireer te word deur 'n roerende gebedsoomblik, of 'n passievolle verkondiging van die goeie nuus kan 'n bron van baie groot aanmoediging wees. Inspirasie alleen verander egter selde die vernietigende gewoontes van ons hart en denke.


3. Die Weg van Interaksie

Getroue dissipelskap beteken om interaksie te hê met Jesus Christus. Daaglikse interaksie met Jesus is hoe sy dissipels hom leer ken het en ‘n vriendskap ontwikkel het.


In die begin van Jesus se bediening het hy Simon en Andreas geroep om hom te volg. Jesus wou hê dat hulle in ‘n vriendskapsverhouding met hom sal tree sodat hulle hom beter kan leer ken. Hulle het hul nette gelos en hom gevolg. Alhoewel hulle nie geweet het waarheen hy hulle lei nie, het hulle hom vertrou en saam met hom gegaan. Hulle het meer inligting oor Jesus bekom en is deur sy voorbeeld en sy woorde geïnspireer, maar dit was deur hulle verhoudingsinteraksie met hom dat hulle hom persoonlik en intiem leer ken het. Dit was hierdie interaksie met Jesus wat daardie vroegste dissipels verander het.


Maar wat beteken dit vir ons om vandag met Jesus om te gaan sodat ons hom beter kan leer ken? Ons kan nie op dieselfde manier soos Jesus se dissipels na hom luister, hom uitvra of aan hom raak nie. Hoe kan ons vandag ‘n verhouding met Jesus bou? Later 'n bietjie meer hieroor.


Om Jesus te ken gaan nie soseer daaroor om meer inligting oor Hom te kry nie; dit gaan eerder oor verhoudingsinteraksie met hom in hierdie huidige moment.


'n Belangrike deel van hierdie interaksie is om Jesus te vra om Homself aan ons te openbaar sodat ons Hom werklik kan leer ken. Ons wil Jesus se hart en denke, sy gesindhede en gewoontes, sy waardes en beginsels, sy drome en hoop leer ken, en veral die aard van sy intieme verhouding met die Vader wat hy Abba genoem het.


If we truly seek God with our whole heart, we will be found by God and experience the amazing life God gives. Trevor Hudson – Seeking God

" When you search for me, you will find me; if you seek me with all your heart" Jeremiah 29:13

Vriendskap beteken nie om familiêr te word nie. Jesus is nie ‘n “Ouboet” of die “Buddy” soos in sekere Christelike kringe nie. Natuurlik is daar ook ‘n gesonde speelsheid, maar dit is diep gewortel in respek en waardering.


Die uitnodiging van die Spiritual Exercises, is om saam met Jesus in die Evangelies te stap, om Hom as Mens te leer ken maar ook as Christus wat opgestaan het. So leer ons Jesus en God ken.


Pau-lo Frei-re ‘n Brasiliaanse filosoof het die volgende gesê:


The humility about knowing’ “the circles of certitude (sureness/certainty),” – [en dit geld vir almal, maak nie saak hoe jy glo nie] - ‘self-affirming, enclosed circles of self-validating answers - and we all settle ourselves in circles of certitude instead of living in the naked unknowing of the middle.


Om jou eie opinie te hê, van wie jy dink Jesus is, wat jy gelees het oor hom of selfs hoe jy Hom persoonlik leer ken het, die kennis moet jy versigtig vashou met respek en waardering – daardie ‘unknowing of the middle.’


Die weg na transformasie is om bewustelik te lewe, om gereeld in stilte en verwonderling te staan en God in Alles te sien, om Sy misterie en sy liefde om en in jou lewe raak te sien.

As jy so bewustelik lewe sal jy NOOIT te familiêr kan raak met die God van misterie nie.

Vriendskap beteken nie net “bergtop ervaringe” nie, maar ook “dale!”


God doesn’t want us to speak with Him just when we see big, beautiful, and amazing stuff. He wants to hear from us as we stand smack dab in the middle of the everyday ordinary stuff that makes up our day-to-day life. He wants us to realize He’s waiting for us in the middle of the regular! Sheri Wohlfert – God in the Ordinary

God comes to us disguised as our life, which seems to be the last place we want God to be. It is all too ordinary, mundane, fleshy, and unspiritual. It is just "me" and just "you" and just daily life. It is both the perfect hiding place and the perfect revelation place for the Holy One. Richard Rohr, Soul Brothers

Ons het gesien dat inspirerende geestelike ervarings soos 'n roerende gebedsoomblik, 'n bron van baie groot aanmoediging kan wees. Maar ons vriendskap met Jesus bestaan nie net uit “bergtop ervaringe” nie, maar ook uit “dale”.


Christus ontmoet ons ook in die gewone en geringe dinge van die lewe. Trevor Hudson in Seeking God, moedig ons aan om die teenwoordigheid van Christus in die onmerkwaardige gebeure van ons daaglikse lewe te ontdek. Hy wil ons ontmoet, waar ons ook al is, wat ons ook al doen, en saam met wie ons ook al is. Dit is veral in ons alledaagse lewe—kosmaak, huis skoonmaak, werk toe gaan, met vriende kuier—dat hy na ons toe kom. Dit is waar ons sy vertroostende teenwoordigheid in ons ervaar.


Vriendskap beteken nie dat ek gewaarborg is teen pynlike gebeure van die lewe nie.


Hierdie is ‘n moeilike een, en hierdie onderwerp verdien ‘n InSig sessie op sy eie.


Ons almal ken die woorde van Richard Rohr wat sê,


“ Two universal paths of transformation have been available to every human being God has created: great love and great suffering.”


En in die middel van pyn en ongemak is dit nie altyd lekker om hierdie woorde te hoor nie.

Hoe jy na pyn en ongemak kyk is miskien die antwoord op hierdie vraag. Die Serenity Prayer en Trevor Hudson se boek Seeking Serenity help baie om ons te leer hoe om met hierdie pynlike ongemak te lewe. Ons word uit genooi om onsself oor te gee – ‘Laat U wil geskied’.

Serenity Prayer


God grant me the serenity

to accept the things I cannot change,

the courage to change the things I can,

and the wisdom to know the difference.

Living one day at a time,

enjoying one moment at a time,

accepting hardships as the pathway to peace,


taking, as He did, this sinful world as it is, not as I would have it,

trusting that He will make all things right

if I surrender to His will -

that I may be reasonably happy in this life

and supremely happy with Him forever.


Job gee vir ons ‘n goeie voorbeeld hoe om met pyn en ongemak om te gaan. Die uitnodiging is om te kies om nie weg te loop van God in ons tye van swaarkry, pyn en onregverdigheid nie. Om die gesprek met God aan die gang te hou en Hom te vertrou met hoe jy werklik voel, al is dit goed of sleg. Om die vriendskaps-pad met Jesus te stap nie net voor desperate of moeilike tye nie of na desperate of moeilike tye nie maar tydens, reg in die middel van sulke tye.


Om in tye van ‘consolation’ te ontdek wat die waarheid is - ‘Wie God vir jou is’, ‘Sy liefde vir jou’ - sodat jy in tye van ‘desolation’ aan hierdie waarhede kan vashou, al lyk dit nie so nie.


Refleksie

Is daar enige ander idees oor wat ‘n vriendskap met God of Jesus behels, waaroor jy wonder? Dink bietjie na oor hierdie vraag.


Ont-moet


Trevor Hudson in Seeking God gee baie goeie praktiese leiding oor hoe ons ‘n vriendskap met Jesus kan ontwikkel. In hierdie gedeelte gaan ons bietjie daarna kyk om te sien wat ons kan doen om ‘n vriendskap met Jesus te verdiep.


Ons weet nou dat wanneer ons interaksie met Jesus het, ons verhouding met hom groei en verdiep. Ignatius van Loyola is vol vertroue dat as ons Jesus op hierdie intieme manier leer ken, ons op hom verlief sal raak en sal begeer om hom meer getrou te volg.


Maar hoe gaan ons vandag om met die onsigbare Jesus, sodat ons hom so kan leer ken? Trevor Hudson stel drie onmisbare aspekte van ons vriendskap en reis met Jesus voor.


1.Deel in intieme gesprek met Jesus


Ignatius van Loyola stel voor dat mens 'n intieme gesprek met Jesus sal hê - "soos een vriend met 'n ander praat” - aan die einde van elke gebedsoefening of gebedspraktyk. So 'n gesprek is altyd wederkerig. Ons deel onsself eerlik met die Here en luister terwyl hy met ons praat. Soos die gesprek verdiep, openbaar ons onsself aan Jesus en hy openbaar homself aan ons. Hierdie wedersydse selfopenbaring is die kern van ons interaktiewe verhouding met die lewende Christus.


Dink aan ‘n vriendskap in jou lewe. Hoe groei en verdiep hierdie vriendskap? Wanneer julle bymekaar kom, kry albei ‘n geleentheid om te praat en te luister. Jy deel hoe jy voel en wat jy doen, en jy doen jou bes om ook aandag te gee aan wat jou vriend deel. Beide dele van die gesprek—deel en luister—is belangrik as julle mekaar gaan leer ken.


Die verhoudingsaspekte in ‘n goeie menslike vriendskap geld ook vir ons verhouding met die lewende Christus. Ons verhouding met Christus verdiep hoe meer ons met hom deel wat nou in ons lewens aangaan en ook omdat ons probeer om aandag te gee aan hoe hy homself aan ons openbaar.


Wees heeltemal eerlik en deursigtig in jou gesprekke met die Here. Deel wat jy werklik dink en voel eerder as wat jy glo jy moet sê. Jy kan ‘n hele klomp verskillende emosies ervaar – twyfel, teleurstellings, woede, eensaamheid en hartseer, sowel as vreugde en dankbaarheid. Deel al hierdie emosies met die Here. James Martin, SJ, ‘n bekende skrywer oor Ignatiaanse spiritualiteit, moedig ons aan deur sy woorde, “Be honest with God about everything”.


Wanneer ons onsself eerlik met hom deel, gee ons hom toegang tot ons lewens. Ons laat hiermee toe dat sy genade en krag ons lewens dieper binnedring waar hy sy liefdevolle en kragtige teenwoordigheid op 'n meer werklike manier kan openbaar. Ons leer die Here meer intiem ken, en word meer intens lief vir hom en volg Hom meer getrou.


In ons vriendskap leer ons ook om na die Here te luister. Hierdie deel van die gesprek neem 'n bietjie langer om te ontwikkel. Ons vind dit dalk moeilik om na iemand te luister al kan ons hom sien; hoeveel te meer met iemand wat ons nie kan sien nie? Wat beteken dit om te sê dat Jesus met ons praat? Hoe weet ons wanneer dit Jesus is wat met ons praat? Hoe weet ons dat ons nie net met onsself praat nie?


Al hierdie vrae was ook deel van Trevor Hudson se eie gebedsreis.


I have been gradually learning, whenever I share myself with the Lord, to also give him some space to respond. In my one-on-one time with the Lord, there are moments when I am silent. During these moments, as I think about what I have read in Scripture, or become part of a Gospel story, or reflect on my conversation with Christ, or ponder what’s happening in my life, I pay attention to my thoughts and feelings. As I become attentive in this way, I am always wondering what the Lord may be sharing with me.


2. Om Jesus voortdurend in ons gedagtes te hou (“mindfulness”)

‘n Belangrike deel van ons vriendskap met Jesus, is om te leer hoe om bewus te wees van die Here soos ons deur ons dag beweeg?


Ek hou die Here altyd voor oë; omdat Hy aan my regterkant is, sal ek nie struikel nie. Psalm 16:8

Hoe hou mens die Here altyd voor oë? Ons is tot ‘n mate vry om te kies waarop ons ons gedagtes fokus. Waarop ons kies om te fokus, beïnvloed ons emosies, ons binne wêreld, ons reaksies op wat om ons gebeur, hoe ons leef.


Om voortdurend te kies om die Here in ons gedagtes te hou kom nie maklik nie.


Most of us develop mental habits that cause our thoughts to wander everywhere except toward Christ. Usually, we get easily drawn toward whatever is worrying us or causing us to be fearful. These thoughts then create anxious scenarios that gobble up the space in our minds. Thankfully, when we become more aware of these negative thought patterns, little spaces open in our minds to make other choices. This resetting of the direction of our thoughts requires both effort and practice. We practice keeping Christ before us by frequently reminding ourselves of the closeness of his risen presence. Trevor Hudson - Seeking God


Wanneer ons besig is met ons daaglikse aktiwiteite herinner ons onsself dat Christus by ons is. Voorbeelde van hoe mens dit kan doen is om ‘n kort gebed te doen, of jy onthou ‘n Bybelvers. Dit kan ook iets wees soos die bewuste inasem van die Heilige Gees soos jy asemhaal. Baie mense vind ook dat wanneer hulle Jesus se naam oordenkend herhaal, dit hulle meer bewus maak van Christus se teenwoordigheid.


Met hierdie praktyk wat ons inoefen sodat ons ons gedagtes kan rig op God en Sy nabyheid, is die intensie nie om kunsmatige geestelike ervarings te skep nie. Dis bloot net om ‘n gewoonte te kweek waar ons ons gedagtes rig op Christus, om onsself daaraan te herinner dat God by ons is.


3. Ontmoet Jesus in die Evangelies


While reliably grounded in history, the Gospels are imaginative literature meant to draw us into a relationship with Jesus that is ongoing. If I wanted to interact with Jesus as his disciple, I must keep company with him in the Gospels. Trevor Hudson - Seeking God

Ons word uitgenooi om die Evangelies herhaaldelik te lees en onsself te verdiep in die woorde en dade van Jesus. Ons ontmoet Jesus in die Evangelies waar ons hom beter leer ken en ‘n dieper vriendskap met hom ontwikkel.


Een van Ignatius se gunsteling maniere van bid was om op ‘n verbeeldingryke wyse 'n Evangelieverhaal te lees. Met hierdie gebed plaas ons onsself in die Evangeliese storie. Die gebedspraktyk word ‘n Gospel Contemplation genoem. Ignatius was nie die eerste person wat so gebid het nie, maar hy gee die verbeeldingryke gebed 'n belangrike plek in die Spiritual Exercises.


Ignatius van Loyola se eie persoonlike lewe is ingrypend verander toe hy Jesus op ‘n persoonlike, intieme manier ontmoet en leer ken het. Om Jesus intiem persoonlik te ontmoet het so ‘n groot impak op hom gehad dat hy dit toeganklik wou maak dat ander ook Jesus persoonlik ontmoet. Hy skryf toe die Spiritual Exercises, ‘n boek wat geestelike begeleiers kan help om ander te lei na ‘n persoonlike ontmoeting en ervaring van God, sodat hulle eie verhouding met God kan verdiep. Soos enige boek oor oefeninge, is dit nie bedoel om gelees te word nie, maar eerder om gedoen te word.


God, through the Spiritual Exercises,

can lead a seeker in their unique faith journey

from shallowness to depth. Trevor Hudson


Aan die begin van die verbeeldingryke gebed, nooi Ignatius ons uit om God vir die genade te vra om Jesus intiem te leer ken, Hom meer intens lief te hê, en om hom getrouer na te volg. Terwyl ons die Evangelies lees met 'n oop hart en oop gemoed, kan ons verwag dat Jesus homself aan ons sal openbaar.


Die Evangelies bied nie net inligting oor Jesus en inspirerende geestelike ervarings nie. Dit bied vir ons die wonderlike geleentheid om in ‘n vriendskapsverhouding met Jesus te tree. Wanneer ons die Evangelies lees met vertroue en geloof, word ons verhouding met Jesus, 'n lewende werklikheid.



Luister

Kyk

Ervaar

1. Friendship with God – How God’s offer of intimate relationship can change your life deur Trevor Hudson

2. InVia Geloofgewoontes

https://www.invia.org.za/geloofsgewoontes

3. Commandment for Making Friends. Ronald Rolheiser https://ronrolheiser.com/commandments-for-making-friends/

Gebedspraktyk


Die gedeelte in Johannes 15:15-17 kan gebruik word as ‘n Gospel Contemplation.


Lees die teksgedeelte 'n paar keer deur. Vra dan vir God vir die genade om Jesus dieper te leer ken, om hom lief te hê, en te volg. Plaas jouself in die toneel as 'n deelnemer en nie 'n toeskouer nie. Sien die betrokke persone, hoor die woorde wat gesê word, kyk na wat die mense doen en wat gebeur. Kyk waar jy jouself in die storie bevind. Wat sien jy? Wat hoor jy? Hoe voel jy? Wat gaan deur jou gedagtes? Tree in gesprek met Christus daar waar hy jou in die storie ontmoet. Deel als wat op jou hart is met hom, en luister na wat hy dalk vir jou sê. Maak na die gebed 'n paar aantekeninge van jou ontmoeting met Christus.


John 15:15 – 17


15 I have never called you ‘servants,’ because a master doesn’t confide in his servants, and servants don’t always understand what the master is doing. But I call you my most intimate and cherished friends, for I reveal to you everything that I’ve heard from my Father.

16 You didn’t choose me, but I’ve chosen and commissioned you to go into the world to bear fruit. And your fruit will last, because whatever you ask of my Father, for my sake, he will give it to you!

17 So this is my parting command: Love one another deeply!





bottom of page