top of page

Die Erfenis van Esegiël



Waar kom hoop vandaan? Waar is ons hoop? Vir Christene blyk dit maklik te wees om te sê “ons plaas ons hoop in die Here” (Psalm 33:20-22), maar as ons hele wêreld en identiteit inmekaar tuimel, waar gaan ons hoop dan vandaan kom?

Dit is presies die situasie waarin die Israeliete hulself bevind het, nadat die Babiloniese Ryk, Juda en toe later die hoofstad, Jerusalem, ingevaar en oorgeneem het. Die Israeliete was in dié tyd stelselmatig in groepe na Babilonië in ballingskap weggevoer. Die priester, en later profeet, Esegiël, was deel van een van die eerste groepe wat rondom 593 VC weggeneem is. Hy ontvang so 5 jaar daarna sy roeping op ‘n werklik unieke manier: God verskyn aan hom op sy glorieryke strydwa langs ‘n rivier in Babilonië. God stuur hom toe uit om sy mede-Israeliete om hom te waarsku dat nog ’n soortgelyke aanval op Jerusalem op pad is as hul nie van hul sondes af wegdraai nie, maar God sê ook dat die Israeliete nie na hom gaan luister nie.

Ek wonder of Esegiël op die stadium nie gewonder het hoekom hy dan moet gaan nie? Hulle gaan mos in elk geval nie luister nie? Maar dalk is dit nie die belangrikste vraag op dié stadium nie. Die vraag is dalk eerder: wat maak God in al sy glorie buite die tempel in Jerusalem? Is hy nie veronderstel om binne-in die tempel te wandel en te wees nie? Wat maak hy in Babilonië?...

Die boek van Esegiël is op die oog af 42 hoofstukke vol ernstige oordeel, geweldadige taal en vreemde visioene, waarvan slegs die laaste 9 daarvan hoop vir die toekoms belowe. As ons egter dieper delf, is daar heelwat meer onder die oppervlakte.

Kom luister gerus Sondagaand na my om 18:30 by die Old Biscuit Mill in Woodstock. Frieda sal die oggend om 10:00 by die Protea Hotel aan die woord wees.

bottom of page