top of page

Plekke waar jy stilstaan: Konneksies




In moeilike tye soek jy ‘n ware vriend. ‘n Konneksie dieper as kennis. Jesus vra sy dissipels om naby hom te wees aan die einde van sy lewe. Moeilike tye wys die Judasse in ons lewe uit, maar ook ware vriende wat ons lewe gee.


Ons gesels Sondag oor Moses se woestyntyd en hoe sy skoonpa tot sy redding kom. Die onmiddelike vraag is: Hoe is dit moontlik dat so 'n hartspasie tussen Moses en Jetro kan plaasvind?


Hulle het beslis nie dieselfde geloof nie. Jetro was ‘n priester en raadgewer van Farao. Geen Jood sou opgewonde wees in die teenwoordigheid van ‘n Keniet nie! Nou kom kuier Jetro in die woestyn by Moses en bring Sippora, Moses se vorige vrou en twee kinders saam wat dinge kompliseer. Jy kry amper die gevoel hier kom ‘n sepie!


Dan vind daar die diepste konneksie wat moontlik is plaas en die gawe van daardie vriendskap red Moses se lewe. Moses sukkel waarmee ek en jy sukkel: Die spanning van wees en doen. Ons is te besig of totaal onbetrokke. Albei is vernietigend. Ons uiterlike moet balanseer met die innerlike. Selfs die grootste godsman mis dit hier.


Sondag stop ons by die plekke waar jy moet stop om ware konneksies te kan maak.

Dit kan ook jou lewe red.


Hier is goeie raad van Ronald Rolheiser om die spanning van wees en doen te verlig:

- Have enough interiority in life to make for mysticism, but have enough family and disruption in life to make for healthy displacement.

- Have enough interiority in life to make for soul, but have enough obligations and involvements to make for a sense of the corporate.

- Have enough solitude in life to make for enjoyment but enough dutiful work to identify you with the poor.

- Have enough withdrawal and self-care in life to safeguard health, but enough conscription and duty to let you know your life is not your own.

- Have enough of God’s agenda to let you know that this world is not ultimate, but enough of the world’s agenda to let you know that your task here is to help God shape the earth.

- Be enough at home to realize that your family is primary, but be enough in the world to let you know that the world is your ultimate family.

- Have enough involvement in prayer and church groups to be considered pious, but enough concern about politics and justice to be considered radical.

- Be enough Mary to sit, passively, at the feet of Jesus, but enough Martha to not have a privileged escape from the everyday, mundane duties of life.


- Deur Theo Geyser

bottom of page