top of page

Onse Vader - Amen!


Die Onse Vader sluit af met: Amen! Dit beteken nie soos die Sondagskool seuntjie vir die juffrou gesê het “roger-over-and-out-nie” nie. Nog minder een of ander juigkreet soos ‘n toegif of encore-applous wat ons dikwels in kerke kry nie. Amen beteken bloot: “laat dit so wees!” Dan moet ‘n mens vra wat moet so wees?

Dit is nie jou gebedsversoeke nie.

Wat so moet wees is die ervaring van alles wat met my gebeur uit en in God se teenwoordigheid. Jesus sluit die gebed af en leer ons om te bid dat ons ook nie versoek word nie. Ons dink altyd aan een of ander morele gedrag wanneer ons aan versoekings dink.

Om te bid is ook om versoek te word.

Die versoeking lê om ons motivering van gebed en antwoorde te soek buite God se teenwoordigheid. Die versoeking, verduidelik Jesus, is die gevaar van gebed in vers 6 “so that won’t be tempted to role-play before God” en 7 “peddling techniques for getting what you want from God”, voordat hy jou leer bid. Lukas se weergawe van die Onse Vader bring ons nader aan die probleem met hierdie vertaling: "Keep us safe from ourselves and the Devil." (Luk 11:2-4). Daar is ‘n self binne ons wat eerder uit vrees, of mag, of selfbelang wil bid. Dan word ons gebede magies en manupilerend.

Ons gaan Sondag gesels oor hoe God selfs die amen in ons gebede kan word en hoe jy jouself van jou-self kan red!


- Deur Theo Geyser

bottom of page