top of page

Hoe kan ek God in die Skepping ervaar?

“A mistake about creation results in a mistake about God” Thomas Aquinas

“Every creature is a word of God and a book about God” Meister Eckhart


Waarom word die skepping God se eerste Bybel genoem?

Omdat God deur die natuur met ons praat (Ps 19:1-4). Indien die natuur kan verkondig is die vraag hoe kan ons daarna luister? Ongelukkig het hierdie spiritualiteit verlore gegaan in ‘n Westerse samelewing en die natuur is vervang met die Bybel as die Woord van God. Onthou die Bybel was vir lank slegs ‘n mondelinge tradisie.


Ons sien nie die natuur soos wat die natuur is nie, maar soos wat ONS IS. Daarom is die verband tussen spiritualiteit en die natuur so belangrik.



Ont-dek


“Miskien moet jy die diere vra om jou te leer,

die voëls daarbo om jou te vertel,

of praat met die aarde dat dit jou leer

en met die visse in die see dat hulle dit vir jou sê.

Wie van hulle weet nie almal

dat die hand van die Here alles gemaak het nie?

Hy het al wat lewe, in sy mag,

die asem van elke mens.

Moet die oor nie woorde toets

soos die verhemelte kos proe nie?"

Job 12: 6-11

Ons word uitgenooi om nie net respekvol te lewe met en in die natuur nie, maar ook God deur die natuur te ervaar. Die natuur spieël ons. Alles wat in die natuur gebeur, gebeur ook in ons. Daarom sou Jesus leer: “Let op lelies…” en “Kyk na die voëls van die hemel…” (Matt 6:26) en Hy het ongelooflik baie van sy tyd in afsondering en stilte in die natuur spandeer.


For all the great thoughts I have read For all the deep books I have studied None has brought me nearer to Spirit Than a walk beneath shimmering leaves

Golden red with the fire of autumn When the air is crisp And the sun a pale eye, watching.

I am a scholar of the senses A theologian of the tangible.

Spirit touches me and I touch Spirit Each time I lift a leaf from my path A thin flake of fire golden red Still warm from the breath that made it.

Steven Charleston

Ont-leer


Die groot vraag wat ek eers moet atwoord is: Hoe kyk ek na die natuur? Wat is die natuur in wese vir my? Daar is twee standpunte: Eerstens ‘n organiese verstaan m.a.w dat dit lewe het en lewe verteenwoordig. Indien die Heilige Gees die Gees van Lewe genoem word is dit teologies korrek om te sê dat alles wat lewe beveg en verhinder werk en laster teen die Heilige Gees. Tweedens is daar ‘n meganiese verstaan van die natuur wat sedert die opkoms van wetenskap die oorheersende verstaan van die natuur geword het.


“The God of a living world is very different from the God of a world-machine.” Sheldrake & Fox.

Gedurende die Middeleeue het mense geglo dat die aarde ‘n lewende planeet is en dat diere en plante ook ‘n siel besit. Gedurende die Reformasie het alles verander. Heilige plekke, ikone, godsdienstige feeste en die kultus van die “Moeder Aarde” is verniettig en as boos besweer. Redding het begin wentel om die drama tussen die mens en sy sonde en ‘n gevalle of sondige wêreld waarin die mens moet sin maak. Die mens is ook meganies verstaan, die liggaam bestaan uit parte soos ‘n motor en kan vervang word. Daarom spesialiseer die Medici in dele maar ignoreer baie die groter geheel en sielsdimensie waarbinne die liggaam sy bestaan vind.



Prof. Adrio König, verduidelik die verskil tussen Panteïsme en Panenteïsme.

Panteïsme kom van twee Griekse woorde: pas (alles), theos (God). Dit is die gedagte dat alles eintlik God is en God alles . God en die heelal is identies. Daar is godsdienste soos die Hindoeïsme wat sterk hieroor voel. Die Judaïsme, die Christelike godsdiens en die Islam maak egter ‘n duidelike onderskeid tussen God en die werklikheid. Net God is God en Goddelik. Alle ander dinge is sy skepsels.

Panenteïsme kom van drie Griekse woorde af: pas (alles), en (in), theos (God). Dit is die oortuiging dat God se wese die heelal insluit en deurdring. Alles is in God, en God is in alles, maar anders as Panteïsme, meen hulle dat God ook meer is as die werklikheid. Beide oortuigings lei daartoe dat God nie meer regtig teenoor die werklikheid staan nie. Daar vind ‘n vermenging van God en werklikheid plaas, wat uiteindelik neerkom op ‘n miskenning van die onafhanklikheid en verhewenheid van God, en ‘n vergoddeliking van die werklikheid.


Ont-moet


“To be alive means existing in relationship with other people and things. Life is communication in communion. So, if we want to understand what is real as real, and what is living as living, we have to know it in its own primal and individual community, in its relationships, interconnections and surroundings. Our purpose is now to perceive in order to participate, and to enter into the mutual relationships of the living thing.” Jurgen Moltmann
  • Hier is ‘n paar idees van Matthew Fox hoe om God in die natuur te ontmoet:

  • Spandeer alleen tyd in stilte in die natuur. Wees ten volle teenwoordig en maak jouself oop vir die nabyheid en teenwoordigheid van God.

  • Reflekteer en mediteer op die skoonheid van die natuur. Dit bring jou nader aan heiligheid en grootheid waarmee God die skepping geskape het.

  • Wees kreatief in die natuur soos tuinmaak, skilder of skryf. Druk ook jou liefde uit op ‘n tasbare manier om God te ervaar.

  • Bid in die natuur.

  • Gebruik die volgende Skrifgedeeltes om te dink oor die aard van God se skepping:


  • Gen 1:1-31 - Dink aan die detail waarmee God geskape het en dat Hy die skepping goed noem.

  • Ps 19 – Hoe verkondig die skepping en hoe kan ons dit hoor?

  • Ps 24 – God verklaar die skepping as goed en dat dit aan Hom behoort en dat ons die skepping moet eer.

  • Ps 104 – God verklaar ook sy liefde aan die skepping.

  • Jes 65:17-25 – God belowe ook die restourasie van die skepping deur sy mense wat omgee en gehoorsaam sal wees.


  • Gebruik David Whyte se gedigte om te reflekteer:


The Watercourse

The river is the teacher

Whose voice is never heard

But who is always there

When we are ready to listen.

The river is the mirror

That reflects our own true selves

Back to us, unclouded and clear.

The river is the journey

That leads us to our own deepest selves

If we are willing to follow.



The Wild Geese

The wild geese fly south

In the cold winter nights.

They follow the stars

And the ancient maps of their hearts.

We too are wild geese

On a journey to our own true selves.

We follow the stars

And the ancient maps of our hearts.

  • Spandeer tyd met bome en plant ‘n boom!

The Trees

The trees are our teachers

Who show us how to stand strong

In the face of the wind

And the storms of life.

The trees are our mirrors

Who reflect our own true selves

Back to us, unclouded and clear.

The trees are our friends

Who walk with us through life

And help us to find our way home.

David Whyte





Lees

Boeke

Voorlegging van Mauritz Venter


 

Luister

Kyk

Ervaar


Hoe ervaar ek God in die Skepping Mauritz Venter presentation Nov 2023
.pdf
Download PDF • 333KB





bottom of page