top of page

Eenvoudig Lief!


My ouma was lief vir hekel. Oggend, middag en aand is daar gehekel. Elke tafel, kassie, pot en toiletrol is ‘gedoilie’. Naas die doilies was daar ook komberse. Hulle was baie gewild, en daarmee kon ouma ook ‘n paar rand verdien. Enige kleure, selfs die lelikes kry ‘n spesiale plek en skoonheid van die kombers. Ouma was ook in hekel selgroepies wat soos ‘n kerkraad die heilige tradisie bewaar het. In my geestesoog sien ek hoe die kerkraad die gesaghebbende boeke voorstel om te lees, en die jonger geslag wat op nuwe manier wil hekel, berispe. Soms word die vergaderings so lank dat daar glad nie gehekel word nie, en die vreugde wat ‘n mooi doilie en die hitte van ‘n kombers is verlore.

Geloof werk soos my ouma se hekel. Geloof moet êrns begin, die kennis en tegniek is eenvoudig en jou volg die voorgestelde patroon. Soos wat ons groei gaan ons voorgestel word en verstrengel raak aan ‘n evolusie van ander maniere en perspektiewe, en soms raak die beheer en toesig oor geloof so erg dat die ontreddering my eerder die groep laat verlaat. Moenie hierdie segment onderskat nie. Tans bestaan die Christendom 31% en Moslems 23% van die wêreldbevolking. Die derde grootste groep vandag is ‘wedergebore twyfelaar’ wat die kerk se formele godsdiens verlaat het. Die einde van baie mense se geloofsreis.

Indien jy God in jou twyfel kan ontdek, is die ontreddering nie net in mense buite nie, maar ook ‘n nederige blik om my eie gebrokenheid en nood aan meer liefde van God in my lewe. Baie mense wat die kerk verlaat het hulle in dieselfde groepering bevind: Nog steeds geslote en vol lewende ego’s. Indien die koordinate van ‘n GPS nie verander word nie, sal ek nooit by die regte plek uitkom, al probeer jy watter groep!

Die koördinate is heelheid, om een te word met God en alles om my. Net ware liefde kan dit vashou.

Ons gesels Sondag oor die laaste fase van geloof waar ons kinderlik net een-voudig kan liefhê. Soos die hekel wat alles kan gebruik, kontrasterende kleure, paradokse, en versplinterings wat die skoonheid en warmte aan myself en ander kan gee. As ek waarlik lief het sal en heelmaak en een word met ander. Hierdie fase beteken nie jy is nou geestelik is of het iets bereik het nie. Al ervaar jy heelheid, sal die ander fases jou weer besoek, met een groot verskil: Jou koördinate is reg!


Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees.” Joh 17:11.


- Deur Theo Geyser

bottom of page